30/03/2026
Verslag oor Koninkryksfokus bediening en projekte - 2026
Baie dankie dat ons kan verslag gee van ons bediening Koninkryksfokus KoFie-projek. (Dit staan vir Koninkryksfokus Internet Evangelisasie.)
Ek wil begin deur Schoeman Boerderye te bedank vir die ondersteuning van R1000 per maand oor die afgelope aantal maande. Dit stel ons in staat om ons unieke bediening te help uitvoer.
Ons neem dus graag die vrymoedigheid om aansoek te doen vir verdere ondersteuning soos dit vir u maatskappy moontlik sal wees, en bid julle die seën van die Here daaroor toe.
Ons word wel deur enkele ander individue en twee gemeentes ondersteun op ‘n lukrake basis, maar gebruik maar hoofsaaklik eie pensioen en spaar fondse hiervoor.
1. Wat behels ons bediening?
Kortliks sal ons drie hoofafdelings kan uitsonder:
(i) Sendingmobilisering –
Om gemeentes en ook Christene in die algemeen uit te daag om die sendingtaak, die groot opdrag van Jesus Christus uit te voer. Ons doen opleiding, gee praktiese riglyne en gereedskap wat ons ontwikkel daarvoor.
(ii) Islam-evangelisasie
Die bewusmaking van die toenemende Islam invloed in die wêreld en ook in Suid-Afrika, maar veral hoe om hulle met die evangelie te bereik. Aangesien Islam tans die mees onbereikte mense groep ter wêreld is (bykans een uit elke 4 mense) fokus ons op hulle, alhoewel alle mense sonder Verlossing in Jesus Christus vir ons belangrik is.
(iii) Dissipelskap - DBS (Discovery Bible Study)
Die program doen ons hoofsaaklik weekliks deur ZOOM-opleiding. Ons is baie opgewonde oor die terugvoer van groei wat ons oral kry.
2. Meer inligting oor van die bedienings platforms wat ons gebruik soos op ons blog verskaf.
Ons gebruik meeste van die sosiale media platforms: Facebook, WhatsApp, Twitter, YouTube ens.
Welkom om die skakels hieronder te gebruik vir verdere inligting daaroor
- Ons Hoof Blog – Koninkryksfokus: https://koninkryksfokus.blogspot.com/
- Blog Blad vir Sendingmobilisering: World Missions Mobilizing Expo https://koninkryksfokus.blogspot.com/p/world-missions-mobilization-expo-look.html
- Facebook: verskeie blaaie en groepe - https://koninkryksfokus.blogspot.com/p/facebook-blaaie.html
- WhatsApp - https://koninkryksfokus.blogspot.com/p/whatsapp-groups.html
3. ‘n Paar suksesverhale as vrug op wat ons probeer doen.
(i) Ons YouTube kanaal - Good News for All People met reeds 19 K geregistreerde inskrywings (subscribers).
Drie van die video’s wat al meeste gekyk is..
- THE TRUTH ABOUT ISLAM (172K k**e ; or views) - https://youtu.be/kE5Ac-uoufg?si=2begV3BU6BuEQvlh
- HOW TO BECOME RIGHT WITH GOD (164 K views) - https://youtu.be/MV_msqF4BY0
- GOOD NEWS FOR ALL PEOPLE (154 K views) - https://youtu.be/1ry7-KgOkuE?si=cYZ0V0rRZM7Ich_J
Besoek gerus ons YouTube kanaal met tans 29 gelysde video’s hier... https://youtube.com/?si=9ikT4m93b4NP9X2M
(ii) Een van ons Facebook Blaaie - Christians and Muslims Conversations, met meer as 12,000 Followers. https://www.facebook.com/share/1CYFL3MqE7/
(iii) Ons virtuele boek - THE TRUTH ABOUT GOD & ISLAM - FACTS & MYTHS wat reeds meer as 50,000 keer besoek is. https://truth-god-islam-facts.blogspot.com/
4. Dankie sê en erkenning aan ons Medewerkers.
Hiermee gee ek graag erkenning aan 'n hele aantal medewerkers wat nie net finansieel nie, maar ook op ander maniere betrokke is.
Ons voorbidders vir hierdie bediening (61 lede op Prayer@KoFie - https://chat.whatsapp.com/I1NRQGcprmaJrBQqXmOehS )
Ons ander medewerkers wat spesifiek as ADMINS betrokke is... by die materiaal wat ons op Sosiale Media Groepe soos Facebook en WhatsApp plaas. Sonder hulle sal die opvolg van navrae, asook die voer van gesprekke met diegene wat op ons plasings reageer, veral met die baie geleentheid wat ons kry om so ook die evangelie te deel, nie moontlik wees nie. (53 lede op ADMINS and ALL OTHER PARTICIPANTS in the KoFie-Project OUTREACH MINISTRY on WHATSAPP - https://chat.whatsapp.com/LmLJdgconj0FSko2HeUvW8 )
5. Meer inligting oor ons Logistiese behoeftes en uitgawes.
(i) Uitgawes, finansies wat ons hoofsaaklik nodig het is natuurlik die hardeware wat ons maar op 'n gereelde basis moet aanskaf en instandhou. 'n Laptop, selfoon, tablet, drukker, die soort goete.
(ii) En dan natuurlik om 'n WiFi en Vodacom-kontrak ensovoorts te bly betaal.
(iii) Die aankoop en registrasies vir die rekenaarprogramme wat ons gebruik. Programme soos Google, YouTube en die verskillende apps wat ons gebruik.
(iv) Meeste van ons uitgawes gaan vir die voorbereiding en advertering van materiaal om byvoorbeeld na Moslems uit te reik, bv. verskillende YouTube video’s wat ons voorberei as gesprekke op WhatsApp Groepe wat ons plaas om spesifieke aspekte met Muslims aan te spreek. Dit verg uiteraard baie eie opleiding en navorsing wat dit vooraf gaan.
Ons fokus is hoofsaaklik op die onbereikte deel van die wêreld; onbereik met die evangelie. Gefokus byvoorbeeld op Moslems, stuur ons meeste van ons materiaal uit na Moslemlande in die Midde-Ooste, die verre Ooste asook in tipiese Moslemlande in Afrika.
Natuurlik fokus ons ook daarop om Christene toe te rus en uit te nooi, (uit te daag) om hierby betrokke te raak.
Baie dankie.
(Ds) Chris Visser.
Koninkryksfokus Administrateur
[email protected]
Foon: +27 82 9269364
WhatsApp: +27 76 4285260