10/06/2026
Dis lanklaas dat ek hier 'n update gedeel het. Die afgelope twee weke was maar biki rof – die eerste keer in vier jaar dat ek weer rerig siek was. (en met dit bedoel ek, ekt weer gehoes soos in die ou dae) Ek moes teruggaan na antibiotika, my nebuliseerders weer getrou gebruik en bietjie stadiger vat. (i tried, ma da was so baie aan in die tyd)
Vandag was my 3-maande ondersoek by die dokter, en my longfunksie is 59%. Dit herinner my net weer hoe groot hierdie wonderwerk in my lewe is. Ek kani onthou wanneer my longfunksie so hoog was nie.......
Ek prys die Here elke dag vir Trikafta – vir hierdie medikasie wat my 'n nuwe kans op lewe gegee het. Dat ek dit in volle dosis, elke dag, kan gebruik, is 'n voorreg wat ek nooit as vanselfsprekend sal aanvaar nie.
Daar is moeilike dae, maar daar is soveel meer goeie dae. En vir dit is ek oneindig dankbaar. 🤍
"Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie." – Psalm 103:2