Eldo Republiek

Call Directions Website Contact the organization

Eldo Republiek Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Eldo Republiek, Nonprofit Organization, Hoërskool Eldoraigne, Centurion.

Eldo Republiek is hier om sterk tradisies en respek vir Hoërskool Eldoraigne te bou, sodat daar ‘n sterk nalatenskap gebou sal word vir die oud Eldo’s se Alma-mater.

TOP ATLEET HEMDE   &   KLUB 700, 800, 900 (ASA-PUNTE)BEPERKTE VOORRAAD NOG BESKIKBAAR!Moenie uitmis nie! Kom besoek geru...
21/10/2026

TOP ATLEET HEMDE & KLUB 700, 800, 900 (ASA-PUNTE)

BEPERKTE VOORRAAD NOG BESKIKBAAR!

Moenie uitmis nie! Kom besoek gerus DIE GROENKAS en kry joune nog vandag by die Groenkas.

WhatsApp: 062 297 4376

 Eldoraigne
20/10/2026

Eldoraigne

20/10/2026
GROENKAS IS GEREED VIR 2027! WELKOM, NUWE GRAAD 8-DRAKIES EN ALLE NUWE LEERDERS! Die GROENKAS is reg en gereed om julle ...
19/10/2026

GROENKAS IS GEREED VIR 2027!

WELKOM, NUWE GRAAD 8-DRAKIES EN ALLE NUWE LEERDERS!

Die GROENKAS is reg en gereed om julle met ope arms te verwelkom!

Ons rakke is vol voorraad, ons skoolklere wag vir julle en ons kan nie wag om julle in ons pragtige GROENKAS te ontvang nie!

📍 WAAR KRY JULLE ONS?

Op Hoërskool Eldoraigne se skoolterrein
26 Christopherweg, Eldoraigne
Bo die Krieketakademie

Kom kuier gerus, pas julle nuwe skoolklere aan en raak sommer deel van die ELDO-FAMILIE! 🐉

📲 WhatsApp: 062 297 4376

GROENKAS – ONS IS REG VIR JULLE!

2027 – 'N NUWE JAAR, 'N NUWE AVONTUUR, 'N TROTSE DRAKIE!

Republiek Eldoraigne

Eldo Legendes! Baie geluk aan ons Eldo Republiek direksielede, wat tydens die  Eldo Legendes-erkenningsfunksie as Eldo-L...
17/10/2026

Eldo Legendes!

Baie geluk aan ons Eldo Republiek direksielede, wat tydens die Eldo Legendes-erkenningsfunksie as Eldo-Legende vereer is.

Frik Dreyer, Stephan van Zyl, Francois Schutte en Johan Nel se betrokkenheid en bydrae tot Hoërskool Eldoraigne en Eldo Republiek is vir ons besonders waardevol.
Ons is trots op julle! 💚

Julle toewyding en passie om die Eldo-erfenis te help bewaar en uit te bou, maak ’n verskil.
Een keer ’n Eldo, altyd ’n Eldo!

🌟💚💛 WAT ’N BESONDERE OGGEND!!! 💛💚🌟🏆 ELDO REPUBLIEK VEREER ELDORAIGNE LEGENDES! 🏆Vanoggend het ELDO REPUBLIEK die voorreg...
16/10/2026

🌟💚💛 WAT ’N BESONDERE OGGEND!!! 💛💚🌟

🏆 ELDO REPUBLIEK VEREER ELDORAIGNE LEGENDES! 🏆

Vanoggend het ELDO REPUBLIEK die voorreg gehad om die Beheerliggaam se Dagbestuur en die Eldo Republiek Direksie te vereer met ’n baie spesiale “OLD SCHOOL” LEGENDE-BAADJIE EN PENNING! 🧥🏅

Hierdie besondere erkenning is ’n klein blykie van ons GROOT WAARDERING vir julle onbaatsugtige opoffering, kosbare tyd, ongelooflike passie en toewyding aan Hoërskool Eldoraigne! 💚

💚 UIT DIE DIEPTE VAN ONS HARTE – DANKIE! 💚

Dankie vir elke uur wat julle opoffer, elke besluit wat julle neem, elke uitdaging wat julle aanpak en vir die passie waarmee julle ons geliefde skool ondersteun.
Baie van wat julle doen, gebeur agter die skerms, maar julle harde werk en toewyding gaan beslis nie ongesiens verby nie!

BAIE GELUK AAN ELKEEN VAN JULLE!

Julle is ware ELDO-LEGENDES en ons is ongelooflik trots om julle deel van die ELDO REPUBLIEK-FAMILIE te hê!

EENMAAL ’N ELDO, ALTYD ’N ELDO!

Met groot waardering en trots
ELDO REPUBLIEK💚💚💚💚💚💚💚

Ons wil graag begin om die Eldo-gemeenskap weer bymekaar te bring – en dit is wie Eldo Republiek is: ’n netwerk van Eldo...
15/10/2026

Ons wil graag begin om die Eldo-gemeenskap weer bymekaar te bring – en dit is wie Eldo Republiek is: ’n netwerk van Eldo-ondersteuners .
Een keer ’n Eldo, altyd ’n Eldo.
Word deel van 'n netwerk.
Klik hier: https://eldorepubliek.co.za/2026/09/10/eldo-ondersteuner/

💚 BAIE GELUK, JAYDEN BEUKES! 💚Tydens Hoërskool Eldoraigne se Opedag vroeër vanjaar het ELDO REPUBLIEK / GROENKAS ’n gelu...
15/10/2026

💚 BAIE GELUK, JAYDEN BEUKES! 💚

Tydens Hoërskool Eldoraigne se Opedag vroeër vanjaar het ELDO REPUBLIEK / GROENKAS ’n gelukkige trekking gehou waar ’n seun en ’n meisie elk die kans gehad het om ’n SKOOLKLEREPAKKET te wen te Waarde van ongeveer R4400 !

🥳 Ons is baie bly om JAYDEN BEUKES as een van ons gelukkige wenners geluk te wens!

Sy moeder, Jo-Ann, het vandag sy wonderlike prys namens hom ontvang! 🎁💚

Mag jy jou nuwe skoolklere met trots dra, Jayden! Ons wens jou sommer baie voorspoed en wonderlike herinneringe by Hoërskool Eldoraigne toe!

💚 ELDO REPUBLIEK & GROENKAS – TROTS OM DEEL VAN JOU ELDO-PAD TE WEES! 💚

💚✨ WAT ’N ONGELOOFLIKE OGGEND!!! ✨💚🏆 ELDO REPUBLIEK VEREER ELDORAIGNE LEGENDES! 🏆Vandag was ’n besonderse oggend vol tro...
15/10/2026

💚✨ WAT ’N ONGELOOFLIKE OGGEND!!! ✨💚

🏆 ELDO REPUBLIEK VEREER ELDORAIGNE LEGENDES! 🏆

Vandag was ’n besonderse oggend vol trots, waardering en mooi herinneringe! 💚

ELDO REPUBLIEK het ons ongelooflike onderwysers wat reeds 15 JAAR EN LANGER deel is van Hoërskool Eldoraigne, vereer met ’n spesiale “OLD SCHOOL LEGENDE”-BAADJIE en ’n besondere PENNING as erkenning vir hulle jare lange diens, liefde en toewyding aan ons skool! 🏅

💚 BAIE GELUK AAN ELKEEN VAN JULLE! 💚

Julle is soveel meer as net onderwysers. Julle is mentors, rolmodelle en die mense wat oor die jare duisende leerders se lewens aangeraak en gevorm het.
Dankie vir elke ekstra myl, elke opoffering, elke stukkie liefde en elke jaar wat julle met soveel passie aan ons geliefde skool gee.

🌟 JULLE IS WARE ELDO-LEGENDES! 🌟

ELDO REPUBLIEK IS ONGLOOFLIK TROTS OP JULLE! 🐉💚

Address

Hoërskool Eldoraigne
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Eldo Republiek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Eldo Republiek:

Shortcuts

Share