25/09/2026
EISTEDDFOD
Tydens die Eisteddfod van 2026 het die leerlinge van Laerskool Blanco besonder goeie prestasies behaal. Drie leerlinge asook die Gr 5-7 spreekkoor is uitgenooi na die Gala-geleentheid.
Wihandré Nel en Mihryn Meyer het elk n toekenning ontvang vir besonder hoë prestasies vir hul ongedramatiseerde poësie. Mieke Meyer het n toekenning vir haar monoloog ontvang. Die Gr 5-7 spreekkoor het ook n toekenning ontvang. Ons is baie trots op hierdie leerlinge wat ons skool se naam hoog hou.
Ons is ook baie trots op talle ander leerlinge van ons skool wat ook baie mooi prestasies tydens die Eisteddfod behaal het.