Huis van Heerde Child & Youth Care Centre

Huis van Heerde Child & Youth Care Centre Huis van Heerde Kinderhuis,'n program van BADISA, is geleë in Moorreesburg, die hartjie van die Swartland.

Ons versorg daagliks 70 sorgbehoewende kinders tussen die ouderdomme van 1 tot 18 jaar oud.

24/06/2026
WERKSGELEENTHEID | Sluit aan by die Huis van Heerde-familie! Het jy ’n hart vir kinders, ’n passie vir ontwikkeling en d...
23/06/2026

WERKSGELEENTHEID | Sluit aan by die Huis van Heerde-familie!

Het jy ’n hart vir kinders, ’n passie vir ontwikkeling en die vermoë om ’n veilige, liefdevolle ruimte te skep waar kinders kan groei en floreer?

Huis van Heerde is op soek na 1 Kinder- & Jeugsorgwerker om deel te word van ons span en saam met ons ’n verskil te maak in die lewens van kwesbare kinders en jeugdiges.

Hierdie rol vra iemand met:
’n Positiewe lewensingesteldheid
’n Liefde vir kinders en jongmense
Sterk organisasie- en mensevaardighede
Relevante kwalifikasies en ervaring in Kinder- en Jeugsorg

By Huis van Heerde glo ons dat elke kind verdien om gesien, ondersteun en gekoester te word — en ons span speel elke dag ’n belangrike rol daarin. 🌱

📍 Sluitingsdatum: 10 Julie 2026
📍 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Rig volledige CV, gesertifiseerde ID-afskrif en polisieklaring soos aangedui op die plakkaat.

Let wel: Geen aansoeke sal via Facebook of Facebook Messenger aanvaar word nie.

Deel gerus hierdie plasing sodat dit die regte persoon kan bereik

Happy Father’s Day!Today we celebrate the men who show up, stand strong, give guidance, and love wholeheartedly. Fathers...
21/06/2026

Happy Father’s Day!

Today we celebrate the men who show up, stand strong, give guidance, and love wholeheartedly. Fathers, father figures, grandfathers, uncles, mentors and every man who chooses to make a difference in a child’s life — thank you.

At Huis van Heerde, we know that the impact of a caring father figure reaches far beyond today. It builds confidence, creates belonging and leaves footprints on a child’s heart that last a lifetime.

To every dad who works hard, sacrifices quietly, protects fiercely and loves deeply, we see you and we celebrate you.

And to the special men who walk alongside our children, thank you for helping shape futures and reminding them what care, consistency and encouragement look like.

Wishing all our fathers and father figures a blessed and joy-filled Father’s Day.

💙

HUIS VAN HEERDE WINTER SHOEBOX PROJEK – ONS HET JULLE HULP NODIG! Ons harte is vol dankbaarheid vir elke persoon en besi...
17/06/2026

HUIS VAN HEERDE WINTER SHOEBOX PROJEK – ONS HET JULLE HULP NODIG!

Ons harte is vol dankbaarheid vir elke persoon en besigheid wat reeds deel is van ons Winter Shoebox Projek 2026. Julle maak ‘n tasbare verskil in ons kinders se lewens. 🤍

Ongelukkig het een van ons donateurs, weens onvoorsiene omstandighede, nie meer die vermoë om al hul skoenbokse te voltooi nie, en daarom reik ons vandag uit na ons gemeenskap om saam met ons in te spring.

Ons benodig dringend, voor 24 Junie 2026, seuns wintersklere in die volgende groottes:

🧥 7–8 jaar
🧥 8–9 jaar
🧥 9–10 jaar
🧥 11–12 jaar
🧥 13–14 jaar

Jy hoef nie ‘n hele boks vol te maak nie. Selfs net 1 item maak ‘n verskil. ‘n Warm trui, jeans, pajamas, skoene of enige winter-noodsaaklikheid help ons om seker te maak elke kind ontvang iets spesiaal hierdie winter.

📅 Winter Shoebox Projek: 25 Junie 2026
📍 Huis van Heerde – Tuinstraat 28, Moorreesburg

Vir meer inligting of om by te dra:
Fredalaine – 022 433 1042 / 063 810 5057
[email protected]

Vir Finansiële bydraes:
Bankbesonderhede:
Rekening Naam: Huis van Heerde
Bank: Nedbank
Takkode: 198765
Rekening Nommer: 128 504 3324
Verwysing: Naam & Shoebox

Dankie dat julle saam met ons help om winter warmer te maak – een item op ‘n slag

Happy Youth Day!
16/06/2026

Happy Youth Day!

12/06/2026

VAKANSIE = SPEELTYD + LEKKER TYD by Huis van Heerde!

Die Junie vakansie is om die draai en ons maak gereed vir hope pret, kreatiwiteit, lag en spesiale herinneringe saam met ons kinders!

Ons het egter julle hulp nodig om hierdie vakansie nóg meer besonders te maak
Ons benodig nog ’n paar lekkernye en voorraad om ons vakansieprogram vol pret en opwinding aan te bied.

Elke pakkie chips, elke bottel koeldrank, elke sakkie springmielies of blokkie klei help om ’n kind se vakansie net daardie bietjie meer spesiaal te maak

Kan jy help? Geen bydrae is te klein nie!
Kontantdonasies of items kan by ons afgelewer word by ons takke.

Kom wees deel daarvan om hierdie vakansie vol smiles, vuil handjies, kreatiewe chaos en mooi herinneringe te maak

12/06/2026

There are moments of kindness that warm more than just our feet – they warm our hearts too

A huge thank you to Kadesh Sanctuary for their incredibly generous donation of slippers for every single child at Huis van Heerde. Seeing the excitement and smiles on our children’s faces reminded us once again that even the simplest gifts can make a big difference.

But the surprise did not end there… Kadesh Sanctuary also spoiled each of our Care Givers with a pair of slippers of their own. This is a beautiful gesture of appreciation for the love, care and dedication they show our children every day.

Thank you for not only blessing our children, but also recognising the hearts that care for them. Your kindness and generosity are deeply appreciated.

❄️ SPREAD THE JOY – WINTER VELDTOG 2026 ❄️Die winter is koud, maar saam kan ons dit warmer maak. By Huis van Heerde sorg...
09/06/2026

❄️ SPREAD THE JOY – WINTER VELDTOG 2026 ❄️
Die winter is koud, maar saam kan ons dit warmer maak.
By Huis van Heerde sorg ons daagliks vir 70 kinders wat op ons staatmaak, en ons kan dit nie sonder ons donateurs doen nie.
Ons nooi jou uit om deel te word van iets eenvoudig, maar wat 'n verskil maak:
Ons benodig tans:
Kruideniersware soos rys, suiker, koffie, pasta en sopmengsels
Toiletware soos seep, sjampoe, tandepasta en nappies
En ja… selfs 'n bietjie warm sjokolade vir daardie ekstra bietjie winter vreugde
Kom ons “Spread the Joy” hierdie winter.

Address

28 Tuin Street
Moorreesburg
7310

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:30
Tuesday 07:30 - 16:30
Wednesday 07:30 - 16:30
Thursday 07:30 - 16:30
Friday 07:30 - 16:30

Telephone

+27224331042

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis van Heerde Child & Youth Care Centre posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Huis van Heerde Child & Youth Care Centre:

Share