20/06/2026
Rus sag Martin boeta jy was my boetie met wie ek soveel kon deel. My hart is stukkend al het dinge so gebeur dat ons band verbrokkel het omdat mense nooit kon aanvaar dat ons so na aan mekaar was nie. Ek koester ons tye vir altyd in my hart ongeag die boodskappe en leuns wat nou vertel word deur die wat jou in jou lewenspad hier so terug gehou het. Ons het baie kere gepraat oor wat eendag sou gebeur as jy die lewe verlaat vir jou ewige tuiste.
Ek sal bly staan want jy het my dit geleer, en vir die wat my nou ontneem van soveel soos met my pa n paar jaar terug toe hy die wêreld verlaat het vir sy ewige tuiste asook nou jou begrafnis,sal ek met tyd heel soos ek oor soveel ander dinge moes heel.
So baie gaan so baie te sê hê,en vir nou gaan dit my bitter seer maak en ek sal weer sterk staan soos jy het deur die jare. Ek het die voorreg gehad om my Bybel vir jou te kon gee toe jy my gevra het,en daar was my persoonlike lewensreis met notas aangeteken wat ek met jou gedeel het hoe God nog altyd voorsien het en my gedra het. Ek sou dit met niemand anders wou deel nie.
Die waarheid en herhinneringe is opgeteken in my hart waar niemand dit ooit sal kan verwoes of leuns dit kan verdraai nie.
Ek sal ongelukkig nie daar kan wees wanneer jy teruste gelê word nie,soos met pa....maar eks vir nou by Jesus se voete want daar is waar ek vrede van die wêreld en die mensdom ervaar.
Laat daar gepraat word, laat daar waarheid weerhou word want in die wêreld streef sommige mense soos ek en jy weet,na leuns en om my lewe en die van my gesin te verwoes,en dit is ok. Na al die jare het ek nog altyd die beste beskerming en leiding gehad...my hemelse Vader.
Die gesegde van bloed is dikker as water...is nie waar nie. God se bloed en Sy beskerming is wat alles bedek,en al moet ek soos Job alles verloor wat ek alreeds het in die sin vam familie en die vir wie jy jou lewe gegee het, is al wat ek kan sê "It is well with my soul"
Ek sal aangaan en om ons aardse stories en verhale te bly deel aan die wat dit sal waardeer want dit is n getuienis van hoe wreed die wêreld nou is en hoe jy soveel verskille in mense se lewens gemaak het.
Jammer gaan ek nie sê omdat ek nie daar kan en kon wees nie,want jy weet hoekom en waarom en dat daar ook eendag verantwoording gedoen moet word vir dit.
Vir die wat hier lees en gaan deel soos ek weet want soos die spreekwoord lei:
"History will repeat it self" is my woorde:
Jy wat wel deel was van my,ek spreek jou vry,ek breek vandag alle bindings,gedagtes en planne teenoor my en my gesin en die met wie jy saam planne beraam, wees vry.
Die lewe loop snaakse draaie ek weet...jou planne is nie God se planne nie. Hierdie boek van jou en haar is finaal gesluit en mag net goedheid en guns julle volg. Mag julle vrede vind en mag alles wat julle doen verander in die vrug van die Gees en nie vlees nie.
Martin lief jou jy was een baie besonderse boetie.
Julle mag maar screenshot en share sodat daar altyd iets is om te deel.