01/09/2026
😁 Tande is maar net ’n X-Factor! 😁
Ons is nóg ’n stappie nader aan Oom Shorty en Colleen se splinternuwe smiles! 🦷✨
Vir nou word daar nog gepas, gemeet en seker gemaak alles sit net reg… maar binnekort gaan albei met ’n splinternuwe stel tande kan spog!
En wanneer ons see toe gaan… 🌊☀️
gaan daar nie meer ’n hand voor die mond wees wanneer die kamera uitkom nie! 😁📸
Hulle gaan breed glimlag, lekker lag en elke oomblik met selfvertroue geniet.
Want soms is iets wat vir die een persoon klein lyk, vir iemand anders ’n hele nuwe stukkie waardigheid en selfvertroue. ❤️
Dankie aan elkeen wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! 🙏❤️
Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]