Ons Winkel Ermelo

Ons Winkel Ermelo Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

• Kinders
• Gesinne
• Persone me

t gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

🌸 A wonderful Spring day to all our clients! 🌸A new season has arrived, bringing fresh energy, new opportunities and ple...
01/09/2026

🌸 A wonderful Spring day to all our clients! 🌸

A new season has arrived, bringing fresh energy, new opportunities and plenty of beautiful things to discover. 🌿✨

Visit Ons Winkel Ermelo and explore a variety of second-hand treasures, beautiful clothing and unique finds waiting for a new home. 🛍️💛

Thank you to every client who supports us and is part of our journey. We appreciate you! ❤️

📍 21A De Jager Street, Ermelo
📞 078 291 7148 / 081 563 8228

🌸 Heerlike Lente dag vir al ons kliënte! 🌸Die nuwe seisoen is hier en dit bring vars energie, nuwe geleenthede en hope m...
01/09/2026

🌸 Heerlike Lente dag vir al ons kliënte! 🌸

Die nuwe seisoen is hier en dit bring vars energie, nuwe geleenthede en hope mooi dinge om te ontdek. 🌿✨

Kom loer gerus by Ons Winkel Ermelo in en ontdek ’n verskeidenheid tweedehandse skatte, pragtige klere en unieke items wat wag vir ’n nuwe huis. 🛍️💛

Dankie aan elke kliënt wat ons ondersteun en deel is van ons reis. Ons waardeer julle! ❤️

📍 21A De Jagerstraat, Ermelo
📞 078 291 7148 / 081 563 8228

🌞👗 Support Ons Winkel Ermelo and shop smart for summer!Pop in and discover a great selection of second hand summer items...
27/08/2026

🌞👗 Support Ons Winkel Ermelo and shop smart for summer!

Pop in and discover a great selection of second hand summer items at affordable prices. From clothing to accessories, there is something for the whole family. 🛍️

👗 Summer dresses
👕 Men’s and women’s summer clothing
🩱 Swimwear
🧒 Kids’ summer clothing
🏖️ Swimming towels
💄 Make-up
💍 Jewellery
👒 Hats and more!

By shopping at Ons Winkel Ermelo, you are also supporting the valuable work of Solidariteit Helpende Hand. 🧡💙

𝘈𝘳𝘦 𝘺𝘰𝘶 𝘥𝘦𝘤𝘭𝘶𝘵𝘵𝘦𝘳𝘪𝘯𝘨? 𝘋𝘰 𝘺𝘰𝘶 𝘩𝘢𝘷𝘦 𝘪𝘵𝘦𝘮𝘴 𝘺𝘰𝘶 𝘯𝘰 𝘭𝘰𝘯𝘨𝘦𝘳 𝘶𝘴𝘦? 𝘋𝘰𝘯𝘢𝘵𝘦 𝘪𝘵 𝘵𝘰 𝘖𝘯𝘴 𝘞𝘪𝘯𝘬𝘦𝘭 𝘌𝘳𝘮𝘦𝘭𝘰!
𝗢𝗻𝘀 𝗪𝗶𝗻𝗸𝗲𝗹 𝗘𝗿𝗺𝗲𝗹𝗼 𝗶𝘀 𝗮 𝘁𝗵𝗿𝗶𝗳𝘁 𝘀𝗵𝗼𝗽

𝑾𝒆 𝒂𝒓𝒆 𝒑𝒂𝒓𝒕 𝒐𝒇 𝑺𝒐𝒍𝒊𝒅𝒂𝒓𝒊𝒕𝒆𝒊𝒕 𝑯𝒆𝒍𝒑𝒆𝒏𝒅𝒆 𝑯𝒂𝒏𝒅
Contact us 👉 0782917148 / 0815638228
Visit us 👉 21 De Jager street, Ermelo
Website 👉 www.helpendehand.co.za/ons-winkel

🌞👗 Ondersteun Ons Winkel Ermelo en koop slim vir die somer!Kom loer gerus in en ontdek ’n verskeidenheid tweedehandse so...
27/08/2026

🌞👗 Ondersteun Ons Winkel Ermelo en koop slim vir die somer!

Kom loer gerus in en ontdek ’n verskeidenheid tweedehandse someritems teen bekostigbare pryse. Van klere tot bykomstighede, daar is iets vir die hele gesin. 🛍️

👗 Somerrokke
👕 Mans en dames somerklere
🩱 Swemklere
🧒 Kinders se somerklere
🏖️ Swemhanddoeke
💄 Make-up
💍 Juwelle
👒 Hoede en meer!

Deur by Ons Winkel Ermelo te koop, ondersteun jy ook die goeie werk van Solidariteit Helpende Hand. 🧡💙

𝘗𝘢𝘬 𝘫𝘺 𝘳𝘦𝘨? 𝘏𝘦𝘵 𝘫𝘺 𝘪𝘵𝘦𝘮𝘴 𝘸𝘢𝘵 𝘫𝘺 𝘯𝘪𝘦 𝘮𝘦𝘦𝘳 𝘨𝘦𝘣𝘳𝘶𝘪𝘬 𝘯𝘪𝘦? 𝘚𝘬𝘦𝘯𝘬 𝘥𝘪𝘵 𝘢𝘢𝘯 𝘖𝘯𝘴 𝘞𝘪𝘯𝘬𝘦𝘭 𝘌𝘳𝘮𝘦𝘭𝘰!
𝗢𝗻𝘀 𝗪𝗶𝗻𝗸𝗲𝗹 𝗘𝗿𝗺𝗲𝗹𝗼 𝗶𝘀 '𝗻 𝘀𝗻𝘂𝗳𝗳𝗲𝗹𝗸𝗼𝗼𝗽 𝘄𝗶𝗻𝗸𝗲𝗹

𝑶𝒏𝒔 𝒊𝒔 𝒅𝒆𝒆𝒍 𝒗𝒂𝒏 𝑺𝒐𝒍𝒊𝒅𝒂𝒓𝒊𝒕𝒆𝒊𝒕 𝑯𝒆𝒍𝒑𝒆𝒏𝒅𝒆 𝑯𝒂𝒏𝒅
Kontak ons 👉 0782917148 / 0815638228
Besoek ons 👉 21A De Jager straat, Ermelo
Webwerf 👉 www.helpendehand.co.za/ons-winkel

21/08/2026

Ons Winkel Ermelo is in need of secondhand donations for families and people in need.
Every donation, big or small, can help make someone’s winter warmer and easier. ❤️

𝘈𝘳𝘦 𝘺𝘰𝘶 𝘥𝘦𝘤𝘭𝘶𝘵𝘵𝘦𝘳𝘪𝘯𝘨? 𝘋𝘰 𝘺𝘰𝘶 𝘩𝘢𝘷𝘦 𝘪𝘵𝘦𝘮𝘴 𝘺𝘰𝘶 𝘯𝘰 𝘭𝘰𝘯𝘨𝘦𝘳 𝘶𝘴𝘦? 𝘋𝘰𝘯𝘢𝘵𝘦 𝘪𝘵 𝘵𝘰 𝘖𝘯𝘴 𝘞𝘪𝘯𝘬𝘦𝘭 𝘌𝘳𝘮𝘦𝘭𝘰!
𝗢𝗻𝘀 𝗪𝗶𝗻𝗸𝗲𝗹 𝗘𝗿𝗺𝗲𝗹𝗼 𝗶𝘀 𝗮 𝘁𝗵𝗿𝗶𝗳𝘁 𝘀𝗵𝗼𝗽

𝑾𝒆 𝒂𝒓𝒆 𝒑𝒂𝒓𝒕 𝒐𝒇 𝑺𝒐𝒍𝒊𝒅𝒂𝒓𝒊𝒕𝒆𝒊𝒕 𝑯𝒆𝒍𝒑𝒆𝒏𝒅𝒆 𝑯𝒂𝒏𝒅
Contact us 👉 0782917148 / 0815638228
Visit us 👉 21 De Jager street, Ermelo
Website 👉 www.helpendehand.co.za/ons-winkel

21/08/2026

Ons Winkel Ermelo benodig tweedehandse skenkings vir families en mense in nood.
Elke skenking, groot of klein, kan iemand se winter warmer en makliker maak. ❤️

𝘗𝘢𝘬 𝘫𝘺 𝘳𝘦𝘨? 𝘏𝘦𝘵 𝘫𝘺 𝘪𝘵𝘦𝘮𝘴 𝘸𝘢𝘵 𝘫𝘺 𝘯𝘪𝘦 𝘮𝘦𝘦𝘳 𝘨𝘦𝘣𝘳𝘶𝘪𝘬 𝘯𝘪𝘦? 𝘚𝘬𝘦𝘯𝘬 𝘥𝘪𝘵 𝘢𝘢𝘯 𝘖𝘯𝘴 𝘞𝘪𝘯𝘬𝘦𝘭 𝘌𝘳𝘮𝘦𝘭𝘰!
𝗢𝗻𝘀 𝗪𝗶𝗻𝗸𝗲𝗹 𝗘𝗿𝗺𝗲𝗹𝗼 𝗶𝘀 '𝗻 𝘀𝗻𝘂𝗳𝗳𝗲𝗹𝗸𝗼𝗼𝗽 𝘄𝗶𝗻𝗸𝗲𝗹

𝑶𝒏𝒔 𝒊𝒔 𝒅𝒆𝒆𝒍 𝒗𝒂𝒏 𝑺𝒐𝒍𝒊𝒅𝒂𝒓𝒊𝒕𝒆𝒊𝒕 𝑯𝒆𝒍𝒑𝒆𝒏𝒅𝒆 𝑯𝒂𝒏𝒅
Kontak ons 👉 0782917148 / 0815638228
Besoek ons 👉 21A De Jager straat, Ermelo
Webwerf 👉 www.helpendehand.co.za/ons-winkel

Address

21 De Jager Street
Ermelo
2350

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27674378012

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Ermelo posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Ermelo:

Share