Worthy Woman

Worthy Woman 🌟 Welcome to Worthy Woman!🌟
We're all about empowering women & children through events, outreach, and partnerships that make a real difference.
(1)

Join us as we uplift communities, support worthy causes, and create opportunities for growth and confidence. Empowering Women: Celebrating Excellence and Impact

This award serves as a testament to the profound importance of women in society. It's a platform to honour and give recognition to those outstanding women who excel in their respective fields of expertise and contribute significantly to b

ettering the lives of those around them. We invite you to join hands with us and be the change. Let's come together to celebrate the achievements and impact of women who are making a difference in their communities and beyond. By acknowledging and supporting these remarkable individuals, we can inspire others and foster positive change. Together, let's empower women and recognize the invaluable role they play in shaping a brighter future for all.

Vanaand lê jy op 'n silwer trollie in die lykshuis.....Jou eens mooi, slanke liggaam yskoud.....Aan jou groottoon is 'n ...
14/10/2025

Vanaand lê jy op 'n silwer trollie in die lykshuis.....

Jou eens mooi, slanke liggaam yskoud.....

Aan jou groottoon is 'n kaartjie met jou lyknommer....

Op jou laaste foto in die hospitaalbed kon ek reeds die dood in jou oë sien.....

Jy is middeljarig....maar jou liggaam en siel is diep bejaard.....

Jy was verslaaf....

Jou verslawing het jou lewe gekos...

Maar jy was nie verslaaf aan tik of whiskey of die wit poeiers wat mense snuif nie....

Jy was verslaaf aan liefde ...
Mooiste mens Mandy.....

Ongekunsteld, begaafd, uniek, hardwerkend, sag...en veels te broos...

Jou raafswart krulle, blou oë en wilgerlatlyfie het gesorg vir konstante manlike bewondering.....

Jou kleintyd swaarkry en seerkry het 'n diep, gapende swart g*t in jou binneste geboor en toe jy dit eers onlangs besef en probeer vrykom, was dit eintlik al laat......verby die 11uur klok......
Jou laaste Adam het jou finaal verwoes....

Hy het jou getoor met sy sterk arms en breker voorkoms.
Hy het voorgegee om jou held te wees....jou redder, jou beskermer....jou beminde....

Alles waarna jy 'n leeftyd gesmag het, het hy in die openingstoneel van die Narsiskonsert beloof.....
Toe sy masker val het sy sterk arms jou kakebeen telkemale gebreek....Hy het sy spiere gebruik om jou by die trok wat hy bestuur het uit te gooi..

Jou kop is teen die mure gestamp, jou tingerige lyf ontelbare kere gekneus, jou gees geknak deur elke helse kras woord oor sy lippe.....

Jy is verneuk met ander vrouens.....gelos in blyplekke sonder krag of meubels nadat hy verdwyn. En telkens het hy teruggekom met nuwe beloftes om te verander....nadat hy jou weer en weer verniel het omdat jy uit sy jaloerse, control probeer ontsnap het.
Jou liefde vir hom het in vrees verander...

Geïsoleer van al jou mense.....stoksielalleen teen die monster, dag in en dag uit....
Stukkie vir stukkie het hy jou grond weggekalwe...totdat die laaste grondwal op jou ingetuimel het....

Die laaste keer wat jy teruggegaan het, was omdat die wêreld jou gefaal het....
Nêrens in hiérdie stad was daar 'n veilige plek vir gegoede vrouens vasgevang in huishoudelike geweld en die wreedste mishandeling agter toe deure nie.....

Soos elke textbook narsis was hy 'n dorpsengel en 'n huisduiwel.....iemand wie se eie familie nie die ware monster ooit in aksie gesien het nie.....wat nòg die pastoor en die polisie....?
Niemand het jou geglo nie.....

Noudat jou liggaam nie verder kon nie, huil hy blink krokodiltrane op sosiale media....."Hoekom het die Here haar gevat? Sy was my lewe!?"

Op jou doodsertifikaat gaan geskrywe staan "Septisemia".....maar ek weet, en die Here weet.....dit moet lees "Narcissistic Abuse".....
Maar my mens, soos elke textbook slagoffer....het jy vasgeklou aan die10% krummels wat van sy tafel afgeval het.....90% hel het jou laat uitsien na wat hy elke keer beloof het.... ... jy was verslaaf aan jou volgende fix....die bietjie liefde....die uitgestelde hoop...
Ek wil die strate invaar en van die dakke af uitroep om hulp.....

Ek wil op 'n vliegtuig klim en oor die water beleggers of borge of miljoenêrs gaan kry om 'n veilige plek te koop of te bou waarheen vrouens kan ontsnap uit die kloue van die Phantom van hulle huislike Opera....
want ek ......
het dit oorleef....

Nou is jy vry mooiste, tenger vrou.....
By waters waar rus is.....woon jy nou.....
Rus in vrede!

*Geskryf deur Retha van der Linde.

Amen
28/10/2024

Amen

So wat is die rede dat jy nog nie die seep probeer het nie?Dis net R18.25pkg dws R365 vir 20kg dan is daar nog 60 ander ...
16/10/2024

So wat is die rede dat jy nog nie die seep probeer het nie?

Dis net R18.25pkg dws R365 vir 20kg dan is daar nog 60 ander skoonmaak middels ook beskikbaar in grootmaat net vir jou gerief en besparing. Ons het alle skoonmaak middel vir werkswinkels, laundry, carpet, window, toilette en vele meer.

Kontak my gerus by 071 361 8049 en ondersteun my home based besigheid. So ondersteun jy ook local - want local is beter😉

Share asb my post so help jy ook!

Address

Mosselbaai
6500

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Worthy Woman posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Worthy Woman:

Share