01/03/2026
'n Brief aan die ouers wat hul klein kinders kerk toe bring...
Jy sit by die kerk, en jou baba of kleuter is onrustig. Miskien raak hulle bietjie raserig. Jy probeer hulle stil kry – niks werk nie. Jy gee hulle n ou lekkertjie of speelgoed – nog steeds niks. Uiteindelik doen jy die ding wat jy regtig nie wou nie: jy tel hulle op en stap met ’n rooi gesig uit die kerk uit, terwyl jy voel almal kyk vir jou. Jy voel dalk verleë, skaam of selfs gefrustreerd.
Jy d**k miskien: “Wat’s die punt om kerk toe te kom? Ek kry niks uit die diens nie, want ek moet heeltyd my kind dophou.”
Ek wil hê jy moet weet: Jy beteken meer as wat jy d**k. Daardie ou tannie wat dikwels alleen is, sien jou met jou woelige kleinding en glimlag. Sy onthou hoe dit was toe haar kinders klein was. Daardie geluide bring vir haar kosbare herinneringe terug.
En die ou oom wat altyd nors lyk? Hy sien jou ook. Hy praat dalk oor hoe die wêreld verander het en kinders nie meer respek het nie, maar elke Sondag sien hy jou en jou gesin daar. Dit gee hom hoop. Hy sien jong ouers wat steeds kerk toe kom, al is dit soms uitdagend.
Hou aan om jou kinders kerk toe te bring!
As ons nie kinders se geluide ini kerk hoor nie, beteken dit die kerk raak stil en leeg. Al voel jy soms moeg en moedeloos, hou aan. Jy is besig om ‘n impak te maak, en jy lê die fondasie vir jou kinders se geloof.
En vir die ouers wat al deur hierdie fase is – los asseblief ‘n bemoedigende woord vir die jong ouers hier onder!
Geleen