15/09/2026
’n Gebed vir ons boere en hul werkers
Die VLU-lede van Mareetsane en Zoetmelksvlei het ook die geleentheid gehad om ’n groep stappers van Petrus stap teen Plaasmoorde by die Biekiesvlei Koffiewinkel in Biesiesvlei te ontmoet. Die groep is besig met ’n staptog deur die land om bewustheid te skep en hul standpunt teen plaasmoorde en geweld op Suid-Afrikaanse plase uit te dra.
Die stappers het aan die lede verduidelik wat die motivering agter hul staptog is en waarom hulle dit belangrik ag om hierdie boodskap deur die land te neem.
Thea Du Rand, sekretaresse van die VLU Mareetsane-tak, het daarna ’n gebed gedoen vir die veiligheid en beskerming van ons plaasboere en hul werkers, asook vir almal wat daagliks hul lewens en werk in die landbougemeenskap voortsit.
Voor die groep hul tog voortgesit het, het die VLU-lede vir hulle koekies en koeldrank oorhandig as ’n klein gebaar van ondersteuning en bemoediging.