11/06/2026
Jo Black het vandag by Moeggesukkel kom inloer.
Verlede week was dit Oom Johan en Tannie Daisy se 39ste huweliksherdenking, en wat 'n ongelooflike verrassing was dit toe Jo sommer persoonlik kom hallo sê.
Die glimlagte, dankbaarheid en opgewondenheid op hulle gesigte was iets besonders om te beleef.
Jo, baie dankie dat jy die tyd gemaak het om te kom kuier en dat jy die werk wat ons hier doen raak sien en ondersteun. Dit beteken vir ons en ons inwoners meer as wat woorde kan beskryf.
Ons bid dat Oom Johan en Tannie Daisy nog baie geseënde, gesonde en gelukkige jare saam sal geniet. Mag julle liefde en vriendskap aanhou groei met elke nuwe dag.
Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! ❤️🙏