Griekwa Nasionale Konferensie van S.A

Griekwa Nasionale Konferensie van S.A Sy Edele Opperhoof Alan Andrew Le Fleur dien as die huidige Opperhoof.

Andrew Abraham Stockenström le Fleur I is verkies tot leier van die Griekwa-Volk deur die Uitvoerende Raad van die Griekwa in Junie 1894 knap daarna in 1896 trou hy met Ragel Kok.

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Howelike Huis, Leiers en Volksgenote.Die GNKSA onder leiding van Opperhoof Alan ...
17/03/2026

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Howelike Huis, Leiers en Volksgenote.

Die GNKSA onder leiding van Opperhoof Alan A Le Fleur het op Sondag 15 Maart 2026 ons eerste volksdag vir 2026 opgehou nl. die geboortedag van Opperhoof Abraham Le Fleur (10 Maart 1897). Die volksdag was deur 16 takke van die GNKSA opgehou nl. Gauteng, Phillipolis, Oppermansgronde, Colesberg, De Aar, Kimberley, PE, Tsitsikama, Kurland, Kranshoek, George, Mosselbaai, Hawston, Kaapstad, Vredendal en Lutzville.

Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Howelike Huis, Leiers en alle volksgenote word hartlik bedank vir u ondersteuning en bywoning tydens die volksdag.

Kom ons bly GLO WAT ONS VIR GOD VRA.

Volksgroete
GNKSA Dagraad

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Howelike Huis, Leiers en Volksgenote. Die Ere-begrafnis begrafnis van Moeder Shi...
17/02/2026

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Howelike Huis, Leiers en Volksgenote.

Die Ere-begrafnis begrafnis van Moeder Shirley(Mary) Cloete was gehou op Saterdag 14 Februarie 2026 te Kranshoek.

Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Leiers, Lyfwagkoor, Erewag, Vog en Volksgenote word bedank vir hul teenwoordigheid.

Volksgroete
GNKSA Dagraad

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Howelike Huis, Leiers en Volksgenote. Sy Edele Opperhoof A A Le Fleur, Hoof C Va...
13/01/2026

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Howelike Huis, Leiers en Volksgenote.

Sy Edele Opperhoof A A Le Fleur, Hoof C Van Eeden (GNKOT Voorsitter) en leiers het vandag (13 Januarie 2026) vergader met Minister Ricardo Mackenzie( Departement van Kultuursake en Sport:Weskaap) te GNKSA Hoofkantoor, Kranshoek rakende Kultuursake.

Volksgroete

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Howelike Huis, Volksleiers en Volksgenote. Ere-begrafnis van Wyle Moeder Minnie ...
03/01/2026

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Howelike Huis, Volksleiers en Volksgenote.

Ere-begrafnis van Wyle Moeder Minnie Ganga te Kranshoek op 03 Januarie 2026.

Volksgroete
GNKSA Dagraad

Sy Edele Opperhoof Alan le Fleur, saam met, v.l.n.r. Onderburgemeester Kolwapi, Uitvoerende Burgemeester Kamkam en Speak...
03/01/2026

Sy Edele Opperhoof Alan le Fleur, saam met, v.l.n.r. Onderburgemeester Kolwapi, Uitvoerende Burgemeester Kamkam en Speaker Busakwe van Bitou Munisipaliteit, tydens die erebegrafnis van moeder Mienie Ganga, te Kranshoek op 3 Januarie 2026.

02/01/2026

Lof is ons lewe

02/01/2026

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Howelike Huis, Volksleiers en Volksgenote.

Kore optog te Plettenbergbaai op 30 Desember 2025.

Volksgroete

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Howelike Huis, Volksleiers en Volksgenote. Die Raad van Hoofde geneem op 31 Dese...
01/01/2026

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Howelike Huis, Volksleiers en Volksgenote. Die Raad van Hoofde geneem op 31 Desember 2025.

Volksgroete

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Howelike Huis, Leiers en Volksgenote. Sy Edele Opperhoof Alan A Le Fleur, Hoof E...
21/12/2025

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Howelike Huis, Leiers en Volksgenote.

Sy Edele Opperhoof Alan A Le Fleur, Hoof E Barron, Hoof E Beukes, President C de Waal, Erelid SW Jansen, Vog, Lyfwagkoor en Leiers van Vredendal het op Sondag 21 Desember 2025 die pelgrimstog van 2025 begin te Ratelgat.

Die dag was begin met die tradisonele vroeë-more biduur, gelei deur Lr E Beukes. Die gees van lof het reeds tydens die biduur begin heers. Om 10:30 het die begeesterde seremonie by die geweide terrein begin met gewyde lofsang deur die Lyfwagkoor in hul volle glorie. Die geleentheid is geopen met gebed deur deur Lr E Beukes. Die predikasie is behartig deur GIK President, Lr C de Waal. Die offergawe is daarna opgeneem deur Hoof E Barron en ingeseën deur Lr C de Waal. Toesprake is gemaak deur Erelid SW Jansen, Hoof E Beukes en Hoof E Barron. Daarna het die kranslegging plaasgevind deur Sy Edele Opperhoof, geondersteun deur Hoof E Barron en lede van die Vog onderwyl die Lyfwagkoor die Ratelgat lied sing. Die spesiale gebedsessie volg deur Sy Edele Opperhoof, President C de Waal en die Vog onderwyl die Lyfwagkoor Gods lof besing. Daarna volg die Opperhoof se geweide lied deur die Lyfwagkoor. Die bedankings is gedoen deur Adjunk Lionel Saal van Vredendal-tak en Hoof E Beukes. Die geleentheid word afgesluit met gebed deur Lr E Beukes, waarna die Onse Vader, Seënlied en tradisionele kringgroet volg.

Volk van God doen die order, maan God op Sy belofte. Bly by die insettinge en veroderninge van die Volksroeping. God sal ons in Sy pylkoker bewaar, mits ons die order en insettinge gehoorsaam.

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Jonghoofde, Howelike Huis, Leiers en Volksgenote. Lede van die Dagraad het met d...
16/11/2025

Geagte Sy Edele Opperhoof, Kroonmoeder, Jonghoofde, Howelike Huis, Leiers en Volksgenote.

Lede van die Dagraad het met die toestemming van Sy Edele Opperhoof oor die naweek van 15 en 16 November 2025 'n kommissie tog afgelê in De Aar en Colesberg. Lede wat hierdie kommissie tog meegemaak het is Hoof E Barron, Hoof E Beukes, President Lr C de Waal, Visi-President Lr J Ruiters, Erelid SW Jansen, President C Cloete en Nasionale Vroue Voorsitter S Barron.

Die kommissie tog het begin met 'n besoek te Victoria-Wes aan Moeder Siena (97 jaar oud). Daarna was n besoek afgelê aan Lr J Swarts (De Aar) te Britstown. Te De Aar was ook besoek afgelê aan Moeder Lena en Moeder Sanna. Hierdie besoeke was die grondslag vir 'n suksesvolle kommissie tog.

Die volksgenote van De Aar was toegespreek en bemoedig deur die kommissie lede. Die kommissie het toe vertrek na Colesberg. 'n Gees gevulde lof sessie het toe plaasgevind.

Met toestemming van die Tak-Leraar is die Erediens behartig deur Lr E Beukes. Die volksgenote van Colesberg is op Sondag 16 November 2025 deur die kommissie toegespreek en aangemoedig na afloop van die Erediens.

Die loflied, Ek het die regte grond gevinde het oor die hele naweek geheers.

Graag word Sy Edele Opperhoof bedank vir die toestemming dat hierdie kommissie tog besoek kon plaasvind.

Die volksgenote van Victoria-Wes, De Aar en Colesberg word hartlik bedank vir hul opkoms en goeie ontvangs.

Alle sterkte met die werksaamhede op die onderskeie takke.

Volksgroete
GNKSA Dagraad

Address

236 Manjanie Laan
Kranshoek Griekwa Nedersetting
6600,PLETTENBERGBAY,WESTERNCAPE

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27445339338

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Griekwa Nasionale Konferensie van S.A posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Griekwa Nasionale Konferensie van S.A:

Share