Evangelie van Christus deur Tiaan Van Lingen

Evangelie van Christus deur Tiaan Van Lingen Hier op die media platform deel ek met graagte die Here Jesus Christus se woord

Ek wens almel in my lewe n happy new year mag die jaar vol vrede en vreugde wees mag die wat veloore is weer gevind sal ...
01/01/2025

Ek wens almel in my lewe n happy new year mag die jaar vol vrede en vreugde wees mag die wat veloore is weer gevind sal word mag die wat seer het gesond word. Mag die wat na die Here se liefde soek dit vind mag jou lewe weer soos n helder lig brand Ek wens julle almel n happy new year 2025

DIE EVANGELIE VOLGENSJOHANNESProloog1*In die begin was die Woord,*en die Woord was by God,en die Woord was God.2 Hy was ...
30/12/2024

DIE EVANGELIE VOLGENS
JOHANNES
Proloog
1*In die begin was die Woord,*
en die Woord was by God,
en die Woord was God.
2 Hy was in die begin by God.
3 *Alles het deur Hom ontstaan,
en sonder Hom het selfs
nie een ding wat bestaan,
ontstaan nie.
4 In Hom was lewe,
en dié lewe was die lig vir die mense.
5 *En die lig skyn in die duisternis,
en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

Hierdie is vir my n pragtige stikkie
Die woord was nog altyd daar die woord was gister daar Die woord is vandag hier Die woord sal more ook daar wees, God het nog altyd bestaan en hy sal nog altyd bestaan niemand kan dit ontken nie Die woord sal altyd hier wees Die Woord sal nooit weg gaan nie....

PSALM 103:8-138 Barmhartig en genadig is die Here,lankmoedig en vol liefde.9 Hy sal ons ons sonde nie bly toerekenen nie...
27/12/2024

PSALM 103:8-13

8 Barmhartig en genadig is die Here,
lankmoedig en vol liefde.
9 Hy sal ons ons sonde nie bly toereken
en nie vir ewig toornig bly nie.
10 Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie,
vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie,
11 want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is,
so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien.
12 So ver as die ooste van die weste af is,
so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.
13 Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders,
so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.

Terwyl ek nou bybel lees kom ek op die stikkie af wat soo baie beteken.
Jy weet ek is half ontsteld hier waar ek sit want ek weet God het ons lief Soos Psalm 103 sê en hy vergewe ons altyd maar vir somage mense is dit nie soo nie daai tipe mense kies om jou sondes uit te wys en te sê jy gaan in die hell brand want Die Here sal jou nooit vergewe, mense het altyd klomp goed te sê maar ek het baie slegte nuus vir hulle Daar is n God en dis n God van liefde ja sondes is verkeerd maar jy wat oordeel wie is jy om die eerste klip te gooi wil jy dan vir my sê jy leef heeltemaal sonder sondes geen mens! Geen mens! Kan sonder sonde lewe nie maae ons kan elke dag probeer om volgens ons God van liefde se woord te leef en volgens sy pad en wil te lewe soo jy as mens kan nie n ander mens oordeel nie dit los ons vir Ons God AMEN EN AMEN

25/12/2024

My Kersfees storie

25/12/2024

Weens n netwerk probleem kon ek met groot spuit nie live gaan nie...
My kersfees storie het geskyf na 17:00nm vandag,❤️

23/12/2024
Join my vanoggend om 11 Live op Facebook waar ek in die Naam Van Here ons Vander gaan preek
22/12/2024

Join my vanoggend om 11 Live op Facebook waar ek in die Naam Van Here ons Vander gaan preek

“As 'n mens sterf, sal hy weer lewe?Dan sou ek al die dae van my swaarkry kon wagtot daar vir my nuwe lewe kom.15 Dan so...
17/12/2024

“As 'n mens sterf, sal hy weer lewe?
Dan sou ek al die dae van my swaarkry kon wag
tot daar vir my nuwe lewe kom.
15 Dan sou U my roep en ek U antwoord
en sou U graag weer die maaksel van u hande wou sien.
16 Dan sou U elke tree tel wat ek gee,
maar nie ag gee op my sonde nie.
17 Dan sou U my oortreding in 'n sak verseël
en my sonde toemaak.
18 Maar soos 'n berg in stukke breek
en 'n rots uit sy plek losgeruk word,
19 soos water klippe verweer,
'n wolkbreuk die grond wegspoel,
so vernietig U die hoop van die mens.
20 U oorweldig hom vir altyd en hy verdwyn,
hy kom te sterwe, U neem hom weg.
21 Sy seuns word vereer, maar hy weet dit nie,
hulle word verkleineer, maar hy is nie daarvan bewus nie.
22 Hy voel net die pyn aan sy eie liggaam,
die smart wat aan hom bly vreet.”

Ons moet onthou
Die Here stap n pad saam elk van ons
Ek sien die storie van Job, hy het altyd gewonder hoekom het die Here hom geskies om swaar te kry hoekom moes hy deur aal die dinge gaan maar tog moet ons onthou Die Here doen dit met n rede Die Here wil hê jy moet n pad saam hom stap en hy sal jou weer seën, want jys een van sy kinders Job moes its leer dis hoekom hy swaar gekry het, en ons moet altyd onthou ons moenie vra hoekom nie ons moet vertoue op God, ek was ook daar en gevra hoekom en die dag wat ek besluit het om op tehou vra en my pad saam Die Here biggen stap het, het hy my weer n lewe vol liefde gegee

Goeie middag ek laat weet met groot liefde dat ek die heel eerste keer live gaan, en Die Here se woord met julle gaan de...
16/12/2024

Goeie middag ek laat weet met groot liefde dat ek die heel eerste keer live gaan, en Die Here se woord met julle gaan deel.
Kersfees kom nader en ons moet Die Here se liefde onthou en Jesus Christus se geboorte Amen!
Groete Tiaan

Slag van Bloedrivier is op 16 Desember 1838 langs die Bloedrivier in die destydse Natal, Suid-Afrika, geveg. Sowat 470 V...
16/12/2024

Slag van Bloedrivier is op 16 Desember 1838 langs die Bloedrivier in die destydse Natal, Suid-Afrika, geveg. Sowat 470 Voortrekkers, onder leiding van Andries Pretorius, het 'n ossewalaer beskerm teen tussen 10 000 en 20 000 Zoeloe-impies.

Geskiedenis
wysig

Die ingang tot die Bloedrivierterrein met die monument in die agtergrond
Op 15 Desember 1838 het die Voortrekkers inligting verkry dat 'n groot Zoeloemag op pad was. Pretorius het 'n uiters goeie gevegsterrein langs die Bloedrivier (toe die Ncomerivier) gekies, waar die ossewaens in 'n laer getrek is. Ten spyte van mis wat die aand oor die omgewing neergedaal het, was dit die volgende oggend helder. Voor die slag begin het, het die Voortrekkers 'n gelofte voor God afgelê dat, sou hulle gespaar word, hulle 'n kerk sal bou en die dag as 'n sabbat herdenk en hulle kinders van God sal vertel.

Address

Emalahleni

Telephone

+27698227277

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Evangelie van Christus deur Tiaan Van Lingen posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share