23/08/2026
Goeiemôre julle..Vrydagaand deel ek n̈ stemnota op my whatsapp status oor die belofte van die HERE wat getrou is.
Gister net so voor 12h00 ontvang ek n̈ oproep van n̈ dame wat aan ons 3 10kg combos met olie wil skenk. Mense,u weet nie wat dit daardie oomblik aan my gedoen het,net om te besef hoe wonderlik HY is. By Shoprite gekom het sy vier combos waarvan die een vir myself is met 2lt Coke..mense,mense,mense die HERE is GETROU! Ons kom ooreen om net 2 combos te neem vir Walk-by-Faith met 2 5kg hoender en n̈ combo vir my.
Ek sit gister namiddag en vra die HERE:
"Wie is ek dan dat HY aan my d**k en die antwoord kom onmiddelik: EK IS WAT EK IS,JOU VOORSIENER EN JY IS VIR MY KOSTELIK EN HOOGGEAG IN MY OË."
Ek wil dus iemand vanmôre bemoedig en sê: Vertrou HOM,HY is en bly GETROU!!
Aan ons skenker:
Die HERE het die saad wat u gister gesaai het gesien en ek verseker u dat HY sal seer sekerlik toelaat dat u sal oes daarvan,die GUNS van GOD oor u,u finances en familie. BAIE DANKIE toe HY vir u sê Walk-by-Faith het u geluister..
Aan u wie ook in die toekoms moontlik n̈ skenking aan Walk-by-Faith wil maak kontak ons gerus by 073 198 3506,baie dankie!