ErrieUnie

ErrieUnie Die Errie Unie is 'n groep mense met 'n omgee hart vir die Erries wat poog om dié skool te onderste

BAIE GELUK, FUMANI SIWELE! Hoërskool Ermelo is ongelooflik trots op oud-Errie Fumani Siwele, wat sy BEng Meganiese Ingen...
05/09/2026

BAIE GELUK, FUMANI SIWELE!

Hoërskool Ermelo is ongelooflik trots op oud-Errie Fumani Siwele, wat sy BEng Meganiese Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria verwerf het!

Fumani het in 2014 aan Hoërskool Ermelo gematrikuleer en vandag is hy ’n ingenieur by Sasol.

Fumani, jou harde werk, deursettingsvermoë en toewyding is ’n inspirasie vir ons huidige Erries.
Hoërskool Ermelo is trots op jou!

Erriebloed vloei sterk deur generasies.2026 vier ‘n spesiale jaar van reünies vir die Mentz gesin as oud-Erries. Mara Me...
03/09/2026

Erriebloed vloei sterk deur generasies.

2026 vier ‘n spesiale jaar van reünies vir die Mentz gesin as oud-Erries.
Mara Mentz (nee Höll) vier die skool se 80-jaar reunie. Sover ons weet, is sy die enigste oorlewende (98) van haar groep.
Narina Brecher (neé Mentz) vier haar 50 jaar reünie.
Molie Mentz vier sy 40 jaar reünie
Anra Lloyd (neé Mentz) vier haar10 jaar reunie. Erriebloed vloei sterk deur hierdie familie se are.

Die Erries is oral!Oud-Errie Edwin Smit (regs op die foto) wat in 2024 gematrikuleer het, is al vir twee jaar betrokke b...
25/08/2026

Die Erries is oral!

Oud-Errie Edwin Smit
(regs op die foto) wat in 2024 gematrikuleer het, is al vir twee jaar betrokke by die SA All Stars 7's Akademie.

Edwin is gekies vir die Valke se 0/21 rugbyspan.

Ons wens jou alle sterkte toe vir die seisoen.
Baie geluk, Edwin!

Oud-Errie Rudolf Pretorius (regs) het die naweek in Ermelo aan die Ingco Rally deelgeneem in die afdeling NCR3. Hy het '...
24/08/2026

Oud-Errie Rudolf Pretorius (regs) het die naweek in Ermelo aan die Ingco Rally deelgeneem in die afdeling NCR3. Hy het 'n 3de plek behaal. Baie geluk die Erries is trots op jou.

23/08/2026
Die Erries vlieg hoog!  Jaco Henning, oud-Errie (1998) en onderhoofseun-sport- was bevoorreg om agter die stuur te wees ...
23/08/2026

Die Erries vlieg hoog! Jaco Henning, oud-Errie (1998) en onderhoofseun-sport- was bevoorreg om agter die stuur te wees van die Airlink-vliegtuig wat die verbyvlug oor Ellisparkstadion waargeneem het voor die Springbokke se wedstryd teen die All Blacks. Dit is net weer ‘n bewys: die Erries is orals teenwoordig, selfs in die lug.

10/08/2026

AFRICAN U20 RECORD 🌟
 
🇿🇦’s team of Ryno Riekert, Kryn Romijn, Abelines Schoeman, and Leendert Koekemoer clock 3:02.76 in the men’s 4x400m relay final to take home silver 🔥
 
|

Die Erries is besonder trots op Oud-Errie, Kryn Romijn. Om in ‘n finaal teen die beste in die wêreld mee te ding, is nie...
09/08/2026

Die Erries is besonder trots op Oud-Errie, Kryn Romijn. Om in ‘n finaal teen die beste in die wêreld mee te ding, is nie almal beskore nie. Jy het jou uitstekend van jou taak gekwyt. Die Erries hou jou atletiekloopbaan met belangstelling en trots dop.

Address

Ermelo

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ErrieUnie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to ErrieUnie:

Shortcuts

Share