Just Jala NPO

Just Jala NPO Aims to provide economically disadvantaged rural youth with assistance.

BELOW I HAVE POSTED LINKS TO UNIVERSITIES AROUND SA. NOTE 📝 :Closing dates for applications differs per University. 1. W...
19/11/2024

BELOW I HAVE POSTED LINKS TO UNIVERSITIES AROUND SA.
NOTE 📝 :
Closing dates for applications differs per University.

1. Wits www.wits.ac.za
2. Fort Hare www.ufh.ac.za
3. Tshwane University www.tut.ac.za
4. UJ www.uj.ac.za
5. UWC www.uwc.ac.za
6. CPUT www.cput.ac.za
7. UCT www.uct.ac.za
8. UKZN www.ukzn.ac.za
9. DUT www.dut.ac.za
10. Rhodes University www.ru.ac.za
11. WSU www.wsu.ac.za
12. Nelson Mandela Metropolitian University www.nmmu.ac.za
13. Central University of Technology www.cut.ac.za
14. University of the Free State www.ufs.ac.za
University of Pretoria www.up.ac.za
15. University of South Africa www.unisa.ac.za
16. Vaal University of Technology www.vut.ac.za
17. University of Limpopo(Mendusa Campus) www.ul.ac.za
18. Mangosuthu University of Technology www.mut.ac.za
19. University of Zululand www.unizul.ac.za
20. University of Limpopo (Turfloop Campus) www.ul.ac.za
21. University of Venda www.univen.ac.za
22. NWU (Mafikeng Campus) www.unw.ac.za
23. NWU (Potchefstroom Campus) www.unw.ac.za
24. NWU (Vaal Campus) www.unw.ac.za
25. University of Stellenbosch www.us.ac.za
26. Sol Plaaatje University www.spu.ac.za
27. University of Mpumalanga www.ump.ac.za

And apply for NSFAS here www.nsfas.org.za

Explore Wits University's world-class programmes, research, and vibrant campus life.

15/11/2024

05/04/2024

Van Stefanie Minnaar se blad.
(Ouer-Tiener harmonie)

Liewe Juffrou,

Ek kan verstaan dat juffrou nie verstaan dat ek meer sukkel as Piet wat laas jaar in juffrou se klas was nie. Piet het dan ook disleksie gehad en hy kon redelik lees en oraait skryf. Disleksie is mos disleksie!

Nou sit juffrou hierdie jaar met my, wat kort-kort by juffrou se tafel rond hang om vir my die opdrag te lees! Ek weet ek skryf soos 'n krap en ek kry niks reg geskryf nie. Ek weet nie of juffrou weet nie, maar daar is verskillende tipes disleksie en party kinders het dit erger as ander. Piet het 2 tipes disleksie gehad in 'n baie ligte graad & dis hoekom hy dalk nie so gesukkel het soos ek nie. Ek het 5 verskillende tipes disleksie.

Ek belowe juffrou ek wil nie opsetlik lelik skryf en ek maak nie of ek nie kan lees nie. Ek d**k nie enige kind wat ook 9 jaar oud is wil elke dag in die moeilikheid kom oor skoolwerk nie, want juffrou dis in ons kinders se natuur om te probeer om ons beste te gee. Ons hou daarvan om geprys te word vir goedjies wat ons reg doen.

Ek d**k Jaco wat so stout is langs my en ook disleksie het, het dalk net in Graad 2 moed op gegee. Hy het soveel raas gekry dat hy lyk my besluit het om net skuins teen die wind te wees!

Soms wonder ek ook of ek nie maar net so onmoontlik soos hy moet word nie, want wat help dit om my bes te probeer gee as ek in elk geval raas kry oor my boeke en werk wat so gemors is?

Juffrou, ek weet ek is altyd laaste klaar met die toets en ek kan sien Juffrou is al moedeloos met my. Ek kan sien die maatjies giggel as ek moet opstaan om te lees.

Ek kan dalk nie lees wat Juffrou se lang rooi brief in my boek sĂȘ nie, maar ek weet sulke rooi-pen-briewe bring hartseer in my huis, want ek het al menig male gesien hoe stil mamma raak as sy dit klaar gelees het en sĂȘ sy wil net bietjie alleen wees.
Ek d**k soms dis moeilik vir Mamma om ook hierdie disleksie storie van my te verstaan, maar ek belowe Mamma gee altyd haar beste om my te help. My boeties moet maar altyd self aangaan, terwyl Mamma my help. Sy het nie tyd om by hulle ook uit te kom nie.

Ek weet juffrou het baie kinders in die klas en ek kan heeltemal verstaan dat juffrou ook soms nie weet hoe om elkeen met 'n probleem te probeer help nie. Ek wens ek kon my brein omruil vir 'n nuwe een wat ook kan lees en skryf, maar Mamma sĂȘ God het my so gemaak en God maak nooit foute nie.

Juffrou ek wou ook graag met my hele hart een van die Top 10 akademiese presteerders wees. Ek bewonder daardie kinders, maar Mamma sĂȘ mense verskil en almal kan nie ewe goed in alles wees nie.

Al wat ek eintlik wil sĂȘ is ek probeer Juffrou. Ek en mamma werk elke aand tot baie laat om my huiswerk klaar te kry. Ek weet ek is nie goed met lees en skryf nie, maar het juffrou gesien hoe mooi ek skilder en dat ek vir een van my maatjies wat nie 'n kosblik gehad het gister al my kos gegee het?

Die mense wat my getoets het sĂȘ mense kan van kleins af hoor, sien, geluide maak en hul breine leer hul vanself loop, beweeg, teken en hardloop. Dis bleikbaar natuurlike dinge wat die brein self doen.

Hulle sĂȘ lees en skryf is 'n vaardigheid wat aangeleer moet word en dat dit nie 'n natuurlike ding is vir almal se breine, soos praat en gehoor nie. Hulle sĂȘ as ons van alle kinders verwag om goed te kan lees en skryf, moet ons ook van alle kinders verwag om goed klavier te speel, goed te skilder, te dans, debat te praat ens.

Ek verstaan nie al hierdie dinge nie Juffrou, want ek is seker nog te klein. Dankie Juffrou vir my goeie mondeling punte, want dit het my lewe gered in Afrikaans! Ek gaan regtig probeer om nie weer so baie te pla by Juffrou se tafel nie. Jammer oor als wat ek nie kan regkry nie...

Groete

Net nog 'n kind met disleksie. (Nie my eie woorde nie, maar bewoord so mooi wat ek wil oordra)

Tonight I want to speak to those who have asked daily but have received no answer. Ask Him again, for your mother to be ...
27/03/2024

Tonight I want to speak to those who have asked daily but have received no answer.

Ask Him again, for your mother to be healed

Ask Him again, for that job

Ask Him again, for that financial breakthrough

Ask Him again, for deliverance

Ask Him again, for wisdom

Ask Him again, for that father to be a father

Ask Him again, for favor with your business

Ask Him again, for covering with your children

Ask Him again, for that house

Ask Him again, for that career breakthrough

Ask Him again, for strength in weakness

Ask Him again, to mend that broken friendship

Ask Him again, to healed your heart

Ask Him again, for him to give you a child

Ask Him again, for better days

Ask Him again, for peace in the storm

Ask Him again, for a renewed spirit

Ask Him again, for help with your faith

Ask Him again, for help with loving people

This week, talk to God as if your life depended on the conversation. Ask Him again...

05/02/2024
Die Chrysalis Akademie bied 'n inbly program oor drie maande aan, wat bestaan uit verskeie fases: 'n oriëntasie, buitelu...
05/02/2024

Die Chrysalis Akademie bied 'n inbly program oor drie maande aan, wat bestaan uit verskeie fases: 'n oriëntasie, buitelug, tegniese & beroepsopleiding, en gemeenskap & uittreefase.

Na die gradeplegtigheid word studente geplaas in 'n 12-maande werkgeleentheid om werksondervinding op te doen. Hulle ontvang ook 5 jaar na-sorgondersteuning. Ek, as iemand wat jare lank in regeringsbestuursposisies was, kan persoonlik getuig van die waardevolle ondersteuning wat ek van Chrysalis-interns ontvang het, en baie van hulle het self bestuurders en senior bestuurders in die regering en ander entiteite geword.

As jy hulp nodig het met die aansoek, kontak my gerus by 061 020 5380. Dit is 'n fantastiese geleentheid vir die jeug van Montagu wat nie misgeloop moet word nie.

Wat u benodig saam met die aansoek vorm:
*Gesertifiseerde kopie van u I.D
*Bewys van jou address - n Affidavit of u bank staat met address op.
*Gesertifiseerde kopie van u nuutste/Laaste skool rapport/uitslae

U kan die aansoek vorm by my kry op Dinsdag 6 February en dan weer terug besorg op die selfde dag waarna ek dit op Woensdag 7 February by Chrysalis sal inhandig.

Wat u benodig saam met die aansoek vorm:*Gesertifiseerde kopie van u I.D*Bewys van jou address - n Affidavit of u bank s...
04/02/2024

Wat u benodig saam met die aansoek vorm:
*Gesertifiseerde kopie van u I.D
*Bewys van jou address - n Affidavit of u bank staat met address op.
*Gesertifiseerde kopie van u nuutste/Laaste skool rapport/uitslae

U kan die aansoek vorm by my kry op Dinsdag 6 February en dan weer terug besorg op die selfde dag waarna ek dit op Woensdag 7 February by Chrysalis sal inhandig.

08/01/2024

Gesteel maar stem 100% saam wil ook net bysit dat die selfde geld y diehuis met ander kinders.

Liewe ouers
Skool is op die punt om te begin, so sit asseblief vir 5 minute saam met jou kind en verduidelik dat om leerders woorde toe te snou wat baie lank, kort, mollig, maer, ens. geen grap is nie. Dit is boelie.
Daar is niks mee fout om elke dag dieselfde skoene te dra nie. Verduidelik aan hulle dat 'n gebruikte rugsak dieselfde drome dra as 'n nuwe een.
Leer hulle om nie iemand uit te sluit omdat hulle “anders” is of nie dieselfde geleenthede as ander het nie. Verduidelik dat terg maak seer...en dat hulle skool toe gaan om te LEER, NIE om mee te ding nie.
EK EN JY HET DIESELFDE WAARDE! ONDERWYS BEGIN BY DIE HUIS...
Dit is *BY DIE HUIS* wat kinders moet leer om te sĂȘ:
01 - GoeiemĂŽre
02 - Goeiemiddag
03 - Goeienaand
04 - Asseblief
05 - Met jou toestemming
06 - Jammer
07 - Vergewe my
08 - Baie dankie
09 - Dankie
10 - Ek was verkeerd
Dit is *BY DIE HUIS* wat ons ook leer om:
01 - Eerlik te wees
02 - Stiptelik te wees
03 - Nie ander te beledig nie
04 - beleefd te wees
05 - almal te respekteer almal: vriende, kollegas, ouderlinge, onderwysers, owerhede
Steeds *by die huis* leer ons om:
01 - Alles te eet
02 - nie met jou mond vol praat nie
03 - by persoonlike higiëne hou
04 - nie rommel op die grond gooi nie
05 - ouers help met hul daaglikse take
06 - nie te vat wat nie aan jou behoort nie
07 - tevrede te wees met wat jy het
08 - eerlik te werk om 'n bestaan ​​te verdien
09 - met beskeidenheid aantrek
*By die huis* leer ons steeds om:
01 - georganiseerd te wees
02 - te sorg vir jou besittings
03 - nie aan ander mense se besittings te raak nie
0 4 - die reëls te respekteer,
Want *OP SKOOL* moet onderwysers onderrig gee:
■ Wiskunde
■ Afrikaans Huistaal
■ Engels
■ Sosiale Wetenskappe
■ Natuurwetenskappe
■ Lewensvaardighede/ Liggaamlike Opvoeding
■ Tegnologie
■ Ekonomiese Bestuurswetenskappe
■ Kuns...
Onderwysers versterk net wat die student *TUIS* geleer het!!!
Dit is uit wat ons *BY DIE HUIS* geleer het dat die individu gerespekteer sal word, dat hy die lewe sal respekteer.

Address

Montagu

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Just Jala NPO posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share