Ons Winkel Brackenfell

Ons Winkel Brackenfell Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met

gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Die dame wat saterdag hierdie item kom koop het, het die Citrus Press vergeet in die kombuis.  U kan dit by ons kom afha...
23/08/2026

Die dame wat saterdag hierdie item kom koop het, het die Citrus Press vergeet in die kombuis. U kan dit by ons kom afhaal wanneer dit u pas by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat.

Hierdie tent soek n nuwe kamp plek.  Hy is tans beskikbaar by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat vir R1350.
22/08/2026

Hierdie tent soek n nuwe kamp plek. Hy is tans beskikbaar by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat vir R1350.

22/08/2026

Anybody that wishes to join our whatsapp group at Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze street. Please just ckick on the link. Forward to family and friends.

Saterdag 22 Augustus is prop vol spesiale aanbiedinge.  Ons laaste Fill a Bag vir R30Duvet oortreksels R30Digitale horlo...
21/08/2026

Saterdag 22 Augustus is prop vol spesiale aanbiedinge.
Ons laaste Fill a Bag vir R30
Duvet oortreksels R30
Digitale horlosies was R180 nou R100
Winterskoene Mans en Dames - R30
Kindertafel opgemaakte sakkies minus 50%
Kinderklere - Fill a Bag R30
Boeke - 5 vir R25
CD's - R5 elk
DVD's - R10 elk
Alles by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat. Ons is oop van 09h00 tot 13h00.

Somer is op die rakke vir mans en dames, by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat.  Kom loer gerus in.  Ons is oop...
20/08/2026

Somer is op die rakke vir mans en dames, by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat. Kom loer gerus in. Ons is oop van 09h00 tot 17h00.

19/08/2026

Ons wys n voorsmakie van ons somers items wat pas uitgepak is by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat. Kom loer gerus in. Al die items wat hier vertoon word is beskikbaar.

Most beautifull vintage items Royal Albert and J&P Meakin.  All sets put together and wrapped to keep items safe from br...
19/08/2026

Most beautifull vintage items Royal Albert and J&P Meakin. All sets put together and wrapped to keep items safe from breakage. Contact Ann 0842501555.

Dont miss out today.  Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze street, Springbokpark, Brackenfell.
19/08/2026

Dont miss out today. Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze street, Springbokpark, Brackenfell.

19/08/2026
Come and enjoy our Happy Hour 12h30 to 13h30 today.  Most items on 50% at Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze street.
18/08/2026

Come and enjoy our Happy Hour 12h30 to 13h30 today. Most items on 50% at Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze street.

Address

7 Gert Kotze Street
Ferndale
7560

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27741295555

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Brackenfell posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Brackenfell:

Shortcuts

Share