VLU Mareetsane

VLU Mareetsane Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from VLU Mareetsane, Community Organization, Mareetsane.
(1)

VLU is ‘n nie-winsgewende opvoedkundige organisasie waarin vroue met dieselfde waardes die geleentheid tot verruiming gebied word sodat hulle ‘n bydrae kan lewer en ‘n daadwerklike aandeel kan hê aan die ontwikkeling van ons land.

🍎 VLU Mareetsane – Fotografie 2025 📸Met groot trots deel ons vandag die fotografie-inskrywings van ons talentvolle VLU M...
19/08/2026

🍎 VLU Mareetsane – Fotografie 2025 📸

Met groot trots deel ons vandag die fotografie-inskrywings van ons talentvolle VLU Mareetsane-lede. 🌸

Die tema vir 2025 is “Hande” – ’n tema wat soveel ruimte bied vir kreatiwiteit, betekenis en persoonlike interpretasie.

Elke foto vertel sy eie verhaal en weerspieël die unieke oog, talent en kreatiwiteit van ons lede. 🤲📷

Kom bewonder saam met ons die pragtige inskrywings en vier die besondere talent binne VLU Mareetsane! 🌷✨

Tema 2025: HANDE 🤲

Winterwarmte en Kreatiwiteit opMareetsaneIn die hartjie van die winter het die VLU-lede van Mareetsane in die warmte van...
17/08/2026

Winterwarmte en Kreatiwiteit opMareetsane
In die hartjie van die winter het die VLU-lede van Mareetsane in die warmte van goeie vriendskap bymekaargekom vir hul maandelikse vergadering.
Die tafels is pragtig deur Denise du Rand gedek, met besonderse aandag aan detail. Die dekor het die vrug van die jaar – die appel – as inspirasie gehad.
Denise het ook vir elkeen van die dames ’n spesiale geskenkie voorberei om saam huis toe te neem. Daarna het sy ’n interessante en kreatiewe werksklas oor sandkuns aangebied.
Die dames het dit terdeë geniet om hul kreatiwiteit uit te leef en elkeen het met groot entoesiasme haar eie unieke sandkuns geskep. Daar was heerlik gesels en gelag.

Mareetsane VLU geniet warm wintergasvryheidOp ’n yskoue wintersoggend het die dames van Mareetsane VLU weer saamgekom vi...
10/07/2026

Mareetsane VLU geniet warm wintergasvryheid
Op ’n yskoue wintersoggend het die dames van Mareetsane VLU weer saamgekom vir hul maandelikse vergadering. Ondanks die koue weer buite, was daar binne ’n warm en gesellige atmosfeer waar vriendskap en gemeensaamheid duidelik sigbaar was.
Die lede is hartlik verwelkom deur die gasvrou, Erika du Rand, visevoorsitter van die tak. Met heerlike warm koffie en ’n pragtig versierde saal het sy gesorg dat almal dadelik tuis voel. ’n Besonderse toevoeging was die mooi marktafel wat gedek is, waar lede die geleentheid gehad het om hul produkte en handewerk uit te stal en te verkoop.
Erika het die verrigtinge geopen met ’n inspirerende gebed, waarna die vergadering volgens die agenda voortgesit is en die notule behandel is. As deel van die dag se tema het sy ook vir elke lid ’n spesiale geskenkie op die tafel geplaas, asook ’n vars appel – die VLU se tema-vrug vir die jaar.
Ná afloop van die vergadering het Erika die byeenkoms op gepaste wyse afgesluit. Die dames is daarna bederf met ’n heerlike bord warm hoendersop, gevolg deur ’n tradisionele sago-poeding wat groot waardering geniet het.
Dit was waarlik ’n aangename en gesellige byeenkoms waar die warmte van goeie geselskap die winterkoue laat vergeet het en waar die bande van vriendskap weer versterk is.

Mareetsane VLU se Laaste Vergadering vir die SemesterDie laaste vergadering van Mareetsane VLU is deur ons sekretaresse,...
16/06/2026

Mareetsane VLU se Laaste Vergadering vir die Semester
Die laaste vergadering van Mareetsane VLU is deur ons sekretaresse, Thea du Rand, aangebied. Op hierdie koue wintersdag is die vroue hartlik verwelkom met heerlike warm koffie en pragtig versierde tafels wat 'n gesellige atmosfeer geskep het.
Thea het die verrigtinge geopen, waarna ons die notule deeglik deurgewerk en die nodige sake afgehandel het.
Na afloop van die vergadering het sy 'n interessante werksklas aangebied waar die vroue geleer het hoe om heerlike koolkoekies te maak. Hierdie smaaklike lekkerny het ook deel gevorm van die ete wat sy met soveel sorg voorberei het. Die spyskaart het verder bestaan uit tuisgemaakte Cornish pastye wat deur almal geniet is.
Dit was 'n besondere en gesellige dag. Ons spreek ons opregte dank uit aan Thea du Rand, die moeder van Mareetsane VLU, vir haar gasvryheid, harde werk en toewyding om elke byeenkoms spesiaal te maak. Haar liefde vir die organisasie en haar medelede is duidelik sigbaar in alles wat sy doen.
Baie dankie, Thea, vir 'n onvergeetlike dag en vir jou onbaatsugtige diens aan Mareetsane VLU. 🌸

🍪🍎 Koekies en appels is hierdie maand met liefde geskenk aan ons buhries projek. Dankie aan elkeen wat bygedra het om ’n...
26/05/2026

🍪🍎 Koekies en appels is hierdie maand met liefde geskenk aan ons buhries projek. Dankie aan elkeen wat bygedra het om ’n verskil te maak! 💛

06/05/2026
Leer Saam, Groei Saam: Inspirerende Suurdeeg Werksklas Verenig die VLU takke van Mareetsane en Setlagole.VLU Mareetsane ...
21/04/2026

Leer Saam, Groei Saam: Inspirerende Suurdeeg Werksklas Verenig die VLU takke van Mareetsane en Setlagole.

VLU Mareetsane en VLU Setlagole het onlangs hul kragte saamgesnoer vir ’n besonder inspirerende en leersame werksklas wat deur die talentvolle Ranien Swanepoel aangebied is in Stella NW aan VLU en ander vroue in die gemeenskap.

Ranien, ’n jong vrou met ’n aansteeklike passie en deeglike kennis van haar kuns, het die proses van suurdeeg van begin tot einde meesterlik oorgedra.

Met geduld en entoesiasme het sy die dames stap vir stap gewys hoe om hul eie suurdeeg-“plantjie” te skep, te versorg en suksesvol te gebruik. Haar praktiese wenke en heerlike resepte het die hele ervaring nog meer waardevol gemaak.

Wat hierdie werksklas besonders gemaak het, was nie net die vaardighede wat aangeleer is nie, maar die inspirasie wat daaruit gevloei het. Die vroue het met nuwe selfvertroue en opgewondenheid huis toe gegaan, gereed om hul eie baksels te skep en hul gesinne te verras met iets wat met sorg en liefde gemaak is.

Sulke geleenthede herinner ons daaraan hoe belangrik dit is om kennis te deel, mekaar op te bou en saam te groei. VLU Mareetsane en VLU Setlagole het met hierdie projek weereens bewys dat wanneer vroue mekaar ondersteun en inspireer, daar geen grense is aan wat bereik kan word nie.

VLU Konferensie 2026:Mareetsane blink uit in LichtenburgDie 2026 VLU-konferensie, wat vanjaar in Lichtenburg plaasgevind...
12/04/2026

VLU Konferensie 2026:
Mareetsane blink uit in Lichtenburg

Die 2026 VLU-konferensie, wat vanjaar in Lichtenburg plaasgevind het, was ‘n besondere hoogtepunt op die kalender, met takke van regoor die streek wat hul talente, toewyding en harde werk ten toon gestel het. Die Mareetsane VLU-tak het hulself besonders goed van hul taak gekwyt en met verskeie indrukwekkende prestasies gespog.
‘n Spesiale oomblik tydens die geleentheid was toe Adri du Preez, tesourier van die Mareetsane-tak, vereer is met haar 10-jaar knopie – ‘n welverdiende erkenning vir haar volgehoue diens en betrokkenheid.
Die tak is verder trots op hul lede se uitstaande prestasies in verskeie kategorieë:
Die trofee vir Beste Voorsittersverslag is toegeken aan Mareetsane, opgestel deur Louise Fick.
Die trofee vir Beste Naaldwerkverslag is ook deur Mareetsane gewen, met dank aan Thea du Rand se uitstekende werk.
Erika du Rand het ‘n 4de plek behaal vir lid met die meeste punte in Handvlyt (mosaïek potstaander) en dring deur na die kongres.
Mareetsane het ‘n 2de plek verower as tak met die meeste punte in Fotografie (tema: hande).
Louise Fick het ook individueel presteer met ‘n 6de plek vir lid met die meeste punte in Fotografie (hande) en dring deur na die kongres.
In Skilderkuns (vetplant in akriel) het Mareetsane ‘n 3de plek behaal as tak met die meeste punte.
Hierdie prestasies getuig van die passie, kreatiwiteit en samewerking binne die Mareetsane VLU-tak. Die konferensie was nie net ‘n viering van vaardighede nie, maar ook ‘n geleentheid om vriendskappe te versterk en inspirasie te deel.
Baie geluk aan al die lede – julle maak die gemeenskap trots!

VLU Mareetsane: ’n Gesellige Bymekaarkom met Kreatiwiteit en KennisdelingDie lede van VLU Mareetsane het onlangs ’n beso...
11/04/2026

VLU Mareetsane: ’n Gesellige Bymekaarkom met Kreatiwiteit en Kennisdeling

Die lede van VLU Mareetsane het onlangs ’n besonderse en hartlike vergadering geniet, aangebied deur Susan van der Linde by haar huis. Die atmosfeer was warm en uitnodigend, en die tafel is pragtig versier met vars groente en appels wat die tema en produk van die jaar uitgebeeld het.

Elke lid is bederf met ’n unieke, handgemaakte geskenk – ’n gehekelde waslap en ’n gebreide hanger-oortreksel, asook ’n potjie Bengal 5-spice.

Die spyskaart was net so indrukwekkend: ’n heerlike hoender- en mangoslaai is voorgesit, gevolg deur ’n smaaklike nagereg van appelrosies wat almal se soettand bevredig het.

Daarna het Ronel, ’n oud-VLU lid met baie kennis en ervaring, ’n insiggewende werksklas aangebied. Sy het haar vaardighede in brei en hekel gedeel, en ook gewys hoe sy haar kreatiewe aktiwiteitsboek vir kinders saamgestel het. Dit was vir almal ’n voorreg om by haar te kon leer.

Die byeenkoms was ’n ware viering van samehorigheid, kreatiwiteit en die deel van kennis – waardes wat die VLU Mareetsane na aan die hart lê.

🎁 Toiletware Pakkies vir Buhries ProjekOns het met groot dankbaarheid pakkies toiletware gestuur vir ons Buhries Projek....
11/04/2026

🎁 Toiletware Pakkies vir Buhries Projek
Ons het met groot dankbaarheid pakkies toiletware gestuur vir ons Buhries Projek. 💙
‘n Spesiale dankie ook aan die addisionele skenkers uit die gemeenskap wat hul harte oopgemaak en bygedra het tot hierdie borg.
Elke bydrae maak ‘n verskil en word opreg waardeer. 🙏✨

Address

Mareetsane
2715

Telephone

+27839401517

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLU Mareetsane posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share