Garsvallei Voortrekkers

Garsvallei Voortrekkers Die amptelike aanlyn-tuiste van Garsvallei Voortrekkerkommando.

Garsvallei Voortrekkers se Maroeladag. Waar ons Voortrekkers speel en baie leer. Dankie Retha en almal wat gehelp het. D...
16/06/2026

Garsvallei Voortrekkers se Maroeladag. Waar ons Voortrekkers speel en baie leer. Dankie Retha en almal wat gehelp het. Die kinders het dit baie geniet. 💙🤍❤️

Wat ’n heerlike aand by die Garsvallei Skemerkelkie Dans!Baie dankie aan almal wat dit bygewoon het en die aand saam met...
07/06/2026

Wat ’n heerlike aand by die Garsvallei Skemerkelkie Dans!

Baie dankie aan almal wat dit bygewoon het en die aand saam met ons geniet het. ’n Spesiale woord van waardering aan die lede van Garsvallei en Wapadrand Kommando en die Staatmakers wat die moeite gedoen het om daar te wees.

’n Besonderse dankie aan Annelize wat dit alles moontlik gemaak het. Jou harde werk, tyd, beplanning en voorbereiding het verseker dat die aand ’n groot sukses was en dat elke gas welkom en tuis gevoel het.

Ons waardeer elkeen se ondersteuning en sien uit na die volgende geleentheid!

En so eindig die eerste dag van Glaskamp! 🔥⛺️Wat ’n ongelooflike dag vol avontuur, lag, spanwerk en nuwe herinneringe. T...
15/05/2026

En so eindig die eerste dag van Glaskamp! 🔥⛺️

Wat ’n ongelooflike dag vol avontuur, lag, spanwerk en nuwe herinneringe. Trots op elke Voortrekker, offisier en helper wat vandag alles gegee het om hierdie kamp besonders te maak.

Die gees is hoog, die vure brand warm en die stories raak net beter! Nou rus ons reg vir môre se nuwe uitdagings en lekkerte.

“Nadat die Here Jesus met hulle gepraat het, is Hy in die hemel opgeneem en het aan die regterhand van God gaan sit.”‭‭M...
14/05/2026

“Nadat die Here Jesus met hulle gepraat het, is Hy in die hemel opgeneem en het aan die regterhand van God gaan sit.”
‭‭Markus‬ ‭16‬:‭19‬ ‭AFR20‬‬

Garsvallei Voortrekkers se trots 💙🤍❤️Baie geluk Gr12 Swaeltjies 🐦 met die slaag van jul Hoofleierswageksamen. Dankie Tan...
13/05/2026

Garsvallei Voortrekkers se trots 💙🤍❤️
Baie geluk Gr12 Swaeltjies 🐦 met die slaag van jul Hoofleierswageksamen. Dankie Tannie Annatjie vir al die leiding, voorbereiding en liefde.

Wanneer die Hoofleierswageksamen verby is, is dit SPEELTYD. GR 12 Swaeltjies 🐦 en hulle Ma's vingerverf die spanning weg...
04/05/2026

Wanneer die Hoofleierswageksamen verby is, is dit SPEELTYD. GR 12 Swaeltjies 🐦 en hulle Ma's vingerverf die spanning weg. Dankie Cheri vir die pret!

Garsvallei Voortrekkers se Verkenners hou aandmark ✨🥙🌭🍦🍩🍹 Alle wins word aangewend vir spanfonds. Dit was 'n heerlike aa...
20/04/2026

Garsvallei Voortrekkers se Verkenners hou aandmark ✨🥙🌭🍦🍩🍹 Alle wins word aangewend vir spanfonds. Dit was 'n heerlike aand en groot sukses.

Address

393 Rina Van Zyl Street
Garsfontein

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Garsvallei Voortrekkers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share