Ons Winkel Harties

Ons Winkel Harties Jou item is nie net 'n item vir ons nie! Dit is 'n toekoms. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Beskerm jouself.

Ons Winkel Harties is 'n skenkingswinkel wat werkskepping bied; uit die wins van die verkope bied ons maatskaplike hulp aan en gee kinders geleenthede om te gaan studeer. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer

persone

Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Môre julle ♡ Mag vandag net geseënde wees. Hoop julle bly warm.Liefde Janet
09/06/2026

Môre julle ♡ Mag vandag net geseënde wees. Hoop julle bly warm.

Liefde Janet

Naand  julle ♡Soms moet ons net op die Here wag...Hy lei ons, vernuwe ons krag en gee vir ons Hoop.HY is ons Alles.Geseë...
03/06/2026

Naand julle ♡

Soms moet ons net op die Here wag...
Hy lei ons, vernuwe ons krag en gee vir ons Hoop.
HY is ons Alles.

Geseënde aand ♡♡

Ps kom kyk wat doen 'n Blazer by Ons Winkel...

Hallo julle ♡ Onthou ons uitverkoping is nog tot die 31ste. Hoop om julle te sien.GroeteJanet
27/05/2026

Hallo julle ♡ Onthou ons uitverkoping is nog tot die 31ste. Hoop om julle te sien.

Groete
Janet

Hallo Harties ♡ Kom loer gerus.
22/05/2026

Hallo Harties ♡

Kom loer gerus.

18/05/2026

Met groot dankbaarheid wil ons graag Mount Cambridge School bedank vir hul skenking van elektriese ware aan Ons Winkel Hartbeespoort. Dankie vir julle ondersteuning en bereidwilligheid om ’n verskil in die gemeenskap te maak.

Wanneer jy aan ’n Ons Winkel in jou gemeenskap skenk, skenk jy aan volhoubaarheid en hoop.

Jou skenking help om:
• Studente die geleentheid te gee om verder te studeer.

• Nasionale en streekprojekte te ondersteun wat maatskaplike kwessies aanspreek.

• Werkskepping te bevorder en gemeenskappe met waardigheid te dien.

Saam bou ons sterker gemeenskappe waar elke bydrae ’n verskil maak.

Hallo Harties  ♡ geseënde week vir julle!!LiefdeJanet
13/05/2026

Hallo Harties ♡ geseënde week vir julle!!

Liefde
Janet

Alweer naweek ♡ alle eer aan God. Gelukkig moedersdag al ons mamma's.
08/05/2026

Alweer naweek ♡ alle eer aan God. Gelukkig moedersdag al ons mamma's.

07/05/2026

Altyd waar jy mooi kan koop ♡

Hoop om julle te sien!! Onthou ons is Maandag oop vanaf 9:00 - 13:00.
24/04/2026

Hoop om julle te sien!! Onthou ons is Maandag oop vanaf 9:00 - 13:00.

Kom loer gerus♡♡
21/04/2026

Kom loer gerus♡♡

Address

Midas Plaza, 117 Die Ou Wapad
Hartbeespoort
0216

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:00
Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 17:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Harties posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Harties:

Share