NG Kerk Grabouw

NG Kerk Grabouw Welkom by NGK Grabouw! Ons glo dat ons geroep is om getuies van God se liefde in die wêreld te wees. In 1865 begin onderwysers kerkdienste en Sondagskool hou.

Die NGK Grabouw het ontstaan as ‘n buitewyk van die NGK Somerset-Wes Gemeente. In 1850 is die eerste diaken (LH Delport) aangewys en vier jaar daarna in 1854 is die eerste ouderling (H Beukes) aangewys. In 1885 is daar 100 lidmate en 44 kinders wat eredienste bywoon. Op 29 Maart 1895 word die eerste kerkgebou ingewy. Op 15 Augustus 1934 word die NG Gemeente van Grabouw gestig. Die huidige kerkgebo

u is op 8 Mei 1954 ingewy. Die gemeente bestaan tans uit 521 belydende lidmate en 120 dooplidmate. Tien predikante het die gemeente die afgelope 85 jaar bedien. Die eerste leraar van die gemeente was ds. GC van Schalkwyk en die huidige leraar is ds. FC Lambrechts.

Berei jouself voor vir 'n dag van smullekker feesmaal! 🍖Die  Basaar is net om die draai en ons spyskaart is propvol heer...
28/08/2026

Berei jouself voor vir 'n dag van smullekker feesmaal! 🍖

Die Basaar is net om die draai en ons spyskaart is propvol heerlikhede. Kom honger en gaan gelukkig (en baie versadig) huis toe!

Kyk net wat wag vir jou:
✅ Spitbraai
✅ Boereworsrolle
✅ Afvalpot
✅ Pannekoek en Poeding
✅ En soveel meer!

Datum: Saterdag, 5 September
Tyd: 09:00 - 14:00
Plek: Hofmeyerstraat 3, Grabouw

Moenie uitmis nie – merk jou kalender!

Vind vandag dieper vreugde en dankbaarheid in elke skewe snytjie van die lewe terwyl ons ontdek wat dit beteken dat Jesu...
26/08/2026

Vind vandag dieper vreugde en dankbaarheid in elke skewe snytjie van die lewe terwyl ons ontdek wat dit beteken dat Jesus die Brood van die Lewe vir ons is! 🍞✝️

Geniet jou brood en dié Brood!Word gerus ʼn intekenaar op ons YouT...

✨ Sendingaand Vanaand! ✨Die Getuienisaksie nooi jou uit om te kom hoor watter verskil in ons Grabouw-gemeenskap gemaak w...
24/08/2026

✨ Sendingaand Vanaand! ✨
Die Getuienisaksie nooi jou uit om te kom hoor watter verskil in ons Grabouw-gemeenskap gemaak word en hoe jy betrokke kan raak.

⏰ 18:30
📍Kerksaal
☕ Kuier ná die tyd saam met die sprekers oor 'n koppie tee, koffie en verversings.

Sien jou daar!

God se goeie planne vir jou lewe vorm en verfyn jou dikwels deur die swaar tye, want dit wat lig gee, moet soms deur die...
19/08/2026

God se goeie planne vir jou lewe vorm en verfyn jou dikwels deur die swaar tye, want dit wat lig gee, moet soms deur die vuur gaan! ☀️🔥

God beplan régtig goeie dinge vir jou.Word gerus ʼn intekenaar op ...

Geloofstwyfel is nie die einde van jou pad nie, maar dikwels die begin van 'n dieper, nuwe geloof waarin God jou hand no...
12/08/2026

Geloofstwyfel is nie die einde van jou pad nie, maar dikwels die begin van 'n dieper, nuwe geloof waarin God jou hand nooit loslaat nie! 🕊️🙏

Glo is nié altyd maklik nie.Word gerus ʼn intekenaar op ons YouTub...

'n Vriendelike herinnering aan môre aand se vroue-aand! Kom geniet ‘n lekker pizza saam met ‘n vriendin en maak tyd vir ...
11/08/2026

'n Vriendelike herinnering aan môre aand se vroue-aand! Kom geniet ‘n lekker pizza saam met ‘n vriendin en maak tyd vir die Here om met jou te praat. 🍕💃

God het die vrou met 'n besondere hart van liefde, sagtheid en skoonheid gevorm — jy is vrou, en dit is goed! 🌸💃
10/08/2026

God het die vrou met 'n besondere hart van liefde, sagtheid en skoonheid gevorm — jy is vrou, en dit is goed! 🌸💃

Jy is vrou. En dit is góéd!Word gerus ʼn intekenaar op ons YouTube...

Maak nie saak hoe jou uitdagings teenoor ander s'n lyk nie, jou erg is jou erg — hou vas aan die lig op jou lewensbrug e...
05/08/2026

Maak nie saak hoe jou uitdagings teenoor ander s'n lyk nie, jou erg is jou erg — hou vas aan die lig op jou lewensbrug en weet jy stap nie alleen nie! 🌉🙏

Jou erg is jou erg.Word gerus ʼn intekenaar op ons YouTube kanaal ...

Sondag se  boodskap 🙏
04/08/2026

Sondag se boodskap 🙏

KONTAKBESONDERHEDE:Kerkkantoor: 021 859 3568 | kantoor@ngkerkgrabo...

Kies om op te hou streef na volmaaktheid en vind rus in die wete dat God se genade genoeg is vir al ons menslike krake! ...
29/07/2026

Kies om op te hou streef na volmaaktheid en vind rus in die wete dat God se genade genoeg is vir al ons menslike krake! ✨🙌

Kies om nie perfek te wees nie.Word gerus ʼn intekenaar op ons You...

Address

Hofmeyerstraat 3
Grabouw
7160

Opening Hours

Monday 08:30 - 12:30
Tuesday 08:30 - 12:30
Wednesday 08:00 - 12:30
Thursday 08:00 - 12:30
Friday 08:00 - 12:30

Telephone

+27218593568

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Grabouw posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share