Lig en Lewe Bedieninge Witbank

Lig en Lewe Bedieninge Witbank Johannes 14:2"Ek gaan om vir julle plek te berei"

DIENSTYE:
SONDAG:
8H30 KINDERKERK
10H00 OGGENDDIENS
18H00 AAND DIENS
WOENSDAG:
10H00 BIDUUR-DR. ANITA
19H00 BIDUUR-GEMEENTE
VRYDAG:
18H00 JEUG

22/06/2026

🏡✨ NEW LISTING | Historic Karoo Gem with Guest House & Investment Potential in Laingsburg ✨🏡

Step back in time and discover a property where history, character, and opportunity come together! 🤎 Nestled in the heart of the Karoo, this remarkable farm-style home offers endless possibilities as a guest house, lifestyle retreat, family residence, or tourism investment.

🌿 Property Features:
🛏️ 3 Spacious Bedrooms with built-in cupboards
🛁 2 Bathrooms
🔥 Traditional farmhouse kitchen with fireplace – perfect for cosy family gatherings and indoor braais
🏠 5 Additional Guest Rooms for hospitality income potential
🚻 Separate men's and ladies' bathroom facilities
✨ Beautiful original Oregon pine ceilings and classic Karoo architecture
🌅 Expansive stoep to enjoy breathtaking sunsets and tranquil country living

🚗 Additional Benefits:
✔️ Large erf with room for expansion
✔️ Secure guest parking
✔️ Workshop, garage, and storage facilities
✔️ Ideal for guest house, retreat, or tourism venture
✔️ Excellent location with easy access to the N1

📍 Situated in the charming agricultural town of Laingsburg, this historic property offers a rare opportunity to own a piece of Karoo heritage while investing in a growing tourism destination.

💡 With a little TLC, this unique property can be transformed into something truly exceptional!

📞 Contact Hannes at Servamus Properties :
📱 064 892 6552
✉️ [email protected]
🌐 www.servamusproperties.co.za

🏡✨🤎

*PREDIKER 8:6-9**Elke ding het sy tyd en sy manier. Daar is baie gevare wat die mens bedreig. [7] Hy weet nie wat sal ge...
28/05/2026

*PREDIKER 8:6-9*
*Elke ding het sy tyd en sy manier. Daar is baie gevare wat die mens bedreig. [7] Hy weet nie wat sal gebeur nie. Wie kan vir hom sê hoe dit sal wees? [8] Niemand het die mag om die wind te stuit nie; niemand het seggenskap oor sy sterfdag nie; in oorlogstyd spring niemand vry nie. Wie verkeerd doen, word nie deur sy verkeerde daad gered nie. [9] Dit alles het ek gesien. Ek het aandag gegee aan alles wat in hierdie wêreld gebeur wanneer een mens mag oor 'n ander het om hom kwaad aan te doen.*

In PREDIKER 8, is daar ń paar dinge wat gebeur waar die mens geen beheer oor het nie. Prediker praat oor, gevare en as dit met jou gebeur, hoe sal jy vooraf weet hoe dit gaan voel, as jy daarin beland en seerkry. Die pyn is onbekend, die siele stryd is onbekend, jou uithou vermoë is onbekend en jou drumpel van ingee is soms oppervlakkig. Voorbereid kan jy nooit wees nie. Dit is net geloof in Jesus se krag wat jou in jou moeilikste en pynlikste TYD, kan deurdra. (1)

En dan sê PREDIKER: *"In oorlogstyd spring niemand vry nie"*.
As ek daaraan d**k, dan besef ek hoe min die mens daaraan d**k, dat goeie mense en slegte mense, in oorlog OMKOM! Hoe onbeskryflik die *geweld van OORLOG* wat! *Gesinne, Families en Vriende, Diere en die natuur, *uitmekaar skeur nie*. Dood word gesaai, trane vloei onophoudelik, en mense ween onophoudelik.
En Prediker sê, dat alles ń tyd het en ń manier het, hoe dit sal plaasvind. (2)

Ons weet dat Jesus weer gaan kom. Is ons voorbereid daarop. Of gaan ons onverhoeds betrap word. God het die tyd vasgestel, maar niemand kan dit bepaal nie. As dit gebeur, sal ons kan saam gaan Hemel toe vir die Bruilof van die Lam?
Daar is nog geleentheid en tyd. Tyd en gebeure kom so skielik op ń mens af, soos ń dief in die nag. Wees gereed! Daar is nie nog ń môre nie. Môre mag dalk te laat wees.📖✝️ JESUS LIEFDE Dr Anita. Dr Peet bid vir U en spreek lewe en voorspoed oor U uit. Jesus Liefde✝️📖🌹❤️

My Liefste Oupa Peet, Verjaar die 30 ste Mei en dan is hy 70 Jaar Oud. Maar hy laat my nogsteeds toe, om hom te stoei en...
27/05/2026

My Liefste Oupa Peet, Verjaar die 30 ste Mei en dan is hy 70 Jaar Oud. Maar hy laat my nogsteeds toe, om hom te stoei en om te rol, op die mat. Hy het ń hart van GOUD. En hy GEE soveel om vir ander mense. HY IS WAARLIK MY HERO! OUPA!

27/05/2026
*NUMERI 23:19-20*[19] God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets s...
26/05/2026

*NUMERI 23:19-20*
[19] God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie? [20] Ek het die opdrag om te seën: Hý het geseën, en ék kan niks daaraan verander nie.📖✝️

In Numerie 23, word Israel voorgestel as ń militêre mag wat met God in die middel opruk na die beloofde land. Bileam het gesê dat God, sy oë open om te sien wat die Almagtige hom laat sien. Wat hy sien, is dat God Almagtig is en dat niemand Israel sal kan vervloek as God hulle geseën het nie. En drie keer spreek Bileam ń seën oor Israel uit. En elke keer sê hy: *ek doen net wat die Here vir my sê.*
Niemand kan teen die Here en Sy volk standhou nie. Soos Hy besluit oor Israel en die nasies, so sal dit gebeur. Sy mag staan vas vir altyd en altyd. So het God ook Sy mag in Jesus Christus oor die dood en hel bevestig. Ons kan hoopvol en blymoedig Bly, Selfs wanneer die wêreld om ons twyfel. Amen. Jesus het U almal baie lief. Dr Anita. Dr Peet stuur groete en liefde! Shalom tot ons weer ontmoet. ❤️🌹✝️📖🙏

*SPREUKE 15:11 AFR83**[11] Vir die Here is die doderyk en die onderaardse diepte nie verborge nie, hoeveel MINDER die GE...
20/05/2026

*SPREUKE 15:11 AFR83*
*[11] Vir die Here is die doderyk en die onderaardse diepte nie verborge nie, hoeveel MINDER die GEDAGTES van MENSE.*

Wat meer kan ń mens byvoeg? Absoluut NIKS! *GEDAGTES IS GEDAGTES!* Gedagtes beweeg teen die spoed van lig, deur ń mens se brein. Niemand kan gedagtes wegneem of opvang in ń houer nie. Niemand kan dit verklaar hoe dit vorm nie.(1)

Gedagtes kom en gaan. Gedagtes word gevorm, elke sekonde van jou lewe. Solank as wat jy asemhaal, het jy gedagtes, of dit *GOED of SLEG is.* Net jy alleen weet wat jy in jou gedagtes bed**k. En so maklik vloei daar leuens uit die mond van die mens deur verkeerde gedagtes wat jy bed**k. En met die selfde mond sal jy ook met wysheid antwoord op die gedagtes wat jy bed**k en daardeur die Here behaag.(2)

*Here Jesus, help my, dat ek na opregtheid sal soek en ek die goeie sal behou!*

*Gebed:* Here sal U ons gedagtes beheer sodat ons geensins satan sal toelaat om ons gedagtes te beheer en ingaan te kry nie. Hy het geen reg nie, want ons is U kinders en toegewy AAN U gedagtes oor ons. En dit is goed. Amen.
Jesus Liefde Dr Anita en Dr Peet van Kraayenburg 🌹📖💃✝️🙏❤️

*Die Here Jesus sê: "Wees heilig, want Ek is heilig".**1 PETRUS 1:15-16*[15] Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig i...
12/05/2026

*Die Here Jesus sê: "Wees heilig, want Ek is heilig".*

*1 PETRUS 1:15-16*
[15] Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. [16] Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”📖(1)

*Hoe moet die mens heilig leef?*
Selfs! In my woorde en my dade, in my denke en my optredes. Tussen my vriende en in hul geselskap, in my kleredrag waar ek ookal beweeg. Hoe lyk ek vir die Here? Is ek heilig, in hoe ek my finansies bestuur en betaal ek my tiendes in by my Kerk waar ek Aanbid.(2).💒

Waarna kyk ek, en waarna luister ek? Is ek bereid om heilig te leef, soos Christus ons aangesê het, om te leef soos *Hy* is?
*Ons kan!* omdat die Heilige Gees ons daartoe bekragtig. Ons moet bereid wees om ons eie menslike begeertes te deursoek met wat die Heilige Gees ons leer.(3)

*"EK SLUIT AF, EN DIT SLUIT MYSELF IN"*
*PSALMS 119:33,37*
[33] Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou.
[37] Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys.
Jesus Christus het U lief! ❤️🌹✝️📖 Dr Anita van Kraayenburg 📖

🌹*Aan elke kosbare Moeder en Vrou.*🌹*SPREUKE 31:28, 31.**Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar:**Gee haar wat h...
10/05/2026

🌹*Aan elke kosbare Moeder en Vrou.*🌹

*SPREUKE 31:28, 31.*
*Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar:*

*Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.*

🌹Dank die Here God vir elke Moeder. Of ons goed doen of ons arm is of ons mooi is of ons ryk is of ons slim is of ons sterk is. ONS is GOD se skepping en na SY BEELD geskape. AAN GOD AL DIE EER vir ň WONDERLIKE VROU, bekragtige om te kan GLO en te VERTROU. Jesus Christus het jou lief. Dr Anita van Kraayenburg. ❤️✝️🌹

Address

CNR DE K**K Avenue AND STEVE BANTU BIKO ST. , XT 16, WITBANK
Emalahleni
1035

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Sunday 08:30 - 12:00

Telephone

+27136924221

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lig en Lewe Bedieninge Witbank posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Lig en Lewe Bedieninge Witbank:

Share