Ons Winkel Jeffreysbaai

Ons Winkel Jeffreysbaai Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Beskerm jouself.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Person

e met gestremdhede
• Ouer persone

Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

01/09/2026

Goeie môre almal

DIS HEERLIKE LENTE, DIE WINTER IS VERBY.

1STE SEPTEMBER UITVERKOPING

Lente verkoping vir DIE DAG OP KLERE, SKOENE EN ORNAMENTE!!

Minimum - Koop 10 artikels vir R100.


19/08/2026

Goeie môre vriende

Dis weer tyd vir halfprys uitverkoping vanaf vandag die 19de Augustus tot die 6de September.

Winkel Jeffreysbaai
Hand

08/08/2026

Goeie naand almal

Ond Winkel, 24 Drommedarisstraat is oop Maandag op Vrouedag. Vanaf 9uur tot 15h00. Met n 30% afslag.

Winkel

04/08/2026

Goeie môre almal.

Vir die hele maand het ons n 30% afslag op alles behalwe pp die oliewerf skilderye. Dit begin vandag die 4de Augustus.

Kom bederf jouself.

Winkel
Hand
.

WINSKOPIES. Net by Ons winkel Jeffreysbaai.   Winkel
03/08/2026

WINSKOPIES. Net by Ons winkel Jeffreysbaai.

Winkel

27/07/2026

Goeie more almal.

HALFPRYS UITVERKOPING!!!!

Van vandag af, die 27ste Julie, het ons weer n halfprys verkoping tot Saterdag die 1ste Augustus.

Winkel Jeffreysbaai

13/07/2026

More almal.

Ons uitverkoping is verleng tot die 18de Julie 2026.

Hand
Winkel Jeffreysbaai
@ Solidariteit

01/07/2026

Goeie môre almal

Ons Winkel het klein manspakke klere ingekry as iemand soek vir die matriekafskeid.

Swart en blou vir R400 per pak. Baie netjiese pakke en duur maak.

Winkel
HelpendeHand

28/06/2026

Halfprys uitverkoping verleng tot Saterdag die 4de Julie 2026.



Winkel

23/06/2026

Goeie môre almal.

Vanaf vandag 23 Junie tot Saterdag 28 Junie 2026 -

Alle voorraad HALFPRYS.

Net by Ons Winkel, 24 Drommedaris, Jeffreysbaai

Moenie uitstel nie, kom geniet u aankope!!

hand

WINKEL

Address

24 Drommedaris Straat
Jeffreysbaai
6330

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

0836508589

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Jeffreysbaai posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Jeffreysbaai:

Shortcuts

Share