25/08/2026
Vanoggend het Huis PJ Strauss inwoners se harte warm geklop! Ons plaaslike man van staal, Attie Heyns, het ons besoek en kom vertel van sy wedervaringe tydens die Washie 100 Miler wedloop wat hy suksesvol voltooi het. Attie het ook die tjek van die fondsinsameling aan Huis PJ Strauss oorhandig, wat deur Louis Marais en Marthinus de Villiers ontvang is.
Daar was verder ‘n lekker verrassing toe Attie “Die Beiteltjie” deur N.P. van Wyk Louw voorgedra het. Dit was ‘n besondere herinnering dat klein dade ‘n groot impak kan hê.
Weereens dankie Attie vir jou onbaatsugtige hart en liefde vir jou medemens!
Huis PJ Strauss sien uit daarna om die fondse wat ontvang is ten volle aan te wend om ‘n gedeelte van ons gebou te verf. Enigiemand wat graag verder by die verfprojek betrokke wil raak, kan vir Louis Marais kontak by 023 312 2308.