Heidelberg Sakekamer Wes-Kaap

Heidelberg Sakekamer Wes-Kaap Ons bou โ€™n florerende besigheidsgemeenskap in Heidelberg deur innovasie, samewerking en volhoubare groei.

Die Besigheidskamer verbind en bemagtig ondernemings, bevorder entrepreneurskap en skep nuwe geleenthede vir volhoubare sukses.

๐Ÿ’š Heidelberg wys weer wat moontlik is wanneer โ€™n gemeenskap saamstaan.Baie geluk aan Heidelberg Golf Club, Western Cape ...
05/02/2026

๐Ÿ’š Heidelberg wys weer wat moontlik is wanneer โ€™n gemeenskap saamstaan.

Baie geluk aan Heidelberg Golf Club, Western Cape met hul toetrede tot Suid-Afrika se Top 50 9-putjie bane en โ€™n uitstekende #44 posisie in die land volgens Golf Digest South Africa.

Vir โ€™n klein plattelandse dorp is dit nie net โ€™n gholfprestasie nie โ€“ dit is โ€™n gemeenskapsprestasie.

Dit bewys weer:
๐Ÿ‘‰ As ons saam werk
๐Ÿ‘‰ saam bou
๐Ÿ‘‰ en saam trots is op ons dorp

โ€ฆ dan is enigiets moontlik.

By die Heidelberg Sakekamer glo ons vas dat sukses gebou word deur trotse Heidelbergers wat hande vat, mekaar ondersteun en elke projek met trots aanpak.

Vandag is dit die gholfklub.
Mรดre is dit โ€™n parkie, โ€™n besigheid, โ€™n skool of โ€™n nuwe ontwikkeling.

Wanneer Heidelberg saamstaan, boks ons bo ons gewigsklas.

Baie geluk aan die klub, die lede en elke persoon wat hierdie prestasie moontlik gemaak het. Julle maak die hele dorp trots! ๐Ÿ‘โ›ณ

๐ŸŒฑ VORDERING BY DIE PARKIE โ€“ SAKEKAMER HEIDELBERG ๐ŸŒฑNog โ€™n projek is mooi op dreef โ€“ en dis iets waarop ons almal trots ka...
31/01/2026

๐ŸŒฑ VORDERING BY DIE PARKIE โ€“ SAKEKAMER HEIDELBERG ๐ŸŒฑ

Nog โ€™n projek is mooi op dreef โ€“ en dis iets waarop ons almal trots kan wees.

โœ”๏ธ 23 bome is reeds geplant
โœ”๏ธ Besproeiing is volledig gelรช
โœ”๏ธ Paadjies is geskep en netjies afgerond
โœ”๏ธ Plante is gevestig en groei reeds mooi aan
โœ”๏ธ Bankies, addisionele beligting en spekboom-heinings is gevestig

Hierdie parkie is nog in wording, maar neem โ€™n oomblik en verbeel julle self hoe hierdie bome, bankies en groen ruimtes oor net 3 jaar gaan vertoon โ€“ โ€™n ware juweel in ons trotse dorp. ๐ŸŒณ๐ŸŒฟ

Dit is projekte soos hierdie wat wys wat moontlik is wanneer โ€™n gemeenskap hande vat, ophou kla en begin bou. Dankie aan elkeen wat bydra, help en glo in โ€™n beter Heidelberg.

๐Ÿ‘‰ Nog een stap vorentoe. Nog โ€™n belegging in ons dorp se toekoms.





10/12/2025

21/11/2025

โš ๏ธ Die Vlakte Marathon is OP HANDE! โš ๏ธ
Mรดre is die groot dag, Heidelberg! ๐Ÿƒโ€โ™€๏ธ๐Ÿ’›

โ€™n Geleentheid soos hierdie vra harde werk. Dit vra bereidwillige hande, dit vra saamstaan โ€” en dit verg bene wat lus is vir hardloopโ€ฆ 2550 pare van hulle! ๐Ÿƒ

Die Heidelberg Sakekamer moedig al ons inwoners, besighede en gemeenskappe aan om vroeg mรดreoggend, 22 November, langs die strate te staan en ons hardlopers met hart en gees aan te moedig. ๐ŸŽ‰๐Ÿ™Œ

Kom ons wys mรดre weer vir almal waaroor Heidelberg gaan: die atmosfeer, ons mense, ons gees en ons trots! ๐ŸŒ„

Klein dorpie. Groot drome. Groter harte. ๐Ÿ’›

Ons sien julle langs die pad!

Vlakte Marathon

๐ŸŒณHier begin dinge gebeur...๐ŸŒŸStadig maar seker neem hierdie projek vorm aan โ€” met bietjie konstruksie hier, โ€™n paar boomp...
07/11/2025

๐ŸŒณHier begin dinge gebeur...๐ŸŒŸ

Stadig maar seker neem hierdie projek vorm aan โ€” met bietjie konstruksie hier, โ€™n paar boompies daar ๐ŸŒฑ
Ons is nog nie klaar nie, maar die vordering bring groot trots! ๐Ÿ’š

Mag elke boompie welig groei ๐ŸŒฟ โ€” saam met die Heidelberg Sakekamer en almal wat hand bygesit het om ons dorp nรณg mooier te maak.

Saam bou ons aan โ€™n beter Heidelberg. ๐Ÿ’ช๐ŸŒŸ

Dankie aan almal wat help om Heidelberg veiliger te maak! โœจOns is ongelooflik trots om te deel dat daar ๐ŸŽฅ nuwe veilighei...
20/10/2025

Dankie aan almal wat help om Heidelberg veiliger te maak! โœจ

Ons is ongelooflik trots om te deel dat daar ๐ŸŽฅ nuwe veiligheidskameras in Heidelberg geรฏnstalleer is om die veiligheid van ons ๐Ÿ˜๏ธ inwoners en ๐Ÿข besighede te bevorder.

Hierdie is nog โ€™n stap vorentoe in ons gemeenskap se strewe om โ€™n dorp te wees waarop ons trots kan wees โ€” waar samewerking en betrokkenheid werklik die verskil maak. ๐Ÿ’ช

โ€™n Groot dankie aan:
๐Ÿ”น Conradie Innovations vir die oprig en installasie van die kameras
โšก Die Elektriese Departement van Heidelberg vir hul harde werk en ondersteuning
๐Ÿ† Die Heidelberg Sakekamer vir hul toewyding aan ons dorp se groei en veiligheid

Laat ons saam voortbou aan โ€™n positiewe, veilige en trotse Heidelberg! ๐Ÿ™Œ

๐Ÿ‘€ Hou diรฉ spasie dopโ€ฆ ๐ŸŒŸ๐ŸŒณDis vir ons gemeenskap. Dis vir ons mense.En hierdie โ€” is net die begin! ๐Ÿ’š๐Ÿ’ช Saam bou ons aan โ€™n ...
09/10/2025

๐Ÿ‘€ Hou diรฉ spasie dopโ€ฆ ๐ŸŒŸ๐ŸŒณ
Dis vir ons gemeenskap. Dis vir ons mense.
En hierdie โ€” is net die begin! ๐Ÿ’š

๐Ÿ’ช Saam bou ons aan โ€™n beter Heidelberg.

๐ŸคWelkom by ons Sakekamer! โœจOns missie is eenvoudig maar kragtig: om besighede in ons gemeenskap te bemagtig, verbind en ...
03/10/2025

๐ŸคWelkom by ons Sakekamer! โœจ

Ons missie is eenvoudig maar kragtig: om besighede in ons gemeenskap te bemagtig, verbind en laat groei.

Sluit aan by ons reis om die katalisator vir sukses te wees en saam โ€™n sterker, voorspoedige besigheidsgemeenskap te bou โ€“ Trots Heidelberg! ๐ŸŒŸ

๐Ÿ‘‰ Volg ons blad en maak โ€™n verskil!

Ons Voortrekker Brug โ€“ โ€™n Simbool van GemeenskapstrotsAs Heidelbergers het ons weereens gewys wat dit beteken om self di...
24/09/2025

Ons Voortrekker Brug โ€“ โ€™n Simbool van Gemeenskapstrots

As Heidelbergers het ons weereens gewys wat dit beteken om self die verskil te maak. Die Voortrekker Brug is nie net geverf en reggemaak nie, maar selfs die letters wat op die Voortrekker Brug-monument afgebreek is, is vervang.

Hierdie projek is moontlik gemaak deur die samewerking en toewyding van ons gemeenskap โ€“ โ€™n bewys dat wanneer ons saamstaan, ons nie net strukture herstel nie, maar ook ons erfenis en trots versterk.

๐Ÿค Kom ons bly daardie voorbeeld vir ander dorpe en gemeenskappe: dat ons self die verandering is wat ons wil sien.

Dankie aan almal wat bygedra het โ€“ Heidelberg is trots op julle!

Address

Heidelberg, Wes-Kaap
Heidelberg
6665

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Heidelberg Sakekamer Wes-Kaap posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share