VLV Hankey WAA

VLV Hankey WAA Die Hankeytak is in 1926 gestig en sal in 2026 ''n hele eeu oud wees!

SOK Sirkeldag 2026 was op 'n heerlike, sonnige wintersdag by die Suurvelder op Patensie. Die agtergrond van die kwekery ...
01/06/2026

SOK Sirkeldag 2026 was op 'n heerlike, sonnige wintersdag by die Suurvelder op Patensie. Die agtergrond van die kwekery om ons het gesorg vir 'n feestelike atmosfeer. Ons Tuin tot Tafel Marktafel het gekreun het onder die vars produkte, ingemaakte vrugte en groente, blombolle en tuisgebak. 4 Entrepreneurs uit die omgewing het stalletjies gehad om by te dra tot die atmosfeer. Ons hoofspreker was Stacey Klein Snakenborg, verborge aan ECPTA (Natuurbewaring) en sy het kom gesels oor die bewaringstaak in die Baviaanskloofgebied. Ilze Oosthuysen, een van ons bestuurslede, is nou betrokke by die Vloedhulp in die Vallei ná die ontsettende vloede wat ons vroeg in Mei getref het. Sy het 'n voorlegging gedoen met foto's van die vloed en ook van die vragte donasies wat uit alle oorde aan die Vallei geskenk is. Humansdorp het amper skoonskip gemaak met die gelukkige trekkings! Nadat ons heerlik geëet het, het ons beoordelaars, Alta en Koekie inligting gegee oor die Kongres- en Konferensieartikels vir 2027. Baie dankie aan almal wat saamgewerk het om dit 'n heerlike dag te maak. Ons sien julle in Hankey vir Konferensie 2027!

23/04/2026

Die Vroue Landbouvereniging (VLV Hankey Tak) het onlangs ons skool kom besoek om meer uit te vind oor die tonnelprojekte.

🫘 Ons sê baie dankie aan tannie Catherina Wait, saam met die dames van die Hankey VLV-tak, wat vir ons 10 emmers en 'n groot klomp boontjiesaad geskenk het.

Dit vorm deel van die VLVK se jaarprogram "van tuin tot tafel".

Dit beteken vir ons baie en dit gaan help dat ons sommer 'n goeie klomp boontjies in die tonnels sal kan aanplant.

🙏🏼 Ons waardeer julle omgee, ondersteuning en bydrae.

Address

Hankey

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLV Hankey WAA posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share