Solidariteit Beweging

Solidariteit Beweging Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Solidariteit Beweging, Community Organization, D. F. Malan Lane & Eendracht St, Kloofsig, Centurion.

Die Solidariteit Beweging is 'n netwerk van gemeenskapsinstellings wat elk met ‘n unieke fokus werk om 'n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika te verseker.

Akademia. ’n Openbare debat. Baie menings, maar wat van 𝗗𝗜𝗘 belangrikste hoek: dié van die student? Marthinus Visser, be...
01/09/2026

Akademia. ’n Openbare debat. Baie menings, maar wat van 𝗗𝗜𝗘 belangrikste hoek: dié van die student? Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, skryf Sondag meer hieroor in Rapport...

Hy lig tereg die ongemaklike waarheid uit: Daar bestaan nie iets soos neutrale opvoeding nie. Elke universiteit vorm, so die vraag is nie óf ’n universiteit studente vorm nie, maar eerder waartoe.

Net soos prof. Jonathan Jansen, dr. Naledi Pandor en prof. Piet Croucamp ’n bepaalde siening aanhang van hoe jongmense gevorm moet word, het Akademia ’n vertrekpunt:
"Ons wil ’n akademiese tuiste wees waar denke én hart gevorm word met die oog op ’n betekenisvolle toekoms. Ons glo nie dat ’n jong mens vir ’n komplekse wêreld voorberei word deur hom van sy identiteit los te maak nie. Iemand wat weet waar hy vandaan kom, sy taal en geskiedenis ken, ernstig oor die waarheid, goedheid en skoonheid nad**k, asook sy eie oortuigings krities kan ondersoek, is juis beter toegerus om die onbekende met selfvertroue tegemoet te gaan."

Hy sê ook verder:
"Kritiese denke vereis nie dat ’n mens sonder oortuigings moet wees nie. Dit vereis dat jy weet waarom jy glo wat jy glo en bereid is om jou idees aan ander idees te toets."

Om Marthinus Visser se antwoorde te lees oor wat die student kry wat besluit om drie of vier vormingsjare by Akademia deur te bring, lees die artikel hier:

Wat is daarmee fout om wêreldklas in Afrikaans te wees, skryf Marthinus Visser, besturende direkteur van die instelling.

Hoe versterk die Solidariteit Beweging uitvoerende vermoë in ankerdorpe?Ons help om noodsaaklike dienste uit te bou en s...
25/08/2026

Hoe versterk die Solidariteit Beweging uitvoerende vermoë in ankerdorpe?

Ons help om noodsaaklike dienste uit te bou en sluit samewerkingsooreenkomste met plaaslike owerhede en gemeenskapsgroepe.

Dit is ’n uitdaging vir gemeenskapsinstellings om al meer "staatsdienste" sonder staatsinkomste (soos belasting) te lewer. Máár met genade 𝘃𝗮𝗻 𝗕𝗼, julle ondersteuning 𝗼𝗺 𝗼𝗻𝘀 en ’n sterk toekomsvisie 𝘃𝗼𝗼𝗿 𝗼𝗻𝘀, bou ons volstoom voort!

https://www.netwerk24.com/stemme/menings/flip-buys-so-vorder-die-strategie-met-ankerdorpe-20260819-0928

Die Solidariteit-beweging is ’n Suid-Afrikaanse, Afrikaanse én Afrikaner-instelling, skryf Flip Buys en verduidelik waar die organisasie staan met sy ankerdorpstrategie.

By die Helpende Hand kongres, met die tema: Welstand deur werskyn (+1), kon 520 afgevaardigdes saam d**k, saam beplan, e...
25/08/2026

By die Helpende Hand kongres, met die tema: Welstand deur werskyn (+1), kon 520 afgevaardigdes saam d**k, saam beplan, en saam droom.

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging bou reeds oor 15 streke, 230 dorpe, met ongeveer 2000 vrywilligers, gemeenskappe van onder af op.

"’n Samelewing kan net voortbestaan as elke geslag leef vir die volgende geslag."Luister saam na ’n insiggewende gesprek...
20/08/2026

"’n Samelewing kan net voortbestaan as elke geslag leef vir die volgende geslag."

Luister saam na ’n insiggewende gesprek oor die ontwikkeling en toekomsvisie van die Solidariteit Beweging, met sy byna 50 gemeenskapsinstellings!



Pretoria FM

Hoe het die Mynwerkersunie in 'n organisasie soos die Solidariteit ...

Navorsing wys dat drie dekades van die ANC se nuwe Suid-Afrika ons saamgesnoer het tot op die huidige punt waar Afrikane...
19/08/2026

Navorsing wys dat drie dekades van die ANC se nuwe Suid-Afrika ons saamgesnoer het tot op die huidige punt waar Afrikaners meer verenig is as ooit tevore.

Ground Control Research (GCR) het in Desember 2025 Afrikaners regoor Suid-Afrika se menings en sienings oor verskeie kwessies getoets. Die Solidariteit-navorsingsinstituut (SNI) het ook in 2025 verskeie fokusgroepgesprekke onder Afrikaners van alle ouderdomme gehou, spesifiek Afrikaners wat nie lid van enige instelling van die Solidariteit Beweging is nie, en doen ook gereeld verteenwoordigende profielstudies unter Afrikaners.

Al hierdie navorsingstudies toon bepaalde neigings wat met mekaar ooreenstem:

• Daar is bv. binne 5 jaar ’n verdubbeling van die aantal mense wat na hulself as Afrikaners verwys en hierdie term gaan gepaard met ’n kultuurtrots wat nuwe lewe kry.

• Die GCR-studie wys ook dat 77% van respondente aangedui het dat Afrikaners na groter selfbeskikking behoort te mik.

• Hoewel daar nog verskille is oor kleiner besonderhede, stem verreweg die meeste Afrikaners saam oor die meeste van die groot kwessies en wat hul oplossings daarvoor behoort te wees.

Ons bou volstoom voort om oplossings deur die krag van gemeenskapsinstellings te bied!

Daar het ’n nuwe konsensus verrys en selde tevore was Afrikaners só verenig soos vandag, skryf Connie Mulder. LEES MEER: https://brnw.ch/21x4Zrh

Ons weet ons kan nie meer op die staat staatmaak om vir ons kinders wêreldklasonderrig en -opleiding te voorsien nie. Di...
13/08/2026

Ons weet ons kan nie meer op die staat staatmaak om vir ons kinders wêreldklasonderrig en -opleiding te voorsien nie.

Dit is ook ’n bekende feit dat moedertaalonderrig die beste vorm van onderrig is en dat dit studente toerus om hul kennis ten beste in ander tale te kan toepas.

Die Grondwet bepaal dat enkelmedium-opleidingsinstellings mag bestaan en dat elkeen die reg het om in enige amptelike taal onderrig te ontvang.

Ons bou voort aan ’n wêreldklaskampus, want:
Ons WIL
Ons MAG
Ons KAN
Ons MOET, en
Ons GAAN!

Lees die volle artikel hier: https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/ons-bou-volstoom-voort-aan-akademia/



Akademia, Maroela Media, Kanton

Akademia se nuwe kampus wat nou in Pretoria gebou word, is die afgelope tyd gekritiseer deur prof. Jonathan Jansen en oudminister Naledi Pandor. Hoewel hierdie twee kommentators se anti-Afrikaanse sentimente wyd bekend is, is dit nogtans nodig om daarop te antwoord.

Flip Buys oor Pandor se onlangse Afrikaanse universiteit-uitlating: "Hulle soek ʼn weerligafleier vir hul eie mislukkings...
12/08/2026

Flip Buys oor Pandor se onlangse Afrikaanse universiteit-uitlating: "Hulle soek ʼn weerligafleier vir hul eie mislukkings... Ons gaan volstoom voort. Hierdie tipe uitsprake motiveer ons net al te meer."

Lees die volle artikel hier: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/pandor-se-afrikaanse-universiteit-uitlating-is-paniek-politiek/?fbclid=IwY2xjawTpOUFwZG9mBWV4dG4DYWVtAjExAHNydGMGYXBwX2lkDDM1MDY4NTUzMTcyOAABHpCCddryX6mYml-8d0-mym4HvVzkRzZ_ODnYfsoubyBrLgJHechhi4eOS5pS_aem_9d2DagvdhTTqLhfemGCZaA



Kanton Akademia Maroela Media

“Hulle soek ʼn weerligafleier vir hul eie mislukkings. So, ons steur ons nie aan haar nie. Ons gaan volstoom voort.”

29/07/2026

ANC skoothondjies of waghonde?
Wat is die media se verantwoordelikheid?

Ons antwoord op verdeling is nie meer geraas nie, maar meer werk, meer deursigtigheid en meer oplossings. Die uiteindeli...
27/07/2026

Ons antwoord op verdeling is nie meer geraas nie, maar meer werk, meer deursigtigheid en meer oplossings. Die uiteindelike toets van enige burgerlike instelling lê in die waarde wat dit vir mense skep.

Dít is wat AfriForum met ʼn maandelikse inkomste van R22,6 miljoen bereik, skryf Kallie Kriel.

Hoe lyk die Solidariteit Beweging?
17/07/2026

Hoe lyk die Solidariteit Beweging?

Address

D. F. Malan Lane & Eendracht St, Kloofsig
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 15:00

Telephone

+27126444300

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Beweging posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share