Ons Winkel Naboomspruit

Ons Winkel Naboomspruit Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met

gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

ONS WINKEL NABOOMSPRUIT  R10 VERKOPING U is welkom!Kom kuier gerus by Ons Winkel Naboomspruit en ontdek ons nuutste spes...
03/09/2026

ONS WINKEL NABOOMSPRUIT R10 VERKOPING

U is welkom!
Kom kuier gerus by Ons Winkel Naboomspruit en ontdek ons nuutste spesiale aanbiedinge! Geniet ongelooflike afslag met ons R10-verkoping — beperkte voorraad, moenie mis nie!

You're Invited!
Come visit Ons Winkel Naboomspruit and discover our newest specials! Enjoy amazing savings with our R10 sale — limited stock, don't miss out!
Tel 081 437 3823
📍 4 Nelson Mandela Drive, Mookgophong

Follow this link to join my WhatsApp group: https://chat.whatsapp.com/DOeVLS0qZx75AHyj42IY6G




South Africa wide reach:

# Helpendehand





ONS WINKEL NABOOMSPRUIT    UITVERKOPING!Kom kuier gerus by Ons Winkel Naboomspruit en ontdek ons nuutste spesiale aanbie...
02/09/2026

ONS WINKEL NABOOMSPRUIT UITVERKOPING!

Kom kuier gerus by Ons Winkel Naboomspruit en ontdek ons nuutste spesiale aanbiedinge! Geniet ongelooflike afslag met ons R10-verkoping — beperkte voorraad

Come visit Ons Winkel Naboomspruit and discover our newest specials! Enjoy amazing savings with our R10 sale — limited stock, don't miss out!
Tel 081 437 3823
📍 4 Nelson Mandela Drive, Mookgophong

Nuwe voorraad/NEW STOCK

Follow this link to join my WhatsApp group: https://chat.whatsapp.com/DOeVLS0qZx75AHyj42IY6G




South Africa wide reach:

# Helpendehand







01/09/2026
📀 CD'S, DVD'S & RAKKE TE KOOP / FOR SALE:Volledige stel te koop as EEN eenheid — nie apart nie(Complete lot for sale as ...
31/08/2026

📀 CD'S, DVD'S & RAKKE TE KOOP / FOR SALE:

Volledige stel te koop as EEN eenheid — nie apart nie
(Complete lot for sale as ONE unit — not sold separately)
✅ 2216 CD's
✅ 840 DVD's
✅ Groot verskeidenheid CD/DVD rakke en pocket bags
(Wide variety of CD/DVD shelves, racks & storage pocket bags)

Maak my 'n aanvod vir alles saam!

📍 Modimolle
🚚 Koerier kostes NIE ingesluit nie / Courier costs NOT included
💵 Kontant of EFT / Cash or EFT

📞 081 437 3823
Kontak my vir meer inligting! / Contact me for more info!





Address

4 Nelson Mandela Drive, Mookgophong
Naboomspruit
0560

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27659537760

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Naboomspruit posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share