30/09/2026
"’n Samelewing kan net vooruitgaan as elke geslag vir die volgende een leef."
Tydens die Helpende Hand Studietrust se sakeontbyt het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, ’n sterk beroep op mense gedoen om ’n blywende nalatenskap te laat.
Die Studietrust bied jaarliks studiehulp ter waarde van R75+ miljoen aan meer as 1 200 studente en spog met ’n 99%-terugbetalingskoers. Studente betaal terug sodat die volgende geslag gehelp kan word, want gratis studie is op die lange duur alles verniet.
Ons toekoms vra dat ons voortbou op instellings soos Sol-Tech en Akademia.
Soos dr. Anton Rupert gesê het: ’n klein volk moet groot dink en groot doen.
Lees meer hier:
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het Dinsdag (29 September) tydens die Helpende Hand Studietrust se sakeontbyt ʼn sterk beroep op mense gedoen om ʼn blywende nalatenskap te laat. Die geleentheid, wat in samewerking met Akademia aangebied is, het op Akademia se Leriba-kampus in Ce...