19/06/2026
Fochville Maatskaplike Diens verwys mense wat klere benodig na die Geloof, Hoop en Liefde Interkerklike Groep in Fochville. Maar onlangs kon hul my nie help nie, want hulle kan net uitdeel wat daar is.
Ondersteun dus asseblief hierdie projek. Ons benodig BAIE kinderklere en skoene vir kinders tussen 3 en 13 jaar. Jul kan dit, soos op die advertensie aangedui, by NG Noord aflewer.