05/03/2026
Ons harte loop steeds oor van dankbaarheid! Ons wil graag weer ons opregte dank uitspreek vir die wonderlike ondersteuning wat ons die afgelope naweek ervaar het by Captain J’s en tydens die Grootbrak River Float.
Baie dankie aan die organiseerders wat vir ons ruimte geskep het om donasies te ontvang en bewusmaking te doen oor ons werk in die gemeenskap.
Elke skenking dra by tot die beskerming en ondersteuning van kinders in Groot-Brakrivier en omliggende gebiede. Julle betrokkenheid maak ’n tasbare verskil.
📍 Plot 255, Station Road, Groot-Brakrivier
📞 044 518 0974 | 📱 072 027 3616
📧 [email protected]