VEK Delarey

VEK Delarey Die Volle Evangelie Kerk van God - Logos Gemeente

Sondae Ere Dienste
09h00 &18h00

Kom geniet die oggend saam ons terwyl ons, ons vaders in die gemeente eer!
18/06/2026

Kom geniet die oggend saam ons terwyl ons, ons vaders in die gemeente eer!

Dames, moet dit nie misloop nie!Daar sal ook Curry en Rys bedien word, kry gerus jou kaartjie by Irene! Julle sal hierdi...
15/06/2026

Dames, moet dit nie misloop nie!

Daar sal ook Curry en Rys bedien word, kry gerus jou kaartjie by Irene! Julle sal hierdie baie geniet en dit sal 'n groot seën wees!

Meer Inligting | Irene Labuschagne : 0828672063

14/06/2026

Vanoggend hieroor gepraat en ek deel graag.

Kind van die Here, gaan bietjie uit in die natuur, luister na die voëltjies sing, kyk bietjie na die blomme van die veld [Studeer gerus Mat 6v25-34]

God sorg vir jou!

https://youtu.be/w4ILSSC8_EM?si=1gCSUVsgHjjNdcSt

12/06/2026

UPDATE : TIENA VISAGIE

Vir die afgelope 9 jaar in die gemeente loop ek en Tiena al 'n pad saam, sy het 'n knieg operasie ondergaan en geval by haar huis, ek het vir haar gaan kuier en sy hou goeie moed en vol vertroue dat God met haar is. Sy is vol grappies soos altyd!

Sy het toe 'n beroerte gekry, ek het toe ek haar by die Hospitaal besoek, met die Dokter en Familie gepraat, my hart gaan so uit vir haar en ons bid al vir 'n rukkie lank in ons ere dienste saam vir haar en sal voortgaan om vir hierdie Godsvrou intetree. Ons dien 'n God van wonders, laat ons dit nooit vergeet!

Sy is tans in Randfontein sodat sy die nodige sorg kan ontvang. Ek het met die eienaar van die instansie gepraat en sy het vir my gesê dat enigeiemand kan vir haar gaan kuier. Indien enigeiemand wil gaan draai, is julle welkom, sy sal dit so waardeer, ek en my ouderling gaan vir haar 'n bederfie vat Maandag en vir haar bid, as jy wil saamkom laatweet my asseblief. Indien julle finansieël wil bydrae by haar sorg, sal dit BAIE waardeer word, ek deel informasie hier:

Instansie : House of Golden Oldies
Adres : Nr1, The Hook, Robinpark, Randfontein
Besoek Tye : 11h00 - 15h00

Rekening : House of Golden Oldies
Type : Standardbank Current Account
Account Number : 10243089730
Verwysing : Tiena Visagie

Kontak Persoon : 0676331544

Mooi geseënde naweek, sien julle Sondag om 09h00. Kontak my gerus indien jy enige vrae het, my deur is altyd oop.

In Sy Ewige Diens,
Past. Ruben van Straten.
[Whatsapp - 0820522120]

Waneer ons na die Wêreld kyk, sien ons hierdie demoniese gees in aksie in soveel maniere...Dit is 'n besonderse uiteense...
09/06/2026

Waneer ons na die Wêreld kyk, sien ons hierdie demoniese gees in aksie in soveel maniere...

Dit is 'n besonderse uiteensetting hierdie, kyk dit gerus, skakel is onder beskikbaar: ek deel dit graag ter inlingting, mens kan nooit Bybel kennis wegwys nie, 'n gebrek daaraan is so gevaarlik waarsku die Bybel ons in Hosea 4 vers 6. God ewig dankbaar dat ons as Sy kinders en Kerk wandel in die lig en die waarheid van Sy Woord!

Weet dat elkeen van julle is kosbaar en waardevol vir God, so ook vir my.

Sy Naam moet en sal verheerlik word! Sien julle sondag, onthou om jou Bybel saamtebring, ons doen 'n diep studie oor die Dispensasies in die Woord: weet dat my gebede met jou, jou familie en hartsmense is.

Mooi geseënde week kind van God!

In Sy Ewige diens,
Pastoor Ruben van Straten.

There’s a battle going on that you can’t see with your eyes—but you can feel it. It shows up in confusion, division, manipulation, fear, and even in places w...

Hulle sê 'n familie wat saam bid, bly saam!Ons Gemeente bidure is Woensdae om 18h30, sal vir my as Pastoor 'n groot seën...
08/06/2026

Hulle sê 'n familie wat saam bid, bly saam!

Ons Gemeente bidure is Woensdae om 18h30, sal vir my as Pastoor 'n groot seën wees om jou daar te sien. Ons weet dit is soms moeilik om alles bytewoon, ek deel ook hiermee ons amptelike gebedsgroepie op Whatsapp. Kliek net eenvoudig die onderstaande skakel en jy sal automaties geplaas word op die groepie: almal welkom, selfs al is jy nie 'n lid van die gemeente nie: almal baat by gebed!

Daar is GROOT krag in gebed, mag ons dit nooit vergeet...

Wees geseënd kind van God!

LINK : https://chat.whatsapp.com/LcjUxaroWta358rvOMI9rx

Baie mense vra my hoe gaan dit met Kiara en dat hulle haar mis, ek wil net graag laatweet dit gaan met ons baie geseënd ...
07/06/2026

Baie mense vra my hoe gaan dit met Kiara en dat hulle haar mis, ek wil net graag laatweet dit gaan met ons baie geseënd soos julle kan sien!

Ek wil jou net vir die week wat kom bemoedig, die Here is getrou en Hy sal jou nooit begewe of verlaat nie, Hy's immers geen mens dat Hy sal lieg nie.

Hou jou hart altyd rein, laat jou aksies Hom altyd verheerlik en weet dat Hy jou nooit sal begewe of verlaat nie!

Mooi geseënde week vir jou en jou geliefdes.

In Sy Ewige Diens,
Past. Ruben van Straten
[0820522120]

Ek is onmenslik opgewonde oor sondae se reeks dienste wat gaan volg! Ons gaan diep in die Woord beweeg en saam studie do...
03/06/2026

Ek is onmenslik opgewonde oor sondae se reeks dienste wat gaan volg! Ons gaan diep in die Woord beweeg en saam studie doen oor die Dispensasies in die Bybel!

Bring gerus jou Bybel saam en 'n boekie om aantekininge in te doen, die Here se Woord staan vas...

Ek wil ook my dank uitspreek teenoor almal se oproepe en boodskappies, ek waardeer julle liefde en ondersteuning, weet dit gaan albei kante toe! Die Here is so getrou en lofwaardig: sien julle Sondag!

Christus Groete,
Past. Ruben v. Straten.

Meer Inligting/Afsprake : 0820522120

01/06/2026

KENNISGEWING

Weens lede wat griep het, sal ons bestuursvergadering uitgestel word na 08 Junie 2026 om 18h30.

Vir enige verdere inligting, kontak ons gerus!

Past. Ruben van Straten [Gemeente Herder]
[email protected]
0820523130

Past. Jacques Theron [Streeksopsiener]
[email protected]
0832341516

Mag jy 'n pragtige geseënde week geniet, weet ons gebede is met jou.

Die Here lê 'n tydjie lank op my hart dat ons as gemeente moet uitreik na die Krugersdorp Plakkerskamp.Van ons gemeente ...
26/05/2026

Die Here lê 'n tydjie lank op my hart dat ons as gemeente moet uitreik na die Krugersdorp Plakkerskamp.

Van ons gemeente lede het my verwys na mense daar en ek het gaan kyk hoe omstandighede daar is laasjaar.

Ons gemeente kan finansieël nie dit bekostig om 'n uitreik te finansier nie, maar ek vra gemeente lede om Sondae donasies te maak:

1. Nie Bederfbare produkte,
2. Toiletgoed [Seep, Tandepaste, Toiletpapier ens]
3. Komberse.

Die donasies kan jy asb net in die voorportaal plaas waneer jy Sondag kerk toe kom. Sodra daar genoeg donasies ingekom het, sal die Kerkraad 'n dag en tyd deurgee aan die gemeente vir die uitreiking, dit sal op 'n sondag plaasvind en ons gemeente sal saam die Plakkerskamp in Krugersdorp gaan besoek en bedien.

Alle lof en eer aan Hom, kind van God jy het baie om voor dankbaar te wees, raak gerus hierby betrokke!

In Sy diens,
Past. Ruben van Straten

[Meer Inligting/Afsprake, Kontak my gerus]

Address

1, 14th Street, Delarey
Johannesburg
1709

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VEK Delarey posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to VEK Delarey:

Share