10/10/2026
🙏❤️ ONS VRA VANDAG DAT JULLE ASSEBLIEF SAAM MET ONS VIR OOM FREDDIE SAL BID. ❤️🙏
Baie van julle sal hierdie video onthou van toe ons in 2023 vir Oom Freddie en sy maat, Oom Cliffie, ontmoet het.
Destyds het hulle op straat gewoon en elke dag blikkies versamel net om te kon oorleef.
Sedert 2023 is Moeggesukkel hulle huis en het hulle deel van ons groot familie geword. ❤️
Oom Freddie het intussen een van ons staatmakers geword.
Hy is ons drywer. Die man wat elke dag sy alles gee om ander te help. Of dit nou is om mense by hospitale en klinieke te kry, kinders by die skole af te laai of sommer net te ry wanneer iemand hulp nodig het.
Oom Freddie was altyd daar. Altyd gewillig. Altyd gereed om iemand anders te help.
Maar die afgelope ses maande het Oom Freddie self 'n baie moeilike pad begin stap.
Hy het ernstige probleme met die bloedvloei na sy bene ontwikkel.
Ons het al die nodige roetes deur die staatshospitale gevolg. Vir weke het hy in die hospitaal gelê en gewag vir behandeling en operasies.
Intussen het die pyn net te veel geword.
Ons kon eenvoudig nie langer sien hoe iemand wat altyd so baie vir ander gedoen het, só moet swaarkry nie.
Ons het toe die besluit geneem om vir Oom Freddie privaat mediese hulp te kry.
Ongelukkig het die dokters bevestig wat ons gevrees het.
Oom Freddie se regterbeen sal net bokant sy knie geamputeer moet word om te voorkom dat sy toestand nog ernstiger raak. 💔
Dink net vir 'n oomblik daaraan.
'n Man wat elke dag op sy voete was. Wat altyd rondgehardloop het om ander te help. Wat altyd gereed was om iemand iewers heen te neem.
En nou moet hy vrede maak met die gedagte dat hy een van sy bene gaan verloor.
Dis nie maklik nie. Nie fisies nie, maar veral ook nie emosioneel nie.
Gelukkig kan ons die operasie privaat laat doen, en dit gee vir ons almal reeds baie gemoedsrus oor die behandeling wat hy gaan ontvang.
Vandag vra ons nie vir iets anders as julle gebede nie. 🙏
Bid asseblief saam met ons vir Oom Freddie. Vir die dokters wat die operasie gaan doen. Vir sy herstel, maar ook vir die krag en vrede wat hy nodig gaan hê om hierdie nuwe hoofstuk van sy lewe aan te pak.
Oom Freddie het vir jare gehelp om ander mense op hulle voete te kry.
Nou is dit ons beurt om hom te help om weer op sy voete te kom. ❤️
Ons glo dat hierdie nie die einde van Oom Freddie se storie is nie. Dis net die begin van 'n nuwe hoofstuk.
Baie dankie aan elkeen wat saam met ons bid, omgee en help om hierdie GROTER verskil in mense se lewens te maak!!! ❤️🙏
Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]