Caritas Community Focus

Caritas Community Focus Caritas Community Focus Die organisasie het ‘n ryke geskiedenis van meer as 132 jaar. Die orgaisasie is onlangs in ‘n maatskappy sonder wins geplaas.

Beginnende met die stigting van Kestell Kinderhuis aan die einde van die negentiende eeu. Die organisasie was deur die jare betrokke by die ophef van die behoeftiges, veral die versorging van verwaarloosde kinders. Die organisasie het deur die jare ontwikkel in ‘n maatskaplike werkorganisasie wat nou met die kerk en staat saamgewerk het. Ons is onvoorwaardelik verbind tot die beginsels van dissipl

ine, deursigtigheid, onafhanklikheid, rekenpligtigheid, verantwoordelikheid en eerlikheid. Die bestuur streef na die uitleef van die kernwaardes van integriteit en ondernemingsgees, tesame met die voorneme om te alle tye die beste belange van die organisasie en sy diensontvangers te soek. In ‘n land vol wanhoop, geweld en armoede poog Caritas Gemeenskapsfokus om hoop te bring vir ‘n ontwrigte samelewing. Caritas Gemeenskapsfokus streef na die heling van die mens in sy gemeenskap. In naloop van Jesus Christus dra Caritas Gemeenskapsfokus in liefde by tot die:
• herstel en ontwikkeling van gemeenskappe
• bemagtiging van gesinne
• beskerming en versorging van kinders en ouer persone
• heling deur gespesialiseerde terapie

Ons het ons naam na Caritas Gemeenskapsfokus verander omdat ons ons dienste verskuif na gemeenskapsontwikkeling. Ons poog om met ‘n meer hoop-gewende benadering te fokus op gemeenskapsentiteite waarbinne die moontlikheid van groei, ontwikkeling en selfstandigheid ingebed lê. Ons glo dat die ontwikkeling van kinders die beste kans het om volhoubare verandering in gemeenskappe teweeg te bring. Hierin speel gesonde gesinne ‘n deurslaggewende rol. By Caritas Gemeenskapsfokus besef ons dat ons in die toekoms tot ʼn groot mate self fondse sal moet genereer om gemeenskapsontwikkelingsprojekte te finansier. Om dit te kan doen moet die organisasie binne homself sodanige programme vestig en op vernuftige wyse uitbou tot dienste waarsonder die samelewing nie kan klaarkom nie. Dienste waarmee ons fondse kan genereer. Ons werk graag mee aan die heling van die gemeenskappe in Noord-Kaapland en Noordwes. Ons lewer dienste waarmee ons meewerk aan die uitvoering van die Nasionale Ontwikkelingsplan van Suid-Afrika. Ons Waardes kom uit 1 Korintiërs 13:13 waar die Latynse vertaling liefde vertaal met caritas. Die Afrikaanse vertaling lui: “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde. Nie geloof of hoop nie maar caritas! By Caritas ons onsself verbind om in liefde te streef na die heling van die mens in sy gemeenskap.

Caritas Kinder- en Jeugsorgsentrum is op soek na ’n toegewyde, verantwoordelike en professionele Maatskaplike Werker wat...
04/09/2026

Caritas Kinder- en Jeugsorgsentrum is op soek na ’n toegewyde, verantwoordelike en professionele Maatskaplike Werker wat ’n betekenisvolle verskil in die lewens van kinders en jongmense wil maak.

Die suksesvolle kandidaat sal onder andere verantwoordelik wees vir:

* Terapeutiese en statutêre werk met kinders
* Die opstel van verslae en ontwikkelingsprogramme
* Groepwerk en die koördinering van programme en aktiwiteite
* Samewerking met ouers, skole, families, maatskaplike werkers en ander professionele persone
* Deelname aan multidissiplinêre vergaderings en konsultasies
* Administratiewe take, statistieke en na-uurse bystandsdiens soos vereis

Ons is op soek na iemand met ’n opregte passie vir kinder- en jeugsorg, goeie kommunikasievaardighede en die vermoë om professioneel binne ’n span te funksioneer.

📧 Aansoeke: [email protected]
📞 Navrae: 083 447 2812
📅 Sluitingsdatum: 18 September 2026

Stuur jou CV en toepaslike ondersteunende dokumentasie per e-pos om vir die pos aansoek te doen.

03/09/2026

Berei jouself voor vir 'n aand van egte Afrikaanse musiek! 🎶 Kom geniet Klipwerf: Hantam Unplugged ten bate van Caritas. Dit gaan 'n aand wees wat jy nie wil misloop nie.

📅 Datum: Saterdag, 19 September 2026
⏰ Tyd: 19:00 – 23:00

📍 Plek: Fire, Landbouweg, Kimberley

Vir kaartjie-inligting en meer besonderhede, besoek https://events.caritas.org.za/.

Pragtige foto's van ons Caritas ECD praktisyns wat die afgelope naweek (29–30 Augustus 2026) 'n inspirerende opknappings...
02/09/2026

Pragtige foto's van ons Caritas ECD praktisyns wat die afgelope naweek (29–30 Augustus 2026) 'n inspirerende opknappingskursus bygewoon het! Hierdie spesiale refresher training is deur Kinderland Akademie van Wellington by Caritas aangebied om ons opvoeders se vaardighede en kennis binne ons kurrikulum verder te slyp.

Glase vol entoesiasme, nuwe idees en passie vir vroeë kinderontwikkeling! Dit is wonderlik om te sien hoe ons span bly groei en altyd streef na die beste vir ons kleuters.

Happy Secretary's Day! 🌸 Today, we celebrate you and the difference you make every single day.Thank you for your dedicat...
02/09/2026

Happy Secretary's Day! 🌸 Today, we celebrate you and the difference you make every single day.

Thank you for your dedication, your skills, your heart, and your endless support. You keep everything — and everyone — together. 🤍

From all of us at Caritas Gemeenskapfokus, thank you for making a big impact every day!

Kom vier die koms van die lente saam met ons en die legendariese Klipwerf Orkes! 🌸 Geniet 'n heerlike middag of aand vol...
01/09/2026

Kom vier die koms van die lente saam met ons en die legendariese Klipwerf Orkes! 🌸 Geniet 'n heerlike middag of aand vol lekker musiek, kuier en dans by The Fire Venue.

Datum: 19 September 2026

Plek: Fire Venue

Kaartjies: Bespreek jou kaartjies nou by events.caritas.org.za of skakel/WhatsApp 083 264 2280 vir meer inligting!

Verandering beteken nie dat die hart verander nie. Vir Caritas beteken dit vernuwing, nuwe energie en ruimte om verder t...
01/09/2026

Verandering beteken nie dat die hart verander nie. Vir Caritas beteken dit vernuwing, nuwe energie en ruimte om verder te groei.

Happy Spring Day! 🌸 Wishing you a wonderful 1st of September filled with new beginnings, joy, and the beauty of fresh gr...
01/09/2026

Happy Spring Day! 🌸 Wishing you a wonderful 1st of September filled with new beginnings, joy, and the beauty of fresh growth. 🤍

From all of us at Caritas Gemeenskapfokus — may this new season bring hope and warmth to you and your community.

Address

72 B Lawson Street
Kimberley
8301

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:00
Tuesday 07:30 - 16:00
Wednesday 07:30 - 16:00
Thursday 07:30 - 16:00
Friday 07:30 - 16:00

Telephone

+27871505041

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Caritas Community Focus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Caritas Community Focus:

Shortcuts

Share