Ons Winkel Brackenfell

Call Directions Website Contact the organization

Ons Winkel Brackenfell Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Is sy nie pragtig nie.  Vandag opdievloer by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat vir net R1200. Kontak Ann by 08...
10/10/2026

Is sy nie pragtig nie. Vandag opdievloer by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat vir net R1200. Kontak Ann by 0842501555 indien u belangstel.

Kom geniet n heerlike sonnige warm dag by Ons Winkel Brackenfell,7 Gert Kotze.  Groot verskeidenheid om van te kies vir ...
10/10/2026

Kom geniet n heerlike sonnige warm dag by Ons Winkel Brackenfell,7 Gert Kotze. Groot verskeidenheid om van te kies vir 50% afslag. Daar is wel ons gemerkte geel sticker wat normale prys is. Juwele ook nie op afslag nie. Ons is oop van 09h00 tot 13h00 vandag.
👔👗👞🩳🥿🥁🪘📺🪑

10/10/2026

Doen iets! Voed 'n kind.

Die -projek help daagliks om 8 000 kleuters te voed sodat hulle kan speel, leer en ontwikkel. Help ons om nie net hierdie kinders se kosblikke vol te maak nie maar ook die gemeenskap te bemagtig. Besoek https://helpendehand.co.za/kosblikkie-donasie/

Big shout out to my new rising fans! Theunis Victor
09/10/2026

Big shout out to my new rising fans! Theunis Victor

Pas geartiveer by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat.  Kontak Ann 0842501555 indien u belangstel.
09/10/2026

Pas geartiveer by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat. Kontak Ann 0842501555 indien u belangstel.

Vandag by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat.  Onthou u "rewards"kaartjie.
09/10/2026

Vandag by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat. Onthou u "rewards"kaartjie.

Die nuutste items by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat.  Pragtige egte Vintage hout stoele.  U mag dit nie mis...
08/10/2026

Die nuutste items by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat. Pragtige egte Vintage hout stoele. U mag dit nie misloop nie. Kontak Ann 0842501555 indien u belangstel. Ons lewer af in Brackenfell en omliggende omgewing.

Ons kombuis en klere is vandag op 50% afslag.  Groot verskeidenheid kombuisware om van te kies.  Klere items word daagli...
08/10/2026

Ons kombuis en klere is vandag op 50% afslag. Groot verskeidenheid kombuisware om van te kies. Klere items word daagliks uitgepak by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat. Ons is daagliks oop van 09h00 tot 17h00.

Nuwe items op die rakke by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat.  Kontak Ann indien daar n item is waarin u belan...
07/10/2026

Nuwe items op die rakke by Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze straat. Kontak Ann indien daar n item is waarin u belangstel by 0842501555.

Today at Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze.  Come find your treasure at less 50%.  Offer is not on jewellery.  We are...
07/10/2026

Today at Ons Winkel Brackenfell, 7 Gert Kotze. Come find your treasure at less 50%. Offer is not on jewellery. We are open from 09h00 to 17h00.

Address

7 Gert Kotze Street
Ferndale
7560

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27741295555

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Brackenfell posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Brackenfell:

Shortcuts

Share