Moorreesburg Lions Club

Moorreesburg Lions Club Moorreesburg Lionsklub gestig in 1997
Het tans 29 diensdoenende Lions

13/04/2026
13/04/2026

Onthou van dié geleentheid môre aand om jou huis en omgewing veilig te hou!

Ons het gister ‘n wonderlike Herfstee saam geniet. ‘n Oggend vol lekker kuier, smaaklike eetgoed en goeie geselskap.Mich...
10/04/2026

Ons het gister ‘n wonderlike Herfstee saam geniet. ‘n Oggend vol lekker kuier, smaaklike eetgoed en goeie geselskap.

Micheal Busson het die atmosfeer perfek aangevul met twee pragtige liedere.
Die dames van Carmien Tee het ons meer geleer oor rooibostee, hul produkte en selfs ‘n interessante cold brew proe-ervaring gedeel.
Koos “Pen” het ons vermaak met stories uit die omgewing wat almal laat glimlag het.

Dankie aan elkeen wat dit bygewoon en deel gemaak het van die spesiale oggend. Dit was regtig iets besonders!

Moorreesburg Lions Club verkoop heerlike Maalvleis Jaffels en Gemmerbier by Moorreesburg Plaasmark. Kom ondersteun asb e...
28/03/2026

Moorreesburg Lions Club verkoop heerlike Maalvleis Jaffels en Gemmerbier by Moorreesburg Plaasmark. Kom ondersteun asb en kom kuier lekker saam!

Bring a Buddy!🦁Ons maak van ons aand op 1 April ’n “Bring a Buddy” bekendstellingsaand - en jy is uitgenooi!Dis ’n lekke...
26/03/2026

Bring a Buddy!🦁

Ons maak van ons aand op 1 April ’n “Bring a Buddy” bekendstellingsaand - en jy is uitgenooi!

Dis ’n lekker informele aand waar jy kan kom luister, vrae vra en net ervaar waaroor Lions gaan – geen verpligting nie.

📅 1 April 2026
🕡 18:30 vir 19:00
📍 Rolbalklubhuis

Saam dien ons beter. Kom loer gerus in!

23/03/2026

🌟 Meet the Moorreesburg Lions Club at Our Farmers Market! 🌟

The Lions Club of Moorreesburg isn’t just a club — it’s a family with BIG hearts 💛. Every day, they don’t just talk about making a difference… they make it happen!

Join Helena Jordaan, representing the Lions, as she serves up delicious jaffles 🥪 and refreshing gingerbeer 🥤 — all proceeds go to support meaningful community projects.

Come support a cause that truly changes lives, and see firsthand what it means to lead to serve and serve to lead.

📍 Where: Moorreesburg Farmers Market
🗓️ When: 28 March 2026, De Stalle, 69 Longstreet, Moorreesburg 7310
09:00 till 15:00

✨ Moorreesburg, let’s show the world the power of community!

Geestesgesondheid – ’n gesprek wat saak maakVanoggend het die Moorreesburg Lionsklub die voorreg gehad om na Sr. Christi...
17/03/2026

Geestesgesondheid – ’n gesprek wat saak maak

Vanoggend het die Moorreesburg Lionsklub die voorreg gehad om na Sr. Christine van Veggelen te luister, ’n Sr. en vroedvrou met jare se ervaring, onder andere ook in Saoedi-Arabië.

Sy het haar eie lewenspad gedeel en praktiese insig gegee in die verskil tussen ’n mens se geestelike toestand en geestesgesondheid, asook hoe dit ons daagliks raak.

Een van die werklikhede wat uitgestaan het, is dat 2 uit 3 mense nie die hulp kry wat hulle nodig het nie, dikwels as gevolg van stigma, vrees of ’n gebrek aan ondersteunin, maar met die regte ondersteuning en hulp kan mense weer normaal funksioneer en ’n vol lewe lei.

Dit herinner ons:
- Moenie mense wegstoot of uitsonder weens hul stryd nie
- Wees meer begripvol en ondersteunend
- Skep ’n gemeenskap waar mense veilig voel om hulp te vra

Dankie aan Sr. Christine vir haar tyd en eerlike boodskap en aan almal wat die oggend saam met ons bygewoon het.

Onthou: Jy is nie alleen nie.

Hoekom word mense Lions?Die afgelope week het ons ’n paar van ons lede se stories gedeel oor hoekom hulle deel is van di...
17/03/2026

Hoekom word mense Lions?

Die afgelope week het ons ’n paar van ons lede se stories gedeel oor hoekom hulle deel is van die Moorreesburg Lionsklub.

Elke storie is anders, maar die hart bly dieselfde:
💛 diens aan ons gemeenskap.

Mission 1.5 herinner ons dat Lions wêreldwyd groei om nóg meer mense te help.

👉 As jy ook ’n verskil wil maak in die gemeenskap, of net meer wil weet oor wat Lions doen, kontak gerus ons klub.

Saam dien ons beter.

Niemand dien alleen nie.Die krag van Lions lê in spanwerkWanneer mense met verskillende vaardighede en idees saamwerk, k...
16/03/2026

Niemand dien alleen nie.

Die krag van Lions lê in spanwerk

Wanneer mense met verskillende vaardighede en idees saamwerk, kan ons projekte aanpak wat ’n werklike verskil maak.

Vandag stel ons weer 4 van ons lede voor en hulle redes waarom hulle deel is van die Moorreesburg Lionsklub.

💛 Saam kan ons meer doen.

Lions gaan oor gemeenskap.Moorreesburg Lions is deel van hierdie dorp, ons werk, woon en grootword hier saam.Ons projekt...
13/03/2026

Lions gaan oor gemeenskap.

Moorreesburg Lions is deel van hierdie dorp, ons werk, woon en grootword hier saam.

Ons projekte is gerig op waar daar werklik behoefte is in ons gemeenskap.

Vandag deel ons weer 4 van ons lede se stories oor hoekom hulle gekies het om ’n Lion te word.

Elke Lion bring sy of haar eie rede, maar almal deel dieselfde doel:

💛 om ’n verskil te maak.

Wat doen Lions?Lions regoor die wêreld dien hulle gemeenskappe deur diensprojekte, ondersteuning waar dit nodig is en pr...
12/03/2026

Wat doen Lions?

Lions regoor die wêreld dien hulle gemeenskappe deur diensprojekte, ondersteuning waar dit nodig is en praktiese hulp in moeilike tye.

By die Moorreesburg Lionsklub gebeur dit deur mense wat bereid is om hulle tyd, energie en vaardighede te gee om ander te help.

Vandag deel ons weer 4 van ons lede se stories oor hoekom hulle Lions geword het.

Want agter elke projek is ’n Lion met ’n hart vir diens.

Members Month & Mission 1.5Maart is wêreldwyd bekend as Lions Members Month. ’n Tyd waarin ons fokus op groei, betrokken...
11/03/2026

Members Month & Mission 1.5

Maart is wêreldwyd bekend as Lions Members Month. ’n Tyd waarin ons fokus op groei, betrokkenheid en die versterking van ons diens.

Wat is Mission 1.5?
Lions Clubs International het die wêreldwye inisiatief Mission 1.5 geloods met ’n duidelike doel:
💥 Om teen 2027 wêreldwyd 1.5 miljoen Lions-lede te bereik.

Hier is waarom ons Lions geword het.

Wil jy ook 'n Lion word?


Address

Moorreesburg
7310

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Moorreesburg Lions Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Moorreesburg Lions Club:

Share