28/05/2026
*PREDIKER 8:6-9*
*Elke ding het sy tyd en sy manier. Daar is baie gevare wat die mens bedreig. [7] Hy weet nie wat sal gebeur nie. Wie kan vir hom sê hoe dit sal wees? [8] Niemand het die mag om die wind te stuit nie; niemand het seggenskap oor sy sterfdag nie; in oorlogstyd spring niemand vry nie. Wie verkeerd doen, word nie deur sy verkeerde daad gered nie. [9] Dit alles het ek gesien. Ek het aandag gegee aan alles wat in hierdie wêreld gebeur wanneer een mens mag oor 'n ander het om hom kwaad aan te doen.*
In PREDIKER 8, is daar ń paar dinge wat gebeur waar die mens geen beheer oor het nie. Prediker praat oor, gevare en as dit met jou gebeur, hoe sal jy vooraf weet hoe dit gaan voel, as jy daarin beland en seerkry. Die pyn is onbekend, die siele stryd is onbekend, jou uithou vermoë is onbekend en jou drumpel van ingee is soms oppervlakkig. Voorbereid kan jy nooit wees nie. Dit is net geloof in Jesus se krag wat jou in jou moeilikste en pynlikste TYD, kan deurdra. (1)
En dan sê PREDIKER: *"In oorlogstyd spring niemand vry nie"*.
As ek daaraan dink, dan besef ek hoe min die mens daaraan dink, dat goeie mense en slegte mense, in oorlog OMKOM! Hoe onbeskryflik die *geweld van OORLOG* wat! *Gesinne, Families en Vriende, Diere en die natuur, *uitmekaar skeur nie*. Dood word gesaai, trane vloei onophoudelik, en mense ween onophoudelik.
En Prediker sê, dat alles ń tyd het en ń manier het, hoe dit sal plaasvind. (2)
Ons weet dat Jesus weer gaan kom. Is ons voorbereid daarop. Of gaan ons onverhoeds betrap word. God het die tyd vasgestel, maar niemand kan dit bepaal nie. As dit gebeur, sal ons kan saam gaan Hemel toe vir die Bruilof van die Lam?
Daar is nog geleentheid en tyd. Tyd en gebeure kom so skielik op ń mens af, soos ń dief in die nag. Wees gereed! Daar is nie nog ń môre nie. Môre mag dalk te laat wees.📖✝️ JESUS LIEFDE Dr Anita. Dr Peet bid vir U en spreek lewe en voorspoed oor U uit. Jesus Liefde✝️📖🌹❤️