15/10/2026
Ons laaste vergadering van die jaar voor ons prysuitdelingsfunksie. ‘n Pragtige tafel vol goudgeel rose en suurlemoene omring deur omtrent 30 stralende dames was ‘n gees om te aanskou. Ons praatjie “Moenie vergeet om te leef nie” is geskryf deur Brenda Myburgh wat ongelukkig nie self daar kon wees nie, maar Carin Ferreira het dit pragtig voorgelees. Mens is nooit te oud om iets aan te pak wat jou bietjie bang maak nie. Stabiliteit kan jou lewe beperk. Gladys Myburg, Christine van den Berg (opening) en Esther Nel was ons gasvrouens. Omdat al ons inskrywings kongres artikels is kan ons ongeluk nie daardie foto’s plaas nie, slegs ons ope afdeling.