Caritas Community Focus

Call Directions Website Contact the organization

Caritas Community Focus Caritas Community Focus Die organisasie het ‘n ryke geskiedenis van meer as 132 jaar. Die orgaisasie is onlangs in ‘n maatskappy sonder wins geplaas.

Beginnende met die stigting van Kestell Kinderhuis aan die einde van die negentiende eeu. Die organisasie was deur die jare betrokke by die ophef van die behoeftiges, veral die versorging van verwaarloosde kinders. Die organisasie het deur die jare ontwikkel in ‘n maatskaplike werkorganisasie wat nou met die kerk en staat saamgewerk het. Ons is onvoorwaardelik verbind tot die beginsels van dissipline, deursigtigheid, onafhanklikheid, rekenpligtigheid, verantwoordelikheid en eerlikheid. Die bestuur streef na die uitleef van die kernwaardes van integriteit en ondernemingsgees, tesame met die voorneme om te alle tye die beste belange van die organisasie en sy diensontvangers te soek. In ‘n land vol wanhoop, geweld en armoede poog Caritas Gemeenskapsfokus om hoop te bring vir ‘n ontwrigte samelewing. Caritas Gemeenskapsfokus streef na die heling van die mens in sy gemeenskap. In naloop van Jesus Christus dra Caritas Gemeenskapsfokus in liefde by tot die:
• herstel en ontwikkeling van gemeenskappe
• bemagtiging van gesinne
• beskerming en versorging van kinders en ouer persone
• heling deur gespesialiseerde terapie

Ons het ons naam na Caritas Gemeenskapsfokus verander omdat ons ons dienste verskuif na gemeenskapsontwikkeling. Ons poog om met ‘n meer hoop-gewende benadering te fokus op gemeenskapsentiteite waarbinne die moontlikheid van groei, ontwikkeling en selfstandigheid ingebed lê. Ons glo dat die ontwikkeling van kinders die beste kans het om volhoubare verandering in gemeenskappe teweeg te bring. Hierin speel gesonde gesinne ‘n deurslaggewende rol. By Caritas Gemeenskapsfokus besef ons dat ons in die toekoms tot ʼn groot mate self fondse sal moet genereer om gemeenskapsontwikkelingsprojekte te finansier. Om dit te kan doen moet die organisasie binne homself sodanige programme vestig en op vernuftige wyse uitbou tot dienste waarsonder die samelewing nie kan klaarkom nie. Dienste waarmee ons fondse kan genereer. Ons werk graag mee aan die heling van die gemeenskappe in Noord-Kaapland en Noordwes. Ons lewer dienste waarmee ons meewerk aan die uitvoering van die Nasionale Ontwikkelingsplan van Suid-Afrika. Ons Waardes kom uit 1 Korintiërs 13:13 waar die Latynse vertaling liefde vertaal met caritas. Die Afrikaanse vertaling lui: “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde. Nie geloof of hoop nie maar caritas! By Caritas ons onsself verbind om in liefde te streef na die heling van die mens in sy gemeenskap.

🌿 A special day out, with so much to be thankful for! 💚Caritas would like to say a heartfelt THANK YOU to Infinite Safar...
20/10/2026

🌿 A special day out, with so much to be thankful for! 💚

Caritas would like to say a heartfelt THANK YOU to Infinite Safaris Africa nfinite Safaris Africa and Henu Cronje for treating our children to a special hunting trip and a lovely lunch. 🚙🌾

From the ride in the safari vehicle to time spent in the veld and gathering around the lunch table, the outing gave the children an opportunity to enjoy the outdoors and make memories together. 🍽️✨

Thank you for sharing your time, welcoming our children and putting so much care into the day. We truly appreciate your generosity and the effort that made this experience possible.

s

With love and gratitude from the children and the Caritas team. 💚🤗

VAKATURE: VERSORGERCaritas Kinder- en Jeugsorgsentrum Jannie Roux Kampus, Barkly-WesHet jy ’n hart vir kinders? Sluit by...
20/10/2026

VAKATURE: VERSORGER

Caritas Kinder- en Jeugsorgsentrum Jannie Roux Kampus, Barkly-Wes

Het jy ’n hart vir kinders? Sluit by ons span aan en help om kinders met omgee en ondersteuning te versorg en te ontwikkel.

VEREISTES

Graad 12 en ’n geakkrediteerde NQF-vlak 4-kwalifikasie in Child and Youth Care Work.

’n Kode 8-rybewys, goeie kommunikasievaardighede en empatie vir kinders.

Die vermoë om met getraumatiseerde kinders te werk.

Inwoning is verpligtend. Kandidate moet bereid wees om skofte en bystandsdiens te werk.

DOEN AANSOEK

Voltooi die amptelike aansoekvorm, verkrygbaar by die bestuurder of ontvangs. Heg jou volledige CV en gewaarmerkte afskrifte van jou sertifikate en ID aan.

Aansoeke: [email protected]

Navrae: 083 447 2812

Sluitingsdatum: 23 Oktober 2026

Registrasie nr: 038 135 NPO

EE-posisie: Gestremde persone is welkom om aansoek te doen.

Deel gerus met iemand wat geskik is vir hierdie geleentheid!

Kom geniet die dag saam met ons, die baan is baie mooi en as jy nie kan kom speel nie, gee 'n donasie en maak 'n verskil...
17/10/2026

Kom geniet die dag saam met ons, die baan is baie mooi en as jy nie kan kom speel nie, gee 'n donasie en maak 'n verskil in 'n kind se lewe. Jou hulp beteken alles vir ons!

Tyd vir aksie op die gholfbaan! Kom geniet die dag saam met ons, die baan lyk ongelooflik mooi. Kan jy dit nie haal nie?...
16/10/2026

Tyd vir aksie op die gholfbaan! Kom geniet die dag saam met ons, die baan lyk ongelooflik mooi. Kan jy dit nie haal nie? Jy kan steeds deel wees van die impak—gee 'n donasie en maak 'n verskil in 'n kind se lewe.

Kom geniet die dag saam met ons! Die baan is baie mooi en die geselskap sal ewe goed wees. En as jy nie kan kom speel ni...
16/10/2026

Kom geniet die dag saam met ons! Die baan is baie mooi en die geselskap sal ewe goed wees. En as jy nie kan kom speel nie, is jou bydrae net so welkom: gee 'n donasie en maak 'n blywende verskil in 'n kind se lewe. 💙

📢 VAKATURE BESKIKBAAR: MAATSKAPLIKE HULPWERKERCaritas Gemeenskapsfokus Kimberley is op soek na ’n toegewyde, verantwoord...
16/10/2026

📢 VAKATURE BESKIKBAAR: MAATSKAPLIKE HULPWERKER

Caritas Gemeenskapsfokus Kimberley is op soek na ’n toegewyde, verantwoordelike en gemeenskapsgerigte Maatskaplike Hulpwerker om by ons span aan te sluit. 💜🩵

Die geskikte kandidaat sal onder andere ondersteuning aan kliënte en maatskaplike werkers bied, opvolgwerk doen, gemeenskapsprojekte help koördineer en betrokke wees by administrasie en verslagdoening.

Die pos sluit ook take in soos kliënte-inname, ondersteuning met voorkomings- en bewusmakingsprojekte, lewensvaardigheids- en emosionele intelligensiegroepe, administratiewe ondersteuning, netwerking met gemeenskappe en ander organisasies, asook betrokkenheid by bemarking en fondsinsamelingsprojekte.

📅 Sluitingsdatum: 16 Oktober 2026
📧 Stuur jou aansoek na: [email protected]
📞 Navrae: 083 447 2812
📍 Adres: 72 Lawson Street, Labram, Kimberley

CARITAS Gemeenskapsfokus
Registrasie nr: 037-545 NPO

♿ EE Posisie – Gestremde Persone Welkom om Aansoek te Doen

Ken jy iemand wat perfek vir hierdie geleentheid sal wees? Deel gerus hierdie plasing en help ons om die regte persoon te bereik.

Mense maak ’n verskil. Saam bou ons sterker gemeenskappe. 💜🩵

Speel vir 'n goeie doel! Kom geniet die dag saam met ons op 'n pragtige baan. Kan jy nie speel nie? Geen probleem nie—ge...
15/10/2026

Speel vir 'n goeie doel! Kom geniet die dag saam met ons op 'n pragtige baan. Kan jy nie speel nie? Geen probleem nie—gee net 'n donasie en help om 'n kind se lewe te verander.

Address

72 B Lawson Street
Kimberley
8301

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:00
Tuesday 07:30 - 16:00
Wednesday 07:30 - 16:00
Thursday 07:30 - 16:00
Friday 07:30 - 16:00

Telephone

+27871505041

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Caritas Community Focus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Caritas Community Focus:

Shortcuts

Share