VLV Hanekam Uitenhage

VLV Hanekam Uitenhage Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from VLV Hanekam Uitenhage, Community Service, 8 Thorn Street, Kariega.

20/02/2026
LEEFSTYL het die maand ons algemene vergadering gelei op 'n TROTS AFRIKAANSE MANIER!Sjef Francois Binneman het ons sy wo...
23/10/2025

LEEFSTYL het die maand ons algemene vergadering gelei op 'n TROTS AFRIKAANSE MANIER!

Sjef Francois Binneman het ons sy wonderlike lewensverhaal vertel, waarna hy ons gewys het hoe om 'n salami roos te maak vir 'n kaasbord en om heerlike Halloumi kaas te braai. Ons was bevoorreg om dié sjef by ons te verwelkom.
Die manne was welkom om ook die vergadering by te woon, en van hulle het sommer vir ons gebraai.
Wat 'n heerlike aand🔥




🎨 KUNSTE EN HANDVLYT 🎨Op 24 Julie 2025 het Kunste & Handvlyt 'n propvol en inspirasievolle aand aangebied. Ons was bevoo...
28/07/2025

🎨 KUNSTE EN HANDVLYT 🎨

Op 24 Julie 2025 het Kunste & Handvlyt 'n propvol en inspirasievolle aand aangebied.

Ons was bevoorreg om Kristi Theron as ons gasspreker te verwelkom. Sy het op ń boeiende wyse met ons gesels oor kunsterapie, die invloed van kuns op die onderbewussyn en die helende krag wat kuns kan bied.

Elke dame het haar eie tang saamgebring en met groot entoesiasme en kreatiwiteit haar eie draad-juweliersboompie ontwerp en geskep. Die kreatiwiteit was aansteeklik en die atmosfeer vol geesdrif en saamwees.

Ons het verder saam gekuier rondom ‘n heerlike driegangmaaltyd – ‘n ware fees vir die sintuie en die siel.

Wat 'n voorreg om deel te wees van die VLV Hanekamtak – ‘n plek waar vroue mekaar bemoedig, leer en saam groei.

Elke gas het huis toe gegaan met nie net 'n unieke kunswerk nie, maar ook met 'n stukkie kunsterapie en genesing in hul hart. 💛



'n Kontant donasie van Mnr. Gerhard Coetzer, het dit moontlik gemaak dat ons vir HUIS MINETTE bestanddele vir sop kon sk...
22/07/2025

'n Kontant donasie van Mnr. Gerhard Coetzer, het dit moontlik gemaak dat ons vir HUIS MINETTE bestanddele vir sop kon skenk. Die inwoners gaan definitief heerlike warm sop geniet in die koue weer.



Van ons lede het in Junie 'n paar tehuise besoek en heerlike cupcakes afgelewer vir teetyd.🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁HUIS DE-RUS was di...
20/07/2025

Van ons lede het in Junie 'n paar tehuise besoek en heerlike cupcakes afgelewer vir teetyd.

🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁

HUIS DE-RUS was die 1ste stop, die cupcakes was 'n groot verrassing saam met oggendtee.

HUIS MINETTE se mensies het die bederfie so verwelkom, hulle wou sommer dadelik begin eet.

HUIS ROSA MUNCH se mensies was reeds in die teekamer, toe ons opdaag met die cupcakes.

AANDMYMERING was die laaste stop, cupcakes is gebêre vir middagtee.

Ons neem elke dag vanselfsprekend, nie altyd bewus hoeveel ons het om voor dankbaar te wees nie. En dan ontmoet ons al die mensies wat so dankbaar is, vir net 'n eenvoudige cupcake!

Baie dankie aan elkeen wat 'n bydra gemaak het.

🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁🧁




🌻LANDBOU EN TUINBOU🌻het 19 Junie aangebied.Die gassprekers was Stappies (John Staphorst – Uitvoerende hoof van Oos-Kaap ...
20/07/2025

🌻LANDBOU EN TUINBOU🌻
het 19 Junie aangebied.
Die gassprekers was Stappies (John Staphorst – Uitvoerende hoof van Oos-Kaap Wildbestuur Genootskap) en sy sekretaresse, Natalie van der Mescht. Die onderwerp het gegaan oor jag, die wette en tegnieke van jag en ons bedreigde en beskermde spesies. Die dames se mans was ook welkom om die vergadering by te woon. Daar was lekker gekuier met 'n verwelkomingsdrankie om ons warm te hou.

🍊OPENBARE SAKE het op 19 Mei hulle Algemene Vergadering aangebied. Die gasspreker was Natasha Rocha, eienaar van Rocha N...
20/07/2025

🍊OPENBARE SAKE het op 19 Mei hulle Algemene Vergadering aangebied. Die gasspreker was Natasha Rocha, eienaar van Rocha Natural Products.🍊

Die storie van Rocha Natural Products het begin toe Natasha noodgedwinge iets moes begin doen het, omdat sy en haar kinders gesukkel het met ‘n vel probleem. Natasha het toe haar eie 'essential' olie seep reeks begin maak vir haar gesin. Die afgelope tien jaar het sy Formulasie studeer, en is tans besig om vel wetenskap te studeer. Haar besigheid is gestig in 2020. Al haar produkte is vir jou liggaam, vir oud en jonk, en vir alle vel tipes. Natasha het ook ‘n hele reeks vir mans, sowel as babas. 🍊

Vir meer inligting oor Rocha Natural Products, besoek hulle webwerf by https://rochanaturalproducts.com/.

💙Donderdag, 10 April, was al die lede teenwoordig tydens ons maandlikse vergadering. OPVOEDING & KULTUUR het die vergade...
19/05/2025

💙Donderdag, 10 April, was al die lede teenwoordig tydens ons maandlikse vergadering. OPVOEDING & KULTUUR het die vergadering gelei.
Ons gasspreker, Lizé Oliver, het met ons gesels oor VERHOUDINGS.
Elke dame is bederf met 'n spesiale geskenkpakkie.
Daar was lekker gekuier na die tyd met heerlike kos.💙



🌿Dinsdag, 18 Maart, het ons heerlik gekuier saam met die GESONDHEID span en Heidi Botha. Heidi is 'n maatskaplike werker...
04/04/2025

🌿Dinsdag, 18 Maart, het ons heerlik gekuier saam met die GESONDHEID span en Heidi Botha. Heidi is 'n maatskaplike werker by die plaaslike hospitaal en sy het vir ons meer vertel oor hoekom dit so belangrik is om te Sorg vir die Versorger (Care for the Carer).
Elke dames het 'n oulike geskenkpakkie van haar ontvang na die tyd.🌿



Address

8 Thorn Street
Kariega
6230

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLV Hanekam Uitenhage posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share