Vroue Landbou Unie - Lente Tak

Vroue Landbou Unie - Lente Tak Vroue Landbou Unie tak wat wat verskeie projekte het wat die gemeenskap help en ondersteun. Die klem is op vrouebemagtiging en ondersteuning Almal is welkom !

Die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou Unie (SAVLU) is reeds in 1931 gestig en as ‘n sambreel organisasie, tree dit op in belang van vroue in Suid-Afrika. Ons is ‘n nasionale vroue organisasie wat opvoedingsgeleenthede aan sy lede bied deur middel van kwaliteit programme en projekte lede toe te rus as tuisteskeppers en meelewende landsburgers, sodat hulle hul kennis en vaardighede sal ontwikkel tot vo

ordeel van die gemeenskap en die land en dit aan ander sal oordra. Lente-tak vier vanjaar hul 60ste bestaansjaar. Ons kom elke tweede Dinsdag van die maand byeen by Fontainebleau Gemeenskapskerk, hoek van 4de Laan en Rabiestraat, Fontainebleau, Randburg. Kontak gerus vir Chelize Badenhorst op 082 417 1317 of [email protected] vir verdere details, hoor graag van jou !

11/08/2026
Lente se 73ste verjaarsdag - absoluut verruklik!Vandag het ons Lente se 73ste jaar in absolute styl afgeskop, en glo my,...
11/08/2026

Lente se 73ste verjaarsdag - absoluut verruklik!

Vandag het ons Lente se 73ste jaar in absolute styl afgeskop, en glo my, dit was alles behalwe ’n "vaal gedoente"!

Die lug was gevul met die engelstem van Helene Bester, wat ons herinner het hoekom musiek die siel so goed doen.

Chelize Badenhorst (oud lid van Lente) het ons gewys hoe om die "onlekker" uit onthaal te haal. Met drie asemrowende tafels, spyskaarte en resepte wat jou mond laat water, het sy ons geleer dat gasvryheid nie ’n "moet-kosmaak-straf" is nie, maar ’n kuns. Sy het ons gewys hoe om die mooi in ons eie kaste raak te sien en ’n gewone kuier op te tower in iets onvergeetliks.

Verrassingspakkies is uitgedeel en gaste is getrakteer met tuisgemaakte turkse lekkers en ń sjampanje-roos sepie.

Natuurlik is geen feesviering volledig sonder ’n tafel wat kreun nie. Ons het aangesit vir tee by ’n tafel wat letterlik gesmeek het om genade onder die gewig van al die lekkernye. Van quiches, toebroodjies, groente- en vrugteborde, frikadelletjies, knapworsies, pienk kolwyntjies, koeksisters, melktertjies, Paula se blokkies en suurlemoenkoppies, (suikerspitstyd van formaat!)

Dankie aan elke feesvierder wat hierdie dag een gemaak het om te onthou.
Lente, op nog vele jare van floreer en lekker kuier!

Die Julie-vergadering by Lente het ons uitgedaag met interessante kompetisie artikels & 'n uiters interessante spreker, ...
23/07/2026

Die Julie-vergadering by Lente het ons uitgedaag met interessante kompetisie artikels & 'n uiters interessante spreker, Hamiltons Wende. Hy kon ons eerstehands vertel & wys hoe skrikwekkend oorlog is, nadat hy onder andere in Afghanisistan as oorlog-korrespondent opgetree het in 2012. Dankie Helene, Lorette, Hilléze, Lynette en Esther Spies vir 'n wonderlike vergadering!

21/07/2026
Anneke, Sharné en Aaltjie woon die streeksvergadering by op 24 Junie.
27/06/2026

Anneke, Sharné en Aaltjie woon die streeksvergadering by op 24 Junie.

Junie vergadering het ons harte, siele & magies vol & warm gemaak...kleurvol, inspirerend, informatief en gesellig! Baie...
09/06/2026

Junie vergadering het ons harte, siele & magies vol & warm gemaak...kleurvol, inspirerend, informatief en gesellig! Baie dankie Yolandi, Wilna, Corrie, Sonia, Betsie & Marié Keartland

Hallo Lente-lede.Onthou vir ons volgende vergadering.
21/05/2026

Hallo Lente-lede.
Onthou vir ons volgende vergadering.

So maak mens: stik-en-snipklas.Anneke en Marietjie het die klas aangebied. Kyk hoe heerlik het Lente geleer, gekyk, gest...
20/05/2026

So maak mens: stik-en-snipklas.
Anneke en Marietjie het die klas aangebied.
Kyk hoe heerlik het Lente geleer, gekyk, gestik, geknip en gekuier.
“Hands on” soos hulle in Engels sal sê.

Welkom aan Dottie Ras en Mary Oosthuizen. Twee nuwe lede. Lente is nou 52 lede sterk⭐️
13/05/2026

Welkom aan Dottie Ras en Mary Oosthuizen. Twee nuwe lede. Lente is nou 52 lede sterk⭐️

Address

Johannesburg

Telephone

+27824171317

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vroue Landbou Unie - Lente Tak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Vroue Landbou Unie - Lente Tak:

Shortcuts

Share