24/10/2026
Hou kinders veilig in en rondom water..🌊🧸
Jou optrede:
✔Kinders mag nooit sonder volwasse toesig swem nie. Waarsku kinders ook teen hardloop, eet en wild speel langs en in die swembad.
✔Die swembad moet omhein en toegemaak wees met SABS goedgekeurde net.
✔Ondersoek vakansieverblyf en wanneer onbekende huise besoek word vir alle watergevare.
✔Wanneer jy oor swemmende kinders waak, mag jy nie toelaat dat enigiets jou aandag aftrek nie. Moet nooit onder die invloed van alkohol na kinders omsien of swem nie.
✔Leer hoe om KPR te doen. Onthou enige poging is beter as geen. Weet wat om te doen in 'n noodgeval.
✔Maak seker dat enige houer wat water bv. reenwater opgegaar het dadelik leeggemaak en verwyder word.
✔Leer jou kind waterveiligheid en om altyd te vra voor hy/sy gaan swem en nooit af te dwaal of alleen te swem nie, ongeag van haar/sy swemvermoeë of ouderdom, en nooit te duik of spring in onbekende water nie, of wanneer daar mense in die pad is nie.
✔En die bure/vriende se swembad? As die veiligheidsmaatreëls nie na wense is nie, maak seker jou kinders kan nie daar uitkom nie!
✔As jou kinders bedags by ’n oppasser tuisbly, maak seker sy kan swem en dat sy al die veiligheidsmaatreëls verstaan en dat sy opgelei word in KPR.
Nog wenke
✔Moet nooit jong kinders alleen of in die toesig van 'n ander kind (ouer boetie of sussie) laat in die bad of naby ander water gevare nie.
Ignoreer die telefoon en deurklokkie, of neem jou kind saam.
✔Gebruik ’n nie-gly rubber matjie in die bad.
✔Toilette moet met ’n veiligheidsknippie toe gehou word.
✔Maak die bad, emmers en klein plasswembadjies dadelik leeg as jy klaar is, stoor weg van kinders en moet dit nie laat rondstaan nie.
✔Sorg dat jou visdammetjie ook beveilig is met 'n net.
✔Maak seker die tuinier verstaan ook die belangrikheid van waterveiligheid sodat hy nie die swembadhekkie ooplaat of die net verwyder nie.
✔Sorg dat kinders nie toegang het tot die jacuzzi nie.
✔As julle naby ’n rivier, vlei of dam woon, maak seker jou tuin is omhein sodat die kinders nie by die waterbron kan kom nie.
✔Dra lewensreddings baadjies op 'n boot sowel as in en om natuurlike water (riviere, damme ens.).
✔Hou jou kinders dop op die strand en moenie swem waar daar nie lewensredders aan diens is nie. Swem tussen die rooi en geel vlaggies.
✔Leer noodnommers uit jou kop en maak seker dat wieookal jou kinders oppas ook die nommers ken en weet wat om in ’n noodgeval te doen..
Saam kan ons kosbare lewens red!
Verdrinking is voorkombaar..