Suid-Kaap Jagters en Bewaringsvereniging

Suid-Kaap Jagters en Bewaringsvereniging Die tuiste van etiese jagters

🎯Baanskiet .22  ❄️(Winterskiet)❄️
23/06/2026

🎯Baanskiet .22 ❄️(Winterskiet)❄️

HULDEBLYK – JOHAN LINDEQUEMet groot hartseer neem ons afskeid van Johan Lindeque, wie se skielike afsterwe 'n groot leem...
22/06/2026

HULDEBLYK – JOHAN LINDEQUE
Met groot hartseer neem ons afskeid van Johan Lindeque, wie se skielike afsterwe 'n groot leemte laat by Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging.

Johan was vir 30 jaar 'n lojale lid van SJB, het as bestuurslid gedien en is later as ere-lid vereer vir sy besondere bydrae tot die vereniging. Hy was passievol betrokke by ons Junior Jagopleiding, waar hy sy kennis, ervaring en liefde vir die natuur met jong jagters gedeel het.

Baie sal Johan onthou vir die diep spore wat hy saam met die opleidingspan in die beeldskone Kalahari getrap het, waar Module 2 van die junior opleiding plaasgevind het.

Ons innige simpatie gaan aan sy vrou Riana, hul twee kinders en alle familie en naasbestaandes. Mag julle troos vind in die kosbare herinneringe aan 'n man wat 'n blywende indruk op soveel mense se lewens gemaak het.
Rus sag, Johan. Jou spore sal nog lank sigbaar bly.

09/06/2026

📢 Wouter de Vos skietbaan weer oop vir lede.

JUNIOR SKIET- EN JAGOPLEIDINGDie Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging se missie is om die toekoms van jag te versek...
05/06/2026

JUNIOR SKIET- EN JAGOPLEIDING

Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging se missie is om die toekoms van jag te verseker. Hoërskoolleerders word uitgenooi om gebruik te maak van hierdie unieke geleentheid deur in te skryf vir die kursus. Hier gaan dit nie net oor jag en skiet nie, maar oor vele meer. Behalwe vir die feit dat dit ‘n baie interessante kursus is, is dit ‘n unieke ervaring,
‘n opwindende veld avontuur en ‘n geleentheid wat beslis bydra tot dissipline, opvoeding, leierskapontwikkeling, selfvertroue en vaardigheid wat slegs vir‘nhandjievol kinders in SA beskore is. Junior jagopleiding word by die Vereniging beskou as eerste prioriteit en jarelange ervaring en kennis is ingebou in die kursus wat nasionaal erken word as die norm vir junior jagopleiding.

Die kursus word aangebied in twee modules oor ‘n tydperk van twee jaar.
o Minimum ouderdom van juniors is 14 jaar (hoërskool)
o Nasionaal erkende kursus met Suid-Kaap Jagters-en Bewaringsvereniging junior jagopleiding–sertifikaat.

MODULE EEN: (SKIETOPLEIDING) 24 – 27 SEPTEMBER 2026 MODULE TWEE: (JAGOPLEIDING) JUNIE SKOOLVAKANSIE 2027

• Vir meer inligting en inskrywings: Fermi Meyer–072 444 8236 of [email protected]

05/06/2026

Wouter de Vos skietbaan gesluit tot verdere kennisgewing.
Toegangspaaie is gesluit en vloedskade by die baan kan eers later bepaal word.
Sien hieronder video van die Geelbeksvlei-pad oppad na die skietbaan.

Saterdag, 30 Mei was dit die randslag .22 gewere wat gepraat het op die Wouter de Vos skietbaan. Selfs die weer het met ...
01/06/2026

Saterdag, 30 Mei was dit die randslag .22 gewere wat gepraat het op die Wouter de Vos skietbaan. Selfs die weer het met ‘n windstil dag gesorg dat die skuts hul beste kon lewer.

Die dag op die baan is gedeel deur man & vrou, pa & seun, oupa & kleinseun, oud & jonk asook ‘n deelnemer wie in sy 80’s is.

Daar was 3 bane met klein staalplaatjies op verskillende afstande plus lewensgrootte papierteikens van ‘n kolgans en ‘n ystervark wat uit moeilike posisies geskiet moes word. Die areas waar minus punte gegeld het, was ‘n groot terugslag vir menige skut.

Die lekker ontspanne atmosfeer wat op die dag geheers het sal vir seker skuts teruglok met die volgende geleentheid (11 Julie 2026).

Baie geluk aan die wenners : 1ste Plek – Marius Swanepoel; 2de Plek – Johan Kemp, 3de Plek - Niel Basson

01/06/2026

23 Mei 2026

01/06/2026

23 Mei 2026

Address

Boulevard Place 8 , Beach Boulevard
Hartenbos
6520

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Suid-Kaap Jagters en Bewaringsvereniging posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Suid-Kaap Jagters en Bewaringsvereniging:

Share