Mosterdsaadjie Voedingsprojek

Mosterdsaadjie Voedingsprojek Mosterdsaadjie is 'n geregistreerde NPO wat minder bevoorregte en hawelose mense voorsien met voedsel, klere en geld vir slaapplek in 'n veilige hawe.

Mosterdsaadjie Voedingsprojek is ‘n nie-winsgewende organisasie wat geen hulp van die staat ontvang nie en daarom totaal en al afhanklik is van die publiek vir hulp op ‘n aaneenlopende basis. Ons voorsien hawelose en minder bevoorregte mense, in Mosselbaai, George en ander omliggende areas, van voedsel, klere, toiletware asook in sommige gevalle ‘n kontant-donasie om ‘n nag of twee te kan deurbrin

g in ‘n veilige hawe. Daar word hulle voorsien met ‘n bord kos en ‘n warm slaapplek. Ons benodig tans enige donasies hetsy dit kontant, nie- bederfbare voedsel, groente en vrugte. Selfs speelgoed en meubels is ook altyd welkom. Teen die einde van elke jaar beoog ons om darem ‘n paar geskenkies ook te kan uitdeel aan die gesinne en hul kindertjies. Vir die van u wat reeds donasies gegee het, wil ons net baie dankie sê vir elke bydrae tot dusver. Sonder u hulp was daar soveel meer armoede, hartseer en pyn. Ons bankdetails vir donasies is as volg:

Rek. Houer: Mosterdsaadjie Voedingsprojek
FNB Business Cheque Account
Rek. Nr. 626 7700 8792
Tak Kode: 255 355

01/04/2026

Goeienaand almal, is daar miskien iemand wat ons kan help met n paar gehoorstukkies, groot asb?

Geseënde Oukersdag, Kersdag en 2026 (wat voor die deur lê) aan al ons boeties en sussies in Jesus Christus. Mag God Sy S...
24/12/2025

Geseënde Oukersdag, Kersdag en 2026 (wat voor die deur lê) aan al ons boeties en sussies in Jesus Christus.
Mag God Sy Skatkamers oor elkeen van julle oopmaak terwyl ons die Geboorte vier van ons Verlosser, ons Saligmaker en ons Redder.

Mag ons nooit vergeet hoe geseënd ons is nie. Selfs al het ons vandag net n stukkie brood om te eet, laat ons dankbaar wees daarvoor.

Mosterdsaadjie Voedingsprojek voel werklik bevoorreg om in God se bediening te mag wees.
Ons hoor en sien soveel hartseer maar ook soveel dankbaarheid vir die kleinste gebaar en kospakkie wat uitgegee word.

Dit wys ons telkemale wat dit regtig beteken om alles te verloor, maar ten spyte daarvan weer te kan opstaan, God aan te roep, te glo en vertrou dat Hy uitkoms sal gee.

Baie dankie vir elkeen se hulp en bydrae deur die jaar, dit beteken so baie vir soveel mense daarbuite. Dankie vir die koffie en melk wat n man trane in sy oë laat kry, dankie vir elke koekie handewasseep wat n dogtertjie verkies bo n pakkie niknaks, dankie vir skoonmaakmiddels wat n enkel mamma laat huil van dankbaarheid.

Mens besef nie hoe groot impak elke klein donasie het in die mense se lewens nie.
Ons bid God se seën af oor elkeen van julle. Mag ons altyd al die eer gee aan God wat dit moontlik maak om te kan help.

Alles wat mooi is, alles wat goed is en alle voorspoed wens ons u toe vandag asook op die toekomspad.

Met groot dankbaarheid,
Wynand, Marietjie en Maryke van Mosterdsaadjie Voedingsprojek

15/12/2025
28/10/2025
28/10/2025
27/10/2025

Baie dankie Lizette Janse van Rensburg, vir 'n geseënde Saterdagoggend! Jy het ons almal se harte aangeraak. Die Heilige Gees was tasbaar teenwoordig en byna elkeen was in trane. Mag God jou ryklik seën en gebruik, Koningskind!

Address

Hartenbos
Mossel Bay
6520

Opening Hours

Monday 08:30 - 16:30
Tuesday 08:30 - 16:30
Wednesday 08:30 - 16:30
Thursday 08:30 - 16:30
Friday 08:30 - 16:30

Telephone

+27836866956

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mosterdsaadjie Voedingsprojek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Mosterdsaadjie Voedingsprojek:

Share