15/10/2025
Media Verklaring Doringbaai Ontwikkelings Trust -15 Oktober 2025.
Na afloop van ń vergadering wat gehou was op Dinsdag 14 Oktober 2025 by die Hawe Saal te Doringbaai was die onderstaande kwessies bespreek.
1Doringbaai Abalone -DBA
Terugvoering op die huidige status is gegee waartydens ń nuwe belegger aangekondig was, wat. die meerderheids aandeelhouer sedert September by DBA geword het. Die aandeelhouding is soos volg
Nuwe belegger -51%, Chinese 39% 10 % DDT. Een van die mees belangrikste doeleindes om die werksgeleenthede te behou van nagenoeg 50 en die hoop uitgespreek vir verdere nuwe aanstellings.
2. Perseelhouers
Kennis word geneem van die perseelhouers wat tans daar is daar was ook versoek gerig dat die agterstallige huurbedrag aan die Trust betaal moet word. Lede wou ook verneem van die beskikbare spasie om besigheid te bedryf.
3 Huurooreenkoms
Die NDPW se huurooreenkoms met DDT het tot einde gekom en hernude kontrak moet beding word.
4. Pad vorentoe
Vergadering met verteenwoordiging van vissers moet belê word om spasie op perseel uit te sorteer. Uitstaande dokumentasie soos finansiele state moet aan Publieke Werke voorsien word om huurooreenkoms te finaliseer.
Die vaardigheid sentrum was bespreek asook ontwikkeings projekte vir die Jeug.
Sosiale plan om projekte te loods moet finansier word ,tweede vlak leierskap moet aangespreek word asook die rol en funksie van die DDT moet herbesin word. Bekommernis wat uitgespreek teenoor die swak bywoning en pogings moet aangewend word vir beter opkoms tydens opvolg vergadering in November 2025.
Uitgereik deur DDT
Voorsitter RF Saul
15 Oktober 2025