17/08/2026
’N BOEK KAN ’N WÊRELD VAN VERSKIL MAAK!
Het jy boeke wat al lank in die kas lê en net stof vergader? Moenie dit weggooi nie – skenk dit aan Hartenbos Versorgingsoord!
Ons is besig om ons boekrakke te vernuwe met nuwe leesstof en makliker leesbare boeke, sodat elke inwoner ’n boek kan vind wat by hom of haar pas.
En selfs al is ’n boek nie geskik vir ons rakke nie, kan dit steeds ’n verskil maak – deur projekte te ondersteun of verkoop te word om fondse in te samel vir die inwoners en Oord se behoeftes.
✨ Daardie boek wat vir jou in die pad is, kan vir iemand anders ’n bron van vreugde, herinneringe en ontspanning wees!
Skenk vandag jou ongewenste boeke en help ons om ’n warmer, meer geliefde tuiste vir ons inwoners te skep.
Kontak die Oord: 044 695 2386
WhatsApp ons: +27 79 751 2529
📍 Boeke kan afgegee word by:
Graaff-Reinetlaan 1, Hartenbos
Elke boek maak ’n verskil. Elke skenking beteken iets.