Ordinary People Who Care

Ordinary People Who Care Ordinary People who care is a Passion project and we strive to make the world a little brighter.

20/01/2024
31/12/2023
30/12/2023

Hierdie stukkie deel ek graag - dis pragtig !!

'n Jaar is byna verby.......
'n Grondpad jaar...
Daar was dae wat ek die mooiste view gehad het en dan was daar dae wat ek kaalvoet oor die klippies moes hardloop om net op 'n beter plek te kom as gister... soms op my knieë geval omdat ek net nie kans gesien het om verder te loop nie. Dan was daar dae waar ek rustig kon loop sonder omkyk of omdraai.. Ek het wel die mooiste blommetjies in die veld gepluk, van hulle het ek oppad verloor maar dis okay... daar was dorings wat my vele kere gesteek het sodat ek vir dae net nie meer kon loop nie… maar dis ook okay...
Dit was 'n lang pad,
soms sonder water,
soms sonder suurstof,
soms met geskeurde skoene maar dit was n goeie pad…
Iets geleer? Absoluut!
* Dat niemand die pad vir jou kan stap nie maar wel net saam met jou...
* Dat niemand jou gelukkig kan maak as jy nie self gelukkig is nie...
* Dat niemand jou tas vir jou gaan sorteer nie...
* Dat min mense jou enduit gaan help...
* Dat beloftes soms leë woorde is...
* Dat opgee nooit n opsie is nie...
* Dat mens soms net moet sit en rustig word en dankie sê...
* Dat daar altyd iemand sal wees wat in die middel van jou reis sal staan omdat hulle dit nie vir jou gun nie....
* Dat mens net die beste weergawe van jouself kan wees en om nooit jou moed te verloor in iets wat mens regtig wil bereik nie...
Ja, daar was goed én sleg maar ek sien uit na die nuwe pad wat voorlê...
Dankie aan elkeen wat dit saam met my enduit gemaak het - ek het by elkeen iets geleer.
Wat nou voorlê weet ons nie, maar wat ek wel weet is dat:
* Ek beter skoene moet kry
* 'n Groter rugsak
* Meer water en
* Soveel meer suurstof om my nuwe roete aan te pak...
Reis veilig.....
wees lief vir mekaar....
help mekaar....
droom saam...
lag saam...
maak tyd vir mekaar.

Dankie vir jul stukkie harte wat ek saam op my reis deur 2023 kon dra...

Mag ons Vader ons lei op die onbekende pad van 2024 en mag ons nooit vergeet van Sy Groot Genade nie....

Mag die laaste paar dae van 2023 net vol sonskyn en liefde wees en mag ons God en Vader altyd oor julle waak.

Mag 2024 gevul wees met die keur van Sy seëninge in jul lewens❤️

Address

Johannesburg
2190

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 17:00

Telephone

+27645243392

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ordinary People Who Care posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ordinary People Who Care:

Share