16/11/2025
Kry solank julle pienk & blou uitrustings, tekkies, kouse, haarstrikke en tutu's gereed! Woensdag 19 Nov is om die draai en bid ons dat die weer omstandighede ons goedgunstig sal wees! Die projek inkomste sal vir terminale kankerpasiënte se tuisversorging aangewend word. Kontak Wollie Van Schalkwyk by 0769004108 vir meer besonderhede. Ons bedank ook graag Kroonstad Rotary's Johan Spaski Geldenhuis vir sameweking om hulle klubhuis te kan gebruik vir ons projek! Daar sal badkamer geriewe beskikbaar wees. Kom ondersteun ons asb?
Felicity Combrinck