Emmaus : Krag van 4

Directions Website

Emmaus : Krag van 4 Vir die instandhouding en verfraaiing van Emmaus se gebou en leefruimtes.
’n Warmer, mooier tuiste vir die volgende 40 jaar. R40 kan ’n verskil maak.

17/10/2026

❤️ ONS IS SO BEVOORREG…

Ons het huise, warmte, veiligheid en mense wat vir ons omgee. Maar besef ons altyd hoe kosbaar dit is?

By Emmaus George is daar volwassenes met intellektuele gestremdhede wat ook verdien om in ’n mooi, warm en versorgde omgewing te woon — ’n plek waar hulle geliefd, veilig en trots kan voel. ❤️

Want die hartseer werklikheid is… môre kan die lewe vir enigeen van ons of ons geliefdes anders lyk.

Daarom wil Emmaus Krag van 4 help om Emmaus ’n facelift van warmte te gee. Nie net mooier geboue nie, maar ’n omgewing wat liefde, waardigheid en omgee uitstraal. 🏡✨

Jy hoef nie baie te hê om ’n verskil te maak nie. Soms begin verandering by een persoon wat omgee… en daardie persoon inspireer nog vier.

❤️ WORD DEEL VAN ONS VELDTOG!

🌟 Volg Emmaus Krag van 4.
❤️ Like hierdie plasing.
🤝 Deel dit met jou vriende en familie.
🙏 Help ons om ons boodskap verder te dra.

Want saam kan ons meer doen. Saam kan ons hoop bring. Saam kan ons Emmaus ’n plek van nog meer warmte en liefde maak.

’n Bietjie liefde van jou kan ’n wêreld se verskil maak! ❤️

Wat n mooi gebaar !!!Dankie Outeniqua Laerskool Lansdiensklub
16/10/2026

Wat n mooi gebaar !!!
Dankie Outeniqua Laerskool Lansdiensklub

Dankie Woolworths Garden Route Mall, George !!Monique Woollies Restaurant
16/10/2026

Dankie Woolworths Garden Route Mall, George !!
Monique Woollies Restaurant

16/10/2026

Die klompie het n lied in hul hart

16/10/2026

Emmaus George is uniek !!!!
Hier gebeur dinge.

Volg ons op tiktok asb.
14/10/2026

Volg ons op tiktok asb.

..krag.van 142 Followers, 105 Following, 137 Likes - Watch awesome short videos created by Emmaus. Krag van 4

❤️ ’N HELE HUIS SE GORDYNE! 🏡Soms maak mense se ruimhartigheid ons droom vir Emmaus ’n bietjie meer moontlik. ❤️Marlett ...
14/10/2026

❤️ ’N HELE HUIS SE GORDYNE! 🏡

Soms maak mense se ruimhartigheid ons droom vir Emmaus ’n bietjie meer moontlik. ❤️

Marlett het vir Emmaus Krag van 4 ’n hele huis se gordyne én gordynrelings geskenk om ons te help om in die toekoms ’n warmer, meer huislike atmosfeer vir ons inwoners te skep.

Kyk net hoe sorgvuldig en netjies het sy alles opgerol, gebind en bymekaar gehou! 🌷 Dit wys sommer die liefde en sorg waarmee hierdie besondere skenking gegee word.

Ons samel tans fondse in en spaar om Emmaus se ruimtes op te knap en nóg meer soos ’n warm, verwelkomende tuiste te laat voel.

Elke bydrae bring ons nader aan hierdie droom, en skenkings soos dié maak ons harte ongelooflik dankbaar.

Marlett, baie, baie dankie vir jou ruimhartigheid en jou groot hart vir Emmaus. Jou skenking is vir ons kosbaar en ons waardeer dit opreg! ❤️

Saam bou ons aan ’n tuiste waar warmte, waardigheid en liefde saam kom

13/10/2026

Wat is Krag van 4 en wat gaan ons met jou R40.00 doen

10/10/2026

Emmaus is baie meer as net n tuiste .....

10/10/2026

Eerste tiktok onderhoud van Emmaus Krag van 4

Address

6 Memorium Straat , GEORGE
George
6529

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Emmaus : Krag van 4 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share