SBA - Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans

SBA - Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans Die SBA poog om geletterde, selfonderhoudende en omgewingsbewuste gemeenskappe deur die gebruik van Afrikaans te help vestig.

Moontlikheid is waar groei begin.Dit is die geloof dat iets beter kan wees, dat nuwe paaie oopgaan en dat elke mens die ...
04/06/2026

Moontlikheid is waar groei begin.

Dit is die geloof dat iets beter kan wees, dat nuwe paaie oopgaan en dat elke mens die kans het om te ontwikkel.

👉 Watter woord beskryf jou maand? Deel dit in die kommentaar.

25/05/2026

Op Afrikadag vier ons die rykheid van taal op ons kontinent, ook hier by die huis.

Die Kokerboom is ’n tydlose verhaal wat spesiaal vir Suid-Afrikaanse jong lesers verwerk is om lees-vir-genot aan te moedig.

’n Verkorte weergawe van die boek is beskikbaar in al 12 amptelike landstale (insluitende Gebaretaal), omdat toegang tot stories vir almal belangrik is.

Ons vier nie net Afrikaans nie, maar ook die tale van Afrika wat ons gemeenskappe vorm en verryk.

🌍 Lees en ontdek meer hier:https://sbafrikaans.co.za/wp-content/uploads/2025/08/kokerbook-11-tale-148-x-210mm-digitaal.pdf

20/05/2026

Deur Afrikaans as vertrekpunt te gebruik, maak ons kennis en stories toeganklik vir meer mense.

Ons publikasies, oudiostories, verklankings en projekte word ook vertaal en aangepas sodat dit deur verskillende gemeenskappe en vermoëns bereik kan word.

Dis hoe taal ’n deur oopmaak, nie net vir begrip nie, maar vir deelname. Vind meer uit: https://sbafrikaans.co.za/wie-is-ons/

Hier deel ons stories van regoor Suid-Afrika.Van videoreekse en idiome tot kinderboeke en gemeenskapsprojekte.Volg die b...
18/05/2026

Hier deel ons stories van regoor Suid-Afrika.

Van videoreekse en idiome tot kinderboeke en gemeenskapsprojekte.

Volg die blad en bly deel van hoe taal elke dag geleef word.

👍 Volg ons en kyk hoe stories ontvou.

As belegging in die kunste wat op verskeie vlakke ook die taalomgewing dien, het die SBA tydens die Proscenium Dramakomp...
15/05/2026

As belegging in die kunste wat op verskeie vlakke ook die taalomgewing dien, het die SBA tydens die Proscenium Dramakompetisie die geleentheid aan een voornemende student gebied om ’n beurs te ontvang vir die voltooiing van ’n drie jaar graadkursus in Drama aan ’n universiteit van hul keuse landswyd. Alle graad 11 en 12 deelnemers wat aan die finale rondes van die kompetisie deelgeneem het, kon aansoek doen. Die beurs is uiteindelik toegeken aan Kayle Farmer, ‘n graad 12-leerling van Hoërskool Alexanderbaai in die Noord-Kaap.

13/05/2026

Taal is meer as net woorde.

Dit dra stories, herinneringe en kennis van een geslag na die volgende.

Wanneer mense hul taal kan lees, hoor en gebruik, groei selfvertroue en gemeenskappe floreer.

Dis hoe taal ’n brug word tussen mense, idees en nuwe moontlikhede. Vind meer uit oor die SBA: https://sbafrikaans.co.za/

As ’n trotse vennoot van die Proscenium Dramakompetisie, aangebied vanaf 7 – 9 Mei by die Kunstekaapteater, is die SBA b...
11/05/2026

As ’n trotse vennoot van die Proscenium Dramakompetisie, aangebied vanaf 7 – 9 Mei by die Kunstekaapteater, is die SBA baie opgewonde om vanjaar weer betrokke te kan wees by die veraardiging van ’n teaterproduksie as uitvloesel van die kompetisie.

Sewe deelnemers van die kompetisie is Saterdagaand aangewys vir die volgende SBA-produksie met die regisseur Byron Klassen, wat ook Joshlin: Meer as ’n naam regisseer het, en Miché van Wyk as die skryfster, wat ook ’n stuk vir die SBA se Adam Small90-teaterprojek geskryf het.

Die gekose deelnemers is: Ben Ackerman (Hoërskool Martin Oosthuizen, Kakamas), Jeswaan Boneparte (Hoërskool Carel du Toit, Steytlerville), Kayle Farmer (Hoërskool Alexander Bay), Janru Steenkamp (Hoërskool Durbanville), Thakgalo Sello (Hoërskool Riebeeckrand, Randfontein), Nurudien Wyngaard (Hoërskool Stellenbosch High, Edwardo Kok (Pioneerskool, Worcester).

Baie kinders se eerste stories begin by ’n ma.Sy lees, sy leer, sy luister en sy bou selfvertroue lank voor ’n kind ooit...
10/05/2026

Baie kinders se eerste stories begin by ’n ma.

Sy lees, sy leer, sy luister en sy bou selfvertroue lank voor ’n kind ooit in ’n klaskamer sit.

Vandag vier ons die rol wat moeders speel in taal, leer en elke kind se begin.

Ongekarteerde drome en Langs die pad uitsak sluit hierdie besonderse huldeblyk af, ’n viering van Adam Small se nalatens...
03/05/2026

Ongekarteerde drome en Langs die pad uitsak sluit hierdie besonderse huldeblyk af, ’n viering van Adam Small se nalatenskap en invloed.

📍 ATKV Repteater
🕒 09:30
⏱️ 30 min

Gratis toegang. Jy hoef nie ’n feeskaartjie te hê nie.

Sien jou daar.

Vandag is daar nóg meer kans om Adam Small 90 te beleef.Twee dubbelvertonings bring nuwe perspektiewe op Adam Small se w...
02/05/2026

Vandag is daar nóg meer kans om Adam Small 90 te beleef.

Twee dubbelvertonings bring nuwe perspektiewe op Adam Small se werk na die verhoog: kort, kragtig en relevant.

Adam Small 90 – deel 2
Tussen vlugte en Waar oekal djy belong
🕒 12:45 & 18:45

Adam Small 90 – deel 1
Ongekarteerde drome en Langs die pad uitsak
🕒 14:15 & 20:15

📍 ATKV Repteater
⏱️ 30 min elk

Gratis toegang. Geen feeskaartjie nodig nie.

Kom kyk saam.

Address

Eenheid 2 Stonewood Besigheidspark Tanzanite Singel 9
Kraaifontein
7570

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when SBA - Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to SBA - Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans:

Share