14/11/2025
WHY OVERSTRAND’S IDP IS OF IMPORTANCE TO YOU
The Integrated Development Plan (or IDP in short) is Overstrand Municipality’s master plan for development over the five-year term of Council. It sets out the key priorities, goals and projects for a municipal area and helps to serve as a guide for all the work done by the municipality so that residents can have a better life.
The IDP is reviewed annually within the five-year cycle, with the 2026/27 review currently in process. The IDP looks at social, economic and environmental needs and ensures that different departments make a concerted, coordinated effort to meet these needs.
Most importantly, the plan includes inputs from the community and ward committees to, in this way, ensure that it speaks to the real needs of people who live in a specific area.
Think of the IDP as Overstrand’s roadmap - showing what we are working on now and what lies ahead in the future. It is important because it affects your everyday life: your neighbourhood/ward, your safety, your business, your environment and your family’s wellbeing.
In this plan, you can see where we envisage building new roads and parks near you, how we plan on putting an end to illegal dumping, and how we are going about ensuring that communities can lead a safer, healthier life.
In sum, the IDP is our shared vision for Overstrand: A plan for a safe, clean, well-run and vibrant municipality that benefits all who live here.
That is precisely why ward committee meetings are so important. In this regard, make sure that the right people serve on the committee – people who can bring matters of concern in your area to the municipality’s attention and can give proper feedback on how the priorities in your neighbourhood are being addressed.
To learn more about our vision and key focus areas,
download the full IDP document from the municipal website
www.overstrand.gov.za > Documents > IDP; or click on Ward Maps & Info to view the priorities that have been identified for your ward.
Issued by:
Overstrand Municipal Manager, Dean O’Neill
WAAROM JY BELANG BY OVERSTRAND SE GOP HET
Die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (afgekort as GOP) is Munisipaliteit Overstrand se meesterplan vir ontwikkeling in die loop van die Raad se vyfjaar-termyn.
Dit bied ʼn uiteensetting van die sleutelprioriteite, -doelwitte en -projekte vir ʼn munisipale gebied en help om as ʼn gids te dien vir al die werk wat deur die munisipaliteit verrig word sodat inwoners ʼn beter lewe kan hê.
Die GOP word jaarliks binne die vyfjaar-siklus hersien, en die 2026/27-hersiening is tans aan die gang.
Die GOP kyk na maatskaplike, ekonomiese en omgewingsbehoeftes en sorg dat verskillende departemente op ʼn gekoördineerde wyse saam daaraan werk om aan
hierdie behoeftes te voldoen. Allerbelangrik is dat die plan insette van die gemeenskap en wykskomitees insluit om sodoende te verseker dat dié plan afgestem is op die ware behoeftes van die mense wat in ʼn spesifieke gebied woon.
D**k aan die GOP as Overstrand se padkaart – dit wys waaraan ons nou werk en wat ons in die vooruitsig stel. Dit is belangrik omdat dit ʼn impak op jou alledaagse lewe het: jou woonbuurt/wyk, jou veiligheid, jou besigheid, jou omgewing en jou gesin se welstand.
In hierdie plan kan jy sien waar nuwe paaie en parke in jou omstreke in die vooruitsig gestel word, hoe daar te werk gegaan word om onwettige storting stop te sit, en wat gedoen gaan word om te sorg dat gemeenskappe ʼn veiliger en gesonder bestaan kan voer.
Kortom, die GOP is ons gedeelde visie vir Overstrand: ʼn Plan vir ʼn veilige, skoon, goedbestuurde en florerende munisipaliteit wat almal wat hier woon tot voordeel strek.
Juis daarom is wykskomiteevergaderings so belangrik. In hierdie verband, sorg dat die regte mense op die komitee dien – mense wat aangeleenthede van belang in jou area onder die munisipaliteit se aandag kan bring en na behore terugvoer kan gee oor hoe daar van die prioriteite in jou woongebied werkgemaak word.
Om insae in ons visie en sleutelfokusareas te verkry, laai die volledige GOP-dokument af via die munisipale webtuiste www.overstrand.gov.za > Documents > IDP of kliek op Ward Maps & Info vir wykspesifieke inligting.
Uitgereik deur:
Overstrand-munisipale bestuurder, Dr Dean O'Neill