Antjie Badenhorst en Ps. Jan Venter as die omgee groep van Hoërskool Louis Trichardt wat huidiglik uit 18 studente en 1 volwassene bestaan. Ons leuse is dit van die skool. Daarom “Waak en Werk” ons vir die welsyn van skooliere d.m.v fondsinsamelings, ondersteuningsgroepe, veldtogte en ʼn Voedingskema. Ons reik ook uit na ons gemeenskap, en wil graag ʼn verskil maak op enige moontlike wyse. Elke jaar
het ons ʼn verkiesing waar enige belangstellende student registreer en ʼn onderhoud ondergaan. Na hierdie proses word hul dan geëvalueer deur die paneel van die vorige jaar, wat bestaan uit die Opsigter, Voorsitter, Sekretaresse, en Tessourier. ʼn Hoof van elke graad word ook aangewys en die nuwe paneel word voor gestem deur die ledemate. Die res van die lede word ingedeel onder hul HVG en as ʼn span vat hul dan verantwoordelikheid vir die graadgroep wat aan hul geallokeer is.