Die Voortrekkers: Ceres

Die Voortrekkers: Ceres Ceres Voortrekkers Ceres Voortrekkers is deel van die groter Voortrekker beweging in Suid-Afrika en Namibië.

🏮🔥 Meer as 1500 Voortrekkers het reeds geregistreer vir 2026!Laat ons lantern-barometer tot nuwe hoogtes klim en die avo...
20/01/2026

🏮🔥 Meer as 1500 Voortrekkers het reeds geregistreer vir 2026!

Laat ons lantern-barometer tot nuwe hoogtes klim en die avontuur van 2026 verlig! ✨

Sluit aan en registreer vandag:
Stuur 'n epos na : [email protected].

Of kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📞 Neef Anton - 082 828 7370


20/01/2026
Ceres Voortrekker Kommando begin amptelik hierdie jaar op die 27ste Januarie!Ons skop sommer die jaar af met 'n prettige...
20/01/2026

Ceres Voortrekker Kommando begin amptelik hierdie jaar op die 27ste Januarie!
Ons skop sommer die jaar af met 'n prettige Waatlemoenfees en 'n waterwurm!
Almal is welkom! So bring soveel maatjies as wat jy wil en kom deel in ons pret!
Ouers word genooi om 'n inligtingsessie in die saal by te woon terwyl die kinders onder toesig hulself gaan geniet!
Sien almal daar!

27/10/2025

🌻 ’n Onvergeetlike oomblik van dankbaarheid en Voortrekkergees! 🌻

Wat ’n voorreg vir Die Voortrekkers se GOM-projek om ’n rolstoel uit die Proppieprojek aan ’n oud-Vorie te kon skenk. ’n Groot dankie aan QuadPara en Laeveld Voortrekkers vir hierdie waardevolle samewerking. 🙏

Tydens die oorhandiging was dit vir Liezel Theron van Laeveld Dolfyne ’n groot eer dat Tannie Heleen, ’n trotse oud-offisier uit die tagtigerjare, ‘n bietjie van die geskiedenis gedeel het.

Tannie Heleen kom uit ’n ware Voortrekkerfamilie, waar niggies en tannies nog met die swart en groen rokkies gestap het. Sy het vir jare as offisier gedien toe die bruin uniforms nog deel van ons Voortrekkerdrag was. Met glinsterende oë het sy haar bruin Voortrekkerhoed, metaalwapen en fluitjie – nog netjies aan sy tou – met trots gewys.

Sy het vertel van groot kampe by Smithfield, Westvalia, Kruisrivier en Wilgedraai, en hoe haar drie dogters almal van Graad 1 tot Graad 12 trotse Voortrekkers was.
Hoewel Ermelo Kommando nie meer bestaan nie, het hierdie besoek ’n besondere band tussen verlede en hede gesmee.

💚 Dit was ’n heerlike kuier en ’n mooi herinnering dat ons altyd kan sê:

Eenmaal ’n Voortrekker – altyd ’n Voortrekker!

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011


🎓Sterkte aan al die matrieks van 2025 met julle finale eksamens!Mag julle lig helder skyn in hierdie tyd – deur harde we...
22/10/2025

🎓Sterkte aan al die matrieks van 2025 met julle finale eksamens!

Mag julle lig helder skyn in hierdie tyd – deur harde werk, deursettingsvermoë en geloof in julself. 🌟

Onthou, selfs in die lang nag van leer en skryf, bring elke bietjie lig hoop vir môre. 🌅

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
☎️ 082 828 7370



Veldvernuf Voortrekker Gr9 Kamp 2025⛺️🪵🔥🥾🦂🇿🇦😎
09/10/2025

Veldvernuf Voortrekker Gr9 Kamp 2025⛺️🪵🔥🥾🦂🇿🇦😎

09/10/2025

🌿 Kamptyd = herlaaityd ⛺️
By Die Voortrekkers glo ons dit is ‘n voorreg om die tegnologie vir ’n ruk opsy te skuif en die stilte van die natuur te waardeer. 🌄

Om tyd buite deur te bring, help ons om innerlike rus te vind en God se nabyheid op ’n besondere manier te ervaar. 🙏✨
Die saamwees met goeie vriende om die kampvuur is natuurlik ook nooit te versmaai nie. 🔥🤝

Lekker kamp, Voortrekkers.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011

07/10/2025

Daar het julle dit!
"What is the best Afrikaans youth organisation for school children in South Africa"

ChatGPT said:

For Afrikaans school-children in South Africa, the organisation that stands out the most is Die Voortrekkers.

Here’s a breakdown of why many consider them the “best” in that space, plus some alternatives so you can choose based on what you care about most.

🌟 Why Die Voortrekkers is an excellent choice

From what I found:

Their programmes begin early: they have programmes for Laerskool / Grades R-7 (young school children).

They focus on holistic development: social skills, life skills, leadership, character, values, Christian and cultural identity.

Lots of hands-on outdoor and adventure activities: camps, excursions, nature, service, teamwork. These experiences build confidence, resilience, responsibility.

Their “Graad 3 Jaarprogram” shows they have structured educational plans even for young children. It is aimed at balanced growth, identity, culture and skills.

So for Afrikaans school-aged children, Die Voortrekkers combines culture + adventure + values + skill development in a well-rounded way.

03/09/2025
29/07/2025

Op pad na die Voortrekkerkonferensie by Hammerstein, Namibië, het ’n groep Voortrekkers ’n betekenisvolle reis onderneem vol geskiedenis, natuur, kultuur en geloof. Van Potchefstroom tot Augrabies en die Visrivier het hulle belangrike historiese terreine besoek, diepe geloofsmomente beleef en warm gasvryheid ervaar. Die reis het hulle voorberei vir die Saamtrek vir Afrikaans 100 – ’n viering van Afrikanerskap en ’n toekomsgerigte gesprek oor identiteit en erfenis.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011

29/07/2025

🌟 ontbytSAKE ONDERNEMING VAN DIE JAAR BENOEMING 🌟

Die Voortrekkers is ’n Afrikaanse jeugorganisasie wat op 30 September 1931 gestig is. Hulle is ’n beweging wat jongmense toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en toegewyde Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.

Ontdek hul leierskapprogramme en kampe hier: https://voortrekkers.co.za

29/07/2025

🎖️ Derde Presidentverkenner-afrondingsgeleentheid van 2025 – Doornkloof 🎖️

Die pad na die Presidentsverkenner-toekenning is nie vir sissies nie. Dis ’n reis van karakterbou, volharding en ware leierskap. By Doornkloof vier ons die indrukwekkende jong Voortrekkers wat dié pad met trots stap.

As hoogste jeugtoekenning in Die Voortrekkers staan dit as bewys van elkeen se harde werk, toewyding en onwrikbare koers. Julle gee hoop vir die toekoms en wys wat moontlik is wanneer jong mense met visie en waardes optree.

Mag Doornkloof vir elkeen van julle ’n blywende herinnering wees – ’n plek waar nuwe drome begin.

📧 [email protected]
📞 012 329 6011

Address

Hugostraat
Ceres
6835

Opening Hours

18:00 - 19:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Voortrekkers: Ceres posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Die Voortrekkers: Ceres:

Share