Tierpoort VLU

Tierpoort VLU Tierpoort VLU (Bloemfontein) vir vriendelike samesyn!

Pak jou Tas… na Bolivia… dit was hierdie maand se tema en Annelie van den Berg het ons van hierdie pragtige en baie inte...
05/08/2026

Pak jou Tas… na Bolivia… dit was hierdie maand se tema en Annelie van den Berg het ons van hierdie pragtige en baie interressante land vertel na haar besoek daaraan. Malie Marais was gasvrou saam met Hannalie Theron en Margarethie Bredenkamp. Pragtige dekor en lekker eetgoed. Kyk ons oulike tas geskenkie. Winnie Ward ons UB het ook besoek kom aflê. Die tafel was weereens toegepak met al die items wat ons lede ingeskryf het vir beoordeling.

Ons jaarlikse Damesoggend was n kleurvolle ontploffing van kreatiewe gedekte tafels vol  dekadente eetgoed.  Herman Lens...
20/06/2026

Ons jaarlikse Damesoggend was n kleurvolle ontploffing van kreatiewe gedekte tafels vol dekadente eetgoed. Herman Lensing het net oor die 200 dames vermaak met sy vertellings oor sy groot word jare, sy sukses tot nou toe en hoe kos mense saam snoer. Sy vertelling oor “crimplene cuisine” was kostelik. Dis ook een van sy gunsteling tipe geregte. Dis nou waar enige blikke of pakkie geklits en/of gestol word. Dan is hy ook al onthaal met disse van gebraaide polonie met aromat en kaassous gegeur met kaaskrulle. Kos hoef nie fynproewers disse te wees nie, solank die gasvrou dit met liefde en oorgawe maak en voorsit… en mense lekker om die tafel kuier.

Junie maand se vergadering was  gereël deur Jenene , Jayne en Mary. Die tafels was versier met vuurpyle wat n lekker war...
06/06/2026

Junie maand se vergadering was gereël deur Jenene , Jayne en Mary. Die tafels was versier met vuurpyle wat n lekker warm gevoel gegee het op n koue wintersmiddag. Hester het pragtig geopen met die boodskap dat ons almal verskilled is en verskillende gawes het maar soos Liquorice Allsorts kom ons almal uit een pakkie,bv Tierpoort VLU en ons komplimenteer mekaar. Salon Pure Indulgence het ons meer vertel oor haarverlengings. Dit is nie net vir dames wat langer hare wil hê nie, maar ook om hare dikker te maak. Sy het veral n sagte hart vir mense wat hul hare tydens chemoterapie verloor en dan dunner uitgroei. Die verlengings is regte hare wat mense skenk. Daar was soos altyd pragtige inskrywings wat deur Hester en Frances beoordeel is

Bloemskou uitslaeVLU kompetisie: Tierpoort wen trofee vir tak met die meeste punte Hester Roodt wen trofee vir lid met d...
13/05/2026

Bloemskou uitslae
VLU kompetisie: Tierpoort wen trofee vir tak met die meeste punte
Hester Roodt wen trofee vir lid met die meeste punte
Hester 1 x 1ste plek
2 x 2 de plekke
1 x 3 de plek
Elsa Vermeulen 1 x 1ste plek
1 x 3 de plek
Hannalie Theron 1 x 2 de plek
1 x 3 de plek
Salomè du Toit 2 x 1 ste plekke
1 x 2 de plek
Lucy Viljoen 1 x 1 ste plek
Annette van der Merwe 1 x 1 ste plek
Marieta Pienaar 1 x 3 de plek
Die volgende dames het privaat ingeskryf
Frances van Schalkwys 2 de plek vir haar kwilt
Sonia van Zyl 3 x 1ste plekke vir haar breiwerk
Lucy Viljoen Trofee en spesiale prys vir mees uitstaande artikel in matuurlike vesel - breiwerk asook 2 x 2 de plekke
Vir haar hekelwerk het sy die trofee vir meeste punte asook 4 x 1 ste en 2 x 2 de plekke gekry
Elsa Vermeulen
Beginner brei spesiale prys en trofee
3 x 1ste vir stokperdjies
14 x 1ste plekke en spesiale prys vir kweperjellie
20 x 2 de plekke
8 x 3 de plekke
3 de plek in blommerangskik afdeling waaraan sy deelgeneem het

Bloemfontein was laas week lekker koud, maar Tierpoort se dames het die koue aangedurf en ons het weer heerlik vergaderi...
13/05/2026

Bloemfontein was laas week lekker koud, maar Tierpoort se dames het die koue aangedurf en ons het weer heerlik vergadering gehou. Ons tak het uitstekend gedoen by Bloemskou . (Sien aparte Facebook inskrywing) Janette Moolman was gasvrou saam met Annette vd Merwe en Amanda Jacobs en sy het gepraat oor herwinning. Definisie, hoe, wat, hoekom, hergebruik, vernuwing, voordele ens. Sy het voorbeelde uitgestal en van dit bespreek. Met die ronde karton templet, het sy hulle gewys hoe om n bessie te maak met gare of wol wat gebruik kan word as versiering of selfs n knoop op brei of hekelwerk. Tafels was versier net Potchie prente en blou takke. Sy het modge podge houers vir elkeen gegee om by die huis te versier en met volgende vergadering te kom wys.

NicoléTaljaard van Nicolé Beauty in Bloemfontein het ons dames gewys hoe om gepas te grimeer namate hulle ouer word. Daa...
13/04/2026

NicoléTaljaard van Nicolé Beauty in Bloemfontein het ons dames gewys hoe om gepas te grimeer namate hulle ouer word. Daar is pragtige skeppings en gebak deur ons lede ingegee en ons gasvrouens het ons met die heerlikste eetgoed bederf.

Address

Welgelegen 489
Fauresmith
9978

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Tierpoort VLU posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share