VLU Delmastak

VLU Delmastak Volwasse opvoeding by die Vroue Landbou Unie se Delmastak

11/05/2026
22/04/2026
Delmastak se Maartvergadering was geken aan ‘n miniskou wat verwagtinge oortref het. Die blomme rangskikkimgs het ‘n taf...
18/03/2026

Delmastak se Maartvergadering was geken aan ‘n miniskou wat verwagtinge oortref het. Die blomme rangskikkimgs het ‘n tafel vol gestaan. Ria van der Hoff het dit beoordeel.
Elsie Bredenkamp en Lenèlle le Roux van Secunda het ‘n wavrag vol kersie truffels en fudge gehad om te proe en beoordeel. Tydens die vergadering het ons voorsitster Marié Terblanche ‘n oorsig gelewer van die Konferensie wat op die 7de Maart plaas gevind het. (Hou dop Vir die spog-berig)
Verlede jaar het ons met produkte in die kombuis geverf - hierdie jaar klink ons glasies daarmee op ons gesondheid. Ria van der Hoff verduidelik wat gemmer, borrie, kaneel, rooipeper en swart peper asook heuning en suurlemoensap Vir mens se gesondheid beteken. Elkeen kry ‘n glasievol om te drink. En só kon ons met ‘n flinke brein en ‘n huppel in ons stap weer huiswaarts keer.

Om ‘n geleentheid te vind wat meer vroulik kan wees as Carpe Diem se 25ste Konferensie, sal mens ver moet gaan soek. Die...
12/03/2026

Om ‘n geleentheid te vind wat meer vroulik kan wees as Carpe Diem se 25ste Konferensie, sal mens ver moet gaan soek. Die tema “Pêrels en Rose” spreek vanself. Simbolies verwys dit na ‘n vroulike innerlike krag wat net sterker na vore kom wanneer struikelblokke oorkom moet word.
Elke verwelkoming, groeteboodskap, waardering vir elke vrou wat waag asook die uitskieters, het die tema uit gelig.
Dit was gesellig, tog professioneel met ‘n uitstekende klankingenieur.
Vier uitstallers het die vroue aangemoedig om die VLU Mpumalanga se tema”Koop Suid-Afrikaans” uit te voer. Daar was silwer juwele, Sh’Zen velsorg reeks, Partners in Crumbs en Baobab Gifts (mooiste prints op enige lap), wat elk ‘n storie het van waagmoed en deursettingsvermoë.
Celebré was die perfekte gasvroue met heerlike kos. Wie anders kan dan beter spyseniers wees as VLU-dames?
Veels geluk aan Marcelle van Vuuren, Streeksvoorsitster, en jou span, om ‘n onvergeetlike konferensie aan te bied.

Carpe Diemstreek se 25ste Konferensie, waar Delmas in die tweede plek geëindig het.
08/03/2026

Carpe Diemstreek se 25ste Konferensie, waar Delmas in die tweede plek geëindig het.

Delmas dames het weereens’n vergadering gehad wat soos ‘n “eat some more”-koekie was. Gaan jy eenkeer, dan kan jy nie we...
18/02/2026

Delmas dames het weereens’n vergadering gehad wat soos ‘n “eat some more”-koekie was. Gaan jy eenkeer, dan kan jy nie weer wegbly nie. Ons het kuiergaste gehad : Rina Breedt, van Azariatak is ons Streekskakelbeampte, en Tandyn Naudé, ‘n vriendin wat graag meer wil weet en wil leer.
Met die prysuitdeling het nuwe lede hul kant gebring en saam met ouer lede mooi presteer. Ons is baie trots op al die lede wat ook nou punte bymekaarmaak om ‘n teelepeltjie te verdien. Wie nie waag nie, gaan nie wen nie, al is dit net met deelname. Dit gaan steeds daaroor om nuwe vaardighede aan te leer.
Die werksklas was verkwikkend nuut. Jonge Lanike Prinsloo het ons ingelei tot “Bloudruk” en ons beïndruk oor hoe sy chemie by kuns laat uitloop.
❤️Ons gasvroue het Vir ons ‘n valentynsfees aangebied, so uit die boek!❤️

Ons eerste vergadering was met kleur en geur gevul. Nie net het ons baie gehad om op te vang nie, maar ook baie om te be...
22/01/2026

Ons eerste vergadering was met kleur en geur gevul.
Nie net het ons baie gehad om op te vang nie, maar ook baie om te beplan en organiseer. Ansie van Zyl het die vergadering gelei terwyl Marié Terblanche Baviaanskloof aangedurf het
Elsie Bredenkamp het die laaste artikels beoordeel wat vir die konferensie gereed moet wees.
Margaret Bezuenhout het ons lus laat uithang vir die sjokolade truffels wat sy gedemonstreer het
Laaste maar verseker nie die minste nie, het die Koljanders ingestaan as gasvroue Vir die vergadering.

Address

Delmas
2210

Telephone

+27769974976

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLU Delmastak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share