16/10/2026
π Positiewe gesprekke met Minister Willie Aucamp op 15 en 16 Oktober 2026
Tydens die minister se besoek aan die Tosca-omgewing is belangrike rooivleissake bespreek.
π Belangrike terugvoer oor entstowwe:
β
Eerste inentings: Die staat sal voortgaan om eerste inentings uit noodvoorrade te voorsien.
β
Tweede inentings (boosters): Produsente word versoek om hul eie entstof deur RMIS aan te koop teen tans ongeveer R46 per dier.
β
Nuwe uitbrekings: entstof sal beskikbaar gestel word om nuwe uitbrekings in die Molopo-gebied te bekamp.
Ander belangrike sake, waaronder rondloperdiere en die grenssituasie, is ook bespreek.
π Ons opregte dank aan Rudy Slippers, Nicol Muller, Neels Grobbelaar en dr. Gert Coetzee vir hul betrokkenheid en die verteenwoordiging van ons produsente se belange.
π€ Dankie ook aan Minister Willie Aucamp vir sy bereidwilligheid om met produsente in gesprek te tree.
π΄ RPO NOORDWES
Jou stem in die Rooivleisbedryf!