04/06/2026
🐂 BEK-EN-KLOUSEER: NOORDWES MOET NOU OPTREE 🐂
Die kommer oor die Noordwes-regering se hantering van die bek-en-klouseer- uitbreking neem toe. Noordwes bly die episentrum van die uitbreking in Suid-Afrika en enige tekortkominge in beheermaatreëls hou 'n ernstige risiko vir die hele rooivleisbedryf en voedsel- sekerheid in.
Die RPO Noordwes doen 'n beroep op alle produsente om waaksaam te bly, biosekuriteitsmaatreëls streng toe te pas en verdagte gevalle onmiddellik aan te meld.
Samewerking tussen produsente, georganiseerde landbou, privaat veeartse en die staat bly van kritieke belang om die verspreiding van die siekte te beperk.
Saam beskerm ons ons kuddes, ons bedryf en ons toekoms.
Noordwes is tans die episentrum van die bek-en-klouseer-uitbreking (BKS) in Suid-Afrika en huisves een van die grootste kommersiële beeskuddes in die land.